Hoe om te bid as jy nie weet wat om te bid nie

Vrou wat bid

Wat keer jou om gereeld met God te praat?

Dit verg oefening om met gebed gemaklik te wees. En tog — as ons wil groei in ons geloof, is dit belangrik dat ons eerlike gesprekke met God het.

As jy nie seker is waaroor om te bid nie…

Hier is vyf voorbeelde van daaglikse gebede:

  1. Bid dat God Bekend sal Word

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink… aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid…”

EFESIËRS 3:20-21

Voorbeeld:

God, ons weet dat U bo alle dinge is en dat U alles bymekaar hou. Word vandag verheerlik in ons wêreld. Mag mense wat U nog nooit ontmoet het nie, vir U vind. Amen.

  1. Bid vir die Wêreld

“Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”

EFESIËRS 6:18

Voorbeeld:

God, herstel asseblief die wêreld. Doen wat die beste vir u koninkryk is en vul u mense met genade, krag en blink idees, sodat ons ‘n geestelike bydrae tot ons wêreld kan maak. Amen.

  1. Bid vir Wat jy Nodig Het

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

FILIPPENSE 4:6

Voorbeeld:

God, U weet wat ek nodig het voordat ek dit weet. Gee my asseblief vandag wat ek nodig het, sodat ek op U kan fokus en nie op my probleme nie. Wanneer dit dan by die behoeftes van môre kom, vertrou ek dat U sal voorsien. Amen.

  1. Bid vir Vergifnis

“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”

MARKUS 11:25

Voorbeeld:

God, U alleen ken ons bedoelings. Vergewe asseblief die mense wat my te na gekom het, want ek het hulle vergewe. En Here, vergewe my, want ek het ook foute gemaak. Moet asseblief nie ons foute teen ons hou nie. Amen.

  1. Bid vir Genesing en Beskerming

“As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.”

JAKOBUS 5:14

Voorbeeld:

God, daar is soveel lyding in ons wêreld. Genees asseblief die siekes en bring vrede en lewe aan ons vermoeide siele. Beskerm ons liggame en ons gedagtes, en gee ons u krag om versoekings en beproewinge te verduur. Amen.

Hierdie idees is nie nuut nie — Jesus het dit meer as 2 000 jaar gelede gebruik om sy dissipels te leer hoe om te bid:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:21

Probeer ‘n gebedslys in jou Bybeltoep skep om jou te help om ‘n gereelde gebedsritme te skep. Kies elke dag ‘n paar dinge op die lys om op te fokus. (Jy kan ook vriende uitnooi na jou gesprekke met God, deur jou gebede met hulle te deel.)

Met verloop van tyd sal jy na daardie lys kan terugkyk en nadink oor wat God besig was om op daardie tydstip in jou lewe te doen.

Bid Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

‘n Gebed vir Elkeen Wat teen Verslawing Stry

In die wêreld sal julle dit moeilik hê;
maar hou moed:
Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Johannes 16:33

Vader God, dankie dat niks waarteen ons stry vir U onmoontlik is om te oorkom nie. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.

Hierdie tydperk is vir ons almal moeilik, maar veral vir ons broers en susters wat teen verslawing stry. Help hulle om te besef dat hul stryd nie hul identiteit of waarde definieer nie.

Hulle is God se kinders, God het hulle geroep vir sy doel. Wys hulle dat hulle kettings gebreek is.

Help hulle om versoeking te weerstaan sodat hulle ten volle kan leef. Gee hulle u krag om aan te hou veg as hulle oorweldig voel en stuur mense na hulle toe wat hulle sal ondersteun.

Beskerm hul liggame, harte en gedagtes. Bewaar hulle teen versoeking en verlos hulle van die bose.

In die Naam van Jesus, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

‘n Gebed vir die Mense in die Spervuur

Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees.

Markus 10:43

Dankie, hemelse Vader, vir die mense in die voorste linies wat ons gemeenskappe en families dien, versorg en beskerm. Dankie vir hierdie dienende leiers, wat vir hierdie werk geroep is, opgelei is vir ‘n tyd soos nou, wat daagliks hulle eie gesondheid en veiligheid vir ander mense op die spel plaas.

Beskerm hulle asseblief teen gevaar. Gee vir hulle moed en krag. Wees naby hulle, Here en laat hulle u teenwoordigheid ervaar tydens die lang ure wat hulle werk.

Vader, voorsien hulle asseblief met alles wat hulle nodig het, vir die mense wat hulle dien asook hulle geliefdes. Omring hulle met mense wat hulle en hulle families sal help en ondersteun, terwyl hulle onbaatsugtig vir ander sorg.

U het gesê dat ons dit moeilik sal hê in hierdie wêreld, maar ook dat U die wêreld klaar oorwin het. Here, werk asseblief saam met die mense in die spervuur, om uiteindelik die beste moontlike resultate te lewer.

In die Naam van Jesus, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

‘n Gebed vir hulle wat Finansieel Swaarkry

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus

FILIPPENSE 4:19

God, U weet waardeur ons gaan. Ons is dankbaar dat U die moeilikste omstandighede kan verander tot ons voordeel en u eer.

U kan al hierdie dinge herstel—ons vra U dus om verlore werksgeleenthede, finansies, verhoudings, hulpbronne en hoop te herstel.

Wys aan hulle wat finansieel sukkel, dat U hulle styf vashou en omring hulle met mense wat hulle deur hierdie moeilike tyd sal help. Voorsien in hulle huidige behoeftes en help hulle om U te vertrou vir ‘n langdurige oplossing.

Verander vrees in geloof en maak u goeie planne aan hulle bekend. Hernu hulle hoop terwyl hulle op U wag en gee hulle moed om weer te droom. Herinner hulle aan hulle waarde en gee hulle vrede.

Onse God, kom en doen wat net U kan doen.

In Jesus se naam, amen.

Gebedsikoon

Bid in die Bybeltoep

‘n Gebed Dat Ons God Verheerlik Sal Word

'n Man wat bid

Here God,

Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade. Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang.

U is nie onkant gevang deur die toestand waarin die wêreld nou is nie. U weë is nie ons weë nie, en U weet presies wat om te doen. Niks is vir U onmoontlik nie.

Vandag verklaar ons dus dat U deur hierdie pandemie verheerlik sal word. Dat u Naam regoor die wêreld bekendgemaak en geprys sal sal word.

Verdryf die duisternis met u lig. Skyn helderder as die vrees vir die dood, ekonomiese ineenstorting of ‘n lang kwarantyntyd.

As ons gaan terugkyk na hierdie oomblik in die geskiedenis, laat ons met vreugde gevul word as ons onthou van die herlewing, hoop en vrede wat hieruit gevloei het.

Trek hierdie stukkende wêreld voortdurend nader aan U.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By