Probeer om dit vir die Eerste Vyf Minute van Elke Dag te Doen

Vers-van-die-dag ikoon

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy soggens wakker word? Gryp jou selfoon en blaai deur Instagram? Gaan jou boodskappe en e-posse na? Lees die nuus?

Daardie eerste vyf minute kan die stemming vir die res van jou dag bepaal. Hoe laat jou keuses jou gedurende hierdie tyd voel? Gespanne? Angstig? Asof jy agter raak nog voor jy uit die bed opgestaan het?

Gestel jy nooi God uit om eerste in jou dag te praat? Môre, voordat jy iets anders doen:

1. Bid ‘n eenvoudige gebed.

Dalk so iets:

Hemelse Vader, voorsien asseblief vandag in my gesin se behoeftes. Maar gee asseblief vir my meer as kos, Here — praat asseblief met my deur u Woord. Help my om u stem te hoor. Amen.

2. Lees of luister na die Vers-van-die-dag en let op na enigiets wat jou tref.

Ons sal hierdie vers as voorbeeld gebruik:

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.

1 JOHANNES 4:7

Voorbeelde van notas wat jy kan maak:

– Wie is “mekaar”?

– Liefde kom van God af

– Ek moet “God ken” om waarlik lief te hê

3. Dink na oor hoe jy dit kan toepas wat God vir jou wys.

Hier is ‘n paar idees vir ons voorbeeldvers:

– Vandag moet ek ‘n vriend aanmoedig

– Kan ek by ‘n kerkgroep aansluit en by ander volgelinge van Jesus inskakel?

– Kan ek ‘n maaltyd vir iemand voorsien wat deur ‘n moeilike tyd gaan?

4. Bid weer ter afsluiting.

Vra God hierdie keer om jou te help met alles wat Hy vandag aan jou gewys het. Byvoorbeeld:

Vader, dankie vir u volmaakte liefde. Wys my asseblief hoe ek U beter kan leer ken. Help my om mense lief te hê soos U dit doen. Wys my asseblief wat U wil hê ek volgende moet doen. Dankie, Here. Amen.

Dis dit! Jy kan elke dag dieselfde tegniek gebruik—met enige Skrifgedeelte. Of, selfs nog beter, teken in op Vers-van-die-dag, sodat die Bybel Toep jou elke dag kan herinner om God en sy stem eerste te stel.

Teken in vir die Vers-van-die-dag

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans