Nou Net Bygevoeg by YouVersion Gebed: Reageer op Gebede d.m.v. Kommentare!

Mense Wat Bid

Die Bybel Toep Embleem

DIE BYBEL

nou

Jessica Smith het kommentaar gelewer op ‘n Gebed

“Vry van Vrees”

Mense Wat Bid

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:6

‘n Paar weke gelede het ons jou van die Bybeltoep se nuutste funksie, YouVersion Gebed vertel. Terwyl ons oor die afgelope paar maande met die ontwikkeling daarvan besig was, het ons nooit besef hoe nodig ons dit nou sou hê nie. In hierdie moeilike tyd is YouVersion Gebed reeds besig om mense regoor die wêreld te help om op hoogte te bly van meer as ‘n miljoen gebede, en dit vermeerder aanmekaar.

As jy YouVersion Gebed so baie soos ons gebruik, weet jy alreeds hoe bemoedigend dit is om te sien dat jou vriende vir jou bid en dat hulle hul Gebede opdateer.

Vandag kondig ons ‘n nuwe funksie van YouVersion Gebed aan, wat ons in staat stel om selfs nog meer met mekaar in aanraking te kom: Kommentare.

Broers en susters, kom ons bid vir mekaar. Laat ons mekaar ook bemoedig, help en ondersteun.

Kommentaar op gebede het hierdie week geleidelik begin. Maak seker dat jou Bybeltoep opgedateer is, sodat jy kan sien as dit geplaas word.

Kyk na Opdatering

Probeer om dit vir die Eerste Vyf Minute van Elke Dag te Doen

Vers-van-die-dag ikoon

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy soggens wakker word? Gryp jou selfoon en blaai deur Instagram? Gaan jou boodskappe en e-posse na? Lees die nuus?

Daardie eerste vyf minute kan die stemming vir die res van jou dag bepaal. Hoe laat jou keuses jou gedurende hierdie tyd voel? Gespanne? Angstig? Asof jy agter raak nog voor jy uit die bed opgestaan het?

Gestel jy nooi God uit om eerste in jou dag te praat? Môre, voordat jy iets anders doen:

1. Bid ‘n eenvoudige gebed.

Dalk so iets:

Hemelse Vader, voorsien asseblief vandag in my gesin se behoeftes. Maar gee asseblief vir my meer as kos, Here — praat asseblief met my deur u Woord. Help my om u stem te hoor. Amen.

2. Lees of luister na die Vers-van-die-dag en let op na enigiets wat jou tref.

Ons sal hierdie vers as voorbeeld gebruik:

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.

1 JOHANNES 4:7

Voorbeelde van notas wat jy kan maak:

– Wie is “mekaar”?

– Liefde kom van God af

– Ek moet “God ken” om waarlik lief te hê

3. Dink na oor hoe jy dit kan toepas wat God vir jou wys.

Hier is ‘n paar idees vir ons voorbeeldvers:

– Vandag moet ek ‘n vriend aanmoedig

– Kan ek by ‘n kerkgroep aansluit en by ander volgelinge van Jesus inskakel?

– Kan ek ‘n maaltyd vir iemand voorsien wat deur ‘n moeilike tyd gaan?

4. Bid weer ter afsluiting.

Vra God hierdie keer om jou te help met alles wat Hy vandag aan jou gewys het. Byvoorbeeld:

Vader, dankie vir u volmaakte liefde. Wys my asseblief hoe ek U beter kan leer ken. Help my om mense lief te hê soos U dit doen. Wys my asseblief wat U wil hê ek volgende moet doen. Dankie, Here. Amen.

Dis dit! Jy kan elke dag dieselfde tegniek gebruik—met enige Skrifgedeelte. Of, selfs nog beter, teken in op Vers-van-die-dag, sodat die Bybel Toep jou elke dag kan herinner om God en sy stem eerste te stel.

Teken in vir die Vers-van-die-dag

Bekendstelling… YouVersion Gebed


Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Maak Gebed ‘n deel van jou daaglikse lewe.

Gebedslys op die Tuisblad

Hou rekord waarvoor jy bid – Gebede wat jy skep en wat vriende vir jou stuur.

Deel met Vriende

Vra vriende om vir jou te bid. Jy kan ‘n gebed privaat hou, dan sien net die mense wie jy uitgenooi het die gebed. Jy kan ook ‘n gebedsketting skep waar jou vriende en vriende se vriende jou gebed kan deel.

Opdateer Gebede

Jy kan jou gebede opdateer, as beantwoord merk en selfs in die argief plaas (jy behou hulle, maar hulle verskyn nie op jou gebedslys nie).

Bid Bybelverse

Wanneer Bybelverse tot jou spreek, kan jy dit in jou gebedslys stoor as ‘n gebed.

YouVersion Gebed

Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

1 Tessalonisense 5: 17-18

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Adventgebed oor Liefde

Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die laaste in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

‘n Adventgebed oor Blydskap

Hierdie week se Advent tema is blydskap: die prysenswaardige versekering dat God in beheer is en alles vir ons ten goede laat meewerk tot sy eer.

Neem ‘n oomblik om na te dink oor God se goedheid en rig jou hart tot Jesus met hierdie gebed:

Hemelse Vader,
Dankie vir die blydskap wat in die wêreld gekom het toe Jesus gebore is.
Dankie dat U God met ons geword het.
Here, soms is dit moeilik om met blydskap te leef, veral in ‘n moeilike of besige tyd.
Reinig asseblief hierdie week ons harte en herinner ons daaraan dat U in beheer is.
Help ons om bly te wees as allerlei beproewings oor ons kom, want ons weet U is besig om iets moois en ewig te skep.
Vul ons siele met hernude krag, moed en hoop terwyl ons ons oë en harte op U rig.
Here, U is altyd waardig om geprys te word – en ons wil U aanbid!
Amen


Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die derde in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde