‘n Gebed vir die Mense in die Spervuur

Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees.

Markus 10:43

Dankie, hemelse Vader, vir die mense in die voorste linies wat ons gemeenskappe en families dien, versorg en beskerm. Dankie vir hierdie dienende leiers, wat vir hierdie werk geroep is, opgelei is vir ‘n tyd soos nou, wat daagliks hulle eie gesondheid en veiligheid vir ander mense op die spel plaas.

Beskerm hulle asseblief teen gevaar. Gee vir hulle moed en krag. Wees naby hulle, Here en laat hulle u teenwoordigheid ervaar tydens die lang ure wat hulle werk.

Vader, voorsien hulle asseblief met alles wat hulle nodig het, vir die mense wat hulle dien asook hulle geliefdes. Omring hulle met mense wat hulle en hulle families sal help en ondersteun, terwyl hulle onbaatsugtig vir ander sorg.

U het gesê dat ons dit moeilik sal hê in hierdie wêreld, maar ook dat U die wêreld klaar oorwin het. Here, werk asseblief saam met die mense in die spervuur, om uiteindelik die beste moontlike resultate te lewer.

In die Naam van Jesus, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

Share this post:

‘n Gebed vir hulle wat Finansieel Swaarkry

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus

FILIPPENSE 4:19

God, U weet waardeur ons gaan. Ons is dankbaar dat U die moeilikste omstandighede kan verander tot ons voordeel en u eer.

U kan al hierdie dinge herstel—ons vra U dus om verlore werksgeleenthede, finansies, verhoudings, hulpbronne en hoop te herstel.

Wys aan hulle wat finansieel sukkel, dat U hulle styf vashou en omring hulle met mense wat hulle deur hierdie moeilike tyd sal help. Voorsien in hulle huidige behoeftes en help hulle om U te vertrou vir ‘n langdurige oplossing.

Verander vrees in geloof en maak u goeie planne aan hulle bekend. Hernu hulle hoop terwyl hulle op U wag en gee hulle moed om weer te droom. Herinner hulle aan hulle waarde en gee hulle vrede.

Onse God, kom en doen wat net U kan doen.

In Jesus se naam, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

Share this post:

‘n Gebed Dat Ons God Verheerlik Sal Word

'n Man wat bid

Here God,

Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade. Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang.

U is nie onkant gevang deur die toestand waarin die wêreld nou is nie. U weë is nie ons weë nie, en U weet presies wat om te doen. Niks is vir U onmoontlik nie.

Vandag verklaar ons dus dat U deur hierdie pandemie verheerlik sal word. Dat u Naam regoor die wêreld bekendgemaak en geprys sal sal word.

Verdryf die duisternis met u lig. Skyn helderder as die vrees vir die dood, ekonomiese ineenstorting of ‘n lang kwarantyntyd.

As ons gaan terugkyk na hierdie oomblik in die geskiedenis, laat ons met vreugde gevul word as ons onthou van die herlewing, hoop en vrede wat hieruit gevloei het.

Trek hierdie stukkende wêreld voortdurend nader aan U.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Share this post:

‘n Gebed vir die Wêreldwye Kerk

Vrou wat bid

Here God,

Dankie dat ons tans deel van die wêreldwye kerk kan wees. Dankie vir die geleentheid om u liefde en hoop te verkondig aan ‘n wêreld wat in duisternis en wanhoop leef.

U Woord sê as U volk berou toon en bid en vra na u wil en terugdraai van hulle bose weë af, sal U na hulle luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Ons, U volk, vra dus u vergifnis vir die kere wat ons gekies het om nie die mense wat U in ons midde gebring het, lief te hê nie.

Laat u kerk in hierdie tyd versterk word en ons herinner aan hoe lief U hierdie gekweste wêreld het.

Genees asseblief ons land en gebruik ons om in die behoeftes van ander te voorsien. Laat groei ons geloof terwyl U u wêreldwye kerk laat groei.

Kom, Here Jesus, en doen wat slegs U kan doen.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Share this post:

‘n Gebed vir Ons Leiers

Vrou wat bid

Here God,

Alle mag behoort aan U, maar U het mag gegee aan leiers om ons te beskerm en te lei. Vandag vra ons dat U al ons leiers wysheid, onderskeiding, krag en insig sal gee. Hou hulle gesond, veilig en uitgerus, sodat hulle kan voortgaan om ons deur hierdie moeilike tyd te lei.

Gee ons regeringsleiers wysheid oor wat gedoen moet word om die virus te keer en ons ekonomie te stabaliseer.

Gee ons geestelike leiers U onderskeiding oor hoe om in mense se behoeftes te voorsien terwyl hulle U naam eer en die kerk bemoedig.

Gee ons mediese leiers insig oor hoe om die virus te keer. Help hulle om die regte besluite te neem en eer hulle harde werk om ‘n behandeling vir COVID-19 te vind.

Gee ons gemeenskapsleiers inspirasie, moed, vreugde en sterkte om in hul gemeenskappe se behoeftes te voorsien.

En help ons, as leiers in ons gemeenskappe, om moed, hoop, vrygewigheid en vriendelikheid aan die dag te lê. Laat die manier waarop ons ander eer, die mense rondom ons inspireer.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Share this post: