Herfokus op wat saak maak, deur gebed.

Iemand wat oor 'n inham uitkyk

Haal diep asem …

Dit neem tyd om die geraas in ons lewens stil te kry, maar dis een van die redes vir die Lydenstyd. Herfokus vandag jou lewe op Jesus deur saam met ons te bid.


‘n Gebed om te herfokus

Vader, ek wil meer van U hê.

So dikwels jaag ek tydelike dinge na en stoot U eenkant. Vergewe my asseblief en verander my. Ek wil nie ‘n lewe lei wat nie op U gefokus is nie.

Help my om die geraas in my lewe stil te kry terwyl ek vir Opstandingsondag voorberei. Wys my wat ek moet doen om weer my hart, verstand en wil, net op U te fokus.

Deurgrond my hart, en ondersoek my. Maak my lewe skoon, wys vir my die dinge wat U grief en maak my meer soos U. Wys vir my die weë wat na die lewe lei en vul my met vreugde in u teenwoordigheid.

Ek het U lief en wil my oë op U gerig hou.

In die Naam van Jesus, amen.

STOOR GEBED

Share this post:

Ons bid hierdie jaar vir jou.

2021

God, U weet alles. U weet wanneer ons gaan sit en wanneer ons opstaan. U ken ons gedagtes, selfs as ons ver is — niks is vir U verborge nie.

Maak ons dus hierdie jaar meer bewus van u wil en u weë, want dit is beter as ons s’n. Skep in ons rein harte en gedagtes, want ons begeerte is om U beter te leer ken.

Ons weet dat U goed is, selfs al ervaar ons dinge wat nie goed is nie. Help ons asseblief om U te vertrou. Wys ons hoe om saam met U te droom — selfs al voel dit asof dit nie moontlik is om te droom nie.

Omdat U ons krag en hoop gee, laat U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, ons harte en gedagtes bewaar.

God, ons het U lief, en ons wil ons oë op U gerig hou. Dus, hier is ons, Here. Gebruik ons. Vorm ons. U kinders luister.

In die Naam van Jesus.

Amen.

STOOR HIERDIE GEBED

Share this post:

‘n Gebed vir Vreugde

Vreugde aan die wêreld …

Die aarde

… die Here het gekom!

Dit was nie die koninklike aankoms wat enigiemand verwag het nie. Tog het Jesus se koms alles verander. In ‘n oogwink het die Seun van God, “God met ons” geword — en meer as 2 000 jaar later juig ons moeë wêreld nog steeds.

Terwyl jy vandag vir Kersfees voorberei, neem tyd om die feit te vier dat Jesus se nederige geboorte die weg vir ons gebaan het om nader aan Hom te kom.

‘n Gebed vir Vreugde

Jesus, dankie dat U, Immanuel, “God met ons” geword het. Dit is as gevolg van U dat ek ware vreugde kan ervaar.

Ek erken dat dit soms moeilik is om vreugdevol te wees te midde van ‘n besige of moeilike vakansietyd. Wanneer die sorge van my hart egter baie is, gee u vertroosting my nuwe hoop en moed.

Ek kies dus vandag om by U te skuil en my te verheug. Ek sal sing van vreugde, want U is my krag en my redding. In u teenwoordigheid is daar volheid van vreugde! As gevolg van u nederige koms, meer as 2 000 jaar gelede, kan ek nou die vreugde van u teenwoordigheid vir altyd ervaar. Dankie.

U is altyd alle heerlikheid, eer en mag waardig — dit maak dus nie saak wat ek in die gesig staar nie, ek sal kies om U te aanbid.

In die Naam van Jesus, amen.

BID IN DIE BYBELTOEP

Share this post:

God doen altyd groot dinge. Kom ons dank Hom!

Bergreeks

Waarvoor is jy dankbaar?

“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

1 Tessalonisense 5: 18

God se goedheid en genade sal jou nooit verlaat nie, ongeag wat jy in die gesig staar. Inteendeel, Hy berei selfs vir jou seëninge voor te middel van moeilike tye. Omdat hierdie waarhede nie altyd so maklik is om te onthou nie, is danksegging belangrik.

Dankbaarheid help ons om op die enigste Een te fokus wat in staat is om ons probleme tot sy verheerliking en ons beswil te verander. Kom dus ‘n oomblik tot rus om God te dank vir alles wat Hy vir ons in ons lewens doen.

‘n Dankgebed

Vader, U is goed en U onwrikbare liefde duur vir ewig! Selfs in die moeilikste tye, het ek altyd ‘n rede om U te aanbid.

Dankie dat U aan my oorwinning en oorvloedige lewe in Jesus Christus gee. Al verdien ek dit nie, stort U onvoorwaardelike liefde en vergifnis oor my uit.

Ongeag wat die toekoms mag inhou, sal ek van vreugde juig, want U is met my. U troos en seën my in die teenwoordigheid van my vyande. Niks kan met U vergelyk word en geen wapen hou teen U stand nie. In al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet!

Vader, word verheerlik deur my. Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Ek wil hê dat my lewe aan U lof moet bring.

In die Naam van Jesus, amen.

VOEG BY GEBEDSLYS

Share this post:

Kom vandag saam sodat ons vir mekaar kan bid

Bome voor berge

“Maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Onmiddellik nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy gebid dat die kerk eensgesind mag wees, net soos Hy en die Vader een is, sodat die wêreld Hom kan ken.

Wat is eensgesindheid?

Eensgesindheid beteken om dieselfde doel en strewe te hê; dit behels dat ons ons wil aan Christus se wil onderwerp. Selfs al is eensgesindheid moeilik, het Jesus geglo dit is nodig sodat die wêreld Hom kan ken.

Wanneer ons eensgesindheid in die liggaam van Christus kweek, erken ons dat Jesus in beheer is en dat sy genade voldoende is om ons verskille te bedek.

Kom ons soek vandag God se hart op en vra Hom om sy kerk volkome eensgesind te maak, sodat die wêreld kan glo in die Een wat God gestuur het om ons te verenig.


Jesus,

dankie dat U die wêreld oorwin het. Daarom kan ons eensgesindheid met U ervaar. Omdat ons met U verenig kan wees, kan ons ook eenheid met mekaar ervaar.

Dit is U wat alle dinge bymekaar hou. Terwyl ons U die middelpunt van ons lewens maak, help ons ook om al die maniere te sien hoe U in die wêreld aan die werk is.

Trek ons nader aan u hart sodat ons mekaar kan begin sien soos U ons sien. Laat dit ons aanmoedig om nie slegs na ons eie belange om te sien nie, maar ook dié van ander.

Laat u koninkryk kom, op die aarde, net soos in die hemel. Verenig ons dus in doel sodat niks mense sal sal weerhou daarvan om U te soek en in U te glo nie. Mag ons sulke volkome eenheid ervaar dat die wêreld sal weet dis U wat ons gestuur het en dat U hulle onvoorwaardelik liefhet.

Kom, Here Jesus, en doen in ons lewens wat slegs U kan doen.

In die Naam van Jesus, amen.

VOEG BY GEBEDSLYS

Share this post: