Dit is vir enigeen wat alleen voel …

Iemand wat in die woestyn stap

Jy is nie alleen nie.

Daar is baie mense wat tans rigting soek oor hoe om weer met vriende en familie, wat hulle ‘n ruk lank nie gesien het nie, verbintenisse te maak.

Hierdie proses neem tyd en kan frustrerend voorkom. Selfs wanneer dit voel of ons alleen en uit voeling is, kan ons deur gebed ‘n verbintenis met God soek en Hom vra om ons te help om weer in verbinding te kom met die mense om ons.

God is altyd by ons en Hy hou baie daarvan dat ons eerlike gesprekke met Hom aanknoop.

‘n Gebed om ‘n Verbintenis te Maak

Hemelse Vader, vir baie mense was die afgelope jaar ‘n tydperk van afsondering. Ten spyte van tegnologiese vooruitgang, het ons gesien hoe verhoudings verander en uitmekaar dryf en hierdie verlies het ons hartseer gemaak.

Vader, ons weet egter U kan herstel wat gebroke is. U gee om vir gemeenskappe en het ons vir verbintenis geskape. U het ook u Heilige Gees aan ons gegee, wat verstaan waarvoor ons te staan kom en namens ons bid. Wanneer ons dus alleen voel, herinner ons asseblief dat U naby is en dat U nog nie klaar gewerk het nie.

Herstel ons verhoudings en wys ons hoe om betekenisvolle verbintenisse te maak, selfs al voel dit aanvanklik ongemaklik.

Uiteindelik wil ons hê ons eensaamheid moet ons nader aan U trek en ook die mense wat U ons geroep het om lief te hê en te ondersteun. Neem dus ons afsondering, ons skeiding, ons sosiale angs en ons vrees en verander dit in iets moois wat die wêreld nader aan U en aan mekaar bring.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Vyf Gebede om Geestelike te Groei

Persoon wat bid

Wat behels geestelike groei?

Gesonde verhoudings vereis harde werk, goeie gewoontes en tyd wat saam deurgebring word. Dis hoekom ons elke dag nader aan God moet kom om geestelik volwasse te word.

Hier onder is vyf gebede wat op verskillende maniere daarop fokus om tot God te nader. Nadat jy daardeur gelees het, kies een om hierdie week op te fokus en laat God toe om jou in ‘n nuwe mens te verander, deur jou denke te vernuwe.


‘n Gebed om Vrygewig te Leef

Hemelse Vader,

sonder U het ek niks nie. Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van U, maar soms sien ek u geskenke aan my as iets wat ek verdien. Soms kom ek in die versoeking om my rykdom, tyd en hulpbronne op te gaar, in plaas daarvan om dit met ander te deel. Eintlik weet ek dat ek geseën word om ‘n seën vir ander te wees. Help my asseblief om ‘n goeie rentmeester te wees van die gawes wat U aan my toevertrou het. Verander my in iemand wat mildelik lewe en uitdeel.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed vir Rus

Hemelse Vader,

in ‘n wêreld waar dit opgehemel word om besig te wees, is dit maklik om tyd te verspil op dinge wat nie saak maak nie. As ek nie versigtig is nie, kan ek afgestomp raak of myself uitbrand omdat ek nie genoeg ruimte laat om elke dag in u teenwoordigheid rus te vind nie. Ek het u hulp nodig om my denke en lewe te verander. Ek het u hulp nodig om tyd te maak om te rus. Help my om U elke dag op te soek. Ek wil net by U wees.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed om die Woord van God te Lees

Hemelse Vader,

baie dankie dat U vir my die paaie wys wat na die lewe lei. Ek is baie dankbaar dat ek vir ewig vreugde in u teenwoordigheid kan vind! Help my om waardig te leef ooreenkomstig U roeping vir my, deur tyd aan u Woord te wy. Ek wil nooit vergeet dat toegang tot die Skrif ‘n geskenk is nie. Maak my dus gretig om u woorde te lees. Openbaar u wil aan my terwyl ek tyd in u teenwoordigheid deurbring. Leer my u Woord, wat die waarheid is.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed vir Diensbaarheid

Hemelse Vader,

U is so vriendelik teenoor my. Toe U nie u eie Seun gespaar het om ons te red nie, het U vir my ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid gestel. Dankie dat U vir my wys wat dienende leierskap is. Help my om u wil te soek in plaas van my eie. Ek wil U dien, deur ander te dien. Verander dus my hart en help my om ander waarlik lief te hê. Vorm my in iemand wat ander hoër ag as homself.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed


‘n Gebed om met God te praat

Hemelse Vader,

soms voel dit vir my of ek nie woorde het om te bid nie. Ek weet nie altyd wat om vir U te sê nie. Wat sê ek vir Iemand wat in elke opsig volmaak is? Help my om te onthou dat U graag van my wil hoor. Gee my die selfvertroue om my hart teenoor U oop te maak, maar op ‘n respekvolle wyse. Laat hierdie openhartige gesprekke my asseblief na ‘n dieper sin van ontsag, bewondering, en liefde vir U lei. Leer my hoe om met U te praat en maak my dan gretig om dit elke dag te doen.

In die Naam van Jesus,
Amen.

Stoor Gebed

Hoe om te bid: ‘n 6-stap gebedsgids

Persoon wat bid

“Gebed”. Watter gedagtes of beelde kom by jou op wanneer jy daardie woord sien? Is dit vir jou maklik om met God te praat, of sukkel jy om te bid?

Dit voel nie altyd maklik om te weet wat om vir God te sê nie. Soms word gebed beïnvloed deur ons wanopvattings oor wat ‘n gesprek met God behoort te wees.

“Bid dan so …”

2 000 jaar gelede het Jesus sy dissipels geleer om só te bid:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:21

Dit is nou ‘n bekende voorbeeld hoe om te bid. Hoe pas ons dit egter toe in ons alledaagse 21 ste-eeuse lewens?

Eerstens moet ons verstaan hoe om nie te bid nie. Voordat Jesus die Ons Vader aan sy dissipels geleer het, het Hy vir hulle gesê: “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader …” en “moenie ‘n stortvloed van woorde gebruik nie … want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”

As God alreeds weet wat ons nodig het, dan gaan gebed nie bloot oor die woorde wat ons sê nie. As ons bid om mense te beïndruk of as ons gebed net wil afmerk, dan mis ons die krag van gebed.

Gebed is, en sal altyd, ‘n dinamiese gesprek met God wees. Wanneer ons dit besef, word die Ons Vader bevrydende optrede wat ons help om elke dag met God te praat.

Hier is ‘n 6-stap gids wat met gebed kan help:

  1. Fokus opnuut op God.
  2. “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word …”

    Haal diep asem en konsentreer op hierdie woorde: “Ons Vader wat in die hemel is.”

    Asem stadig uit terwyl jy sê: “laat u Naam geheilig word.”

    Herhaal dit ‘n paar keer en skenk veral aandag aan enige van God se karaktereienskappe wat by jou opkom. Gebruik hierdie tyd om te konsentreer op hoe groot God is.

  1. Onderwerp jou wil aan God se wil.
  2. “Laat u koninkryk kom …”

    God was nog altyd besig om sy wil op aarde te laat geskied. Dink dus nou hieroor na: wanneer jy jou wil in ooreenstemming met God se wil bring, is jy aktief op soek na sy koninkryk.

    Maak enige geraas om jou stil en vra God om jou te wys hoe jy vandag deel kan wees om sy wil te laat geskied.

  1. Laat vaar alle besorgdhede.
  2. “Gee ons vandag ons daaglikse brood …”

    Verbeel jou dat jy jou hande voor jou uit hou, asof jy wil hê God moet iets daarin plaas. Terwyl jy al jou besorgdhede aan God gee, wat gee Hy jou in ruil daarvoor?

    Noem al jou besorgdhede een-vir-een op. Probeer om met elke besorgdheid vir God te vra: “gee ons vandag ons daaglikse brood.”

    Gaan met hierdie oefening aan vir solank as wat dit nodig is.

  1. Toon berou en reageer.
  2. “en vergeef ons ons … soos ons ook dié vergewe …”

    Waaraan klou jy nog vas, wat jy moet laat vaar? Is daar enigiets wat jy nou moet bely? Dalk is dit ‘n hartseer waarvan jy nie ontslae kan raak nie, of ‘n gedrag wat jy sukkel om te verander, dalk ‘n verslawing wat jy nog nie oorkom het nie, of ‘n fout wat jy aanhoudend maak.

    God nooi jou om te kom net soos jy is en op sy oproep te reageer. Sê vir Hom alles wat in jou gedagtes is en luister dan wat Hy vir jou wil sê.

  1. Vra God se beskerming.
  2. “… verlos ons van die Bose …”

    Ons almal is van iets gered. Waarvan het God jou bevry?

    Sê vir Hom dankie vir sy getrouheid en vertel vir Hom waar jy hulp nodig het. Oorweeg dit om namens ander mense te bid wat ook beskerming nodig het. Onthou selfs wanneer omstandighede hopeloos lyk, is niks vir God onmoontlik nie.

  1. Wees bly en dink daaroor na.
  2. Juig oor wat God in jou lewe gedoen het en wees op die uitkyk vir maniere om Hom regdeur die dag te aanbid.

    Wy dan ‘n paar minute daaraan om na te dink oor hierdie tyd saam met God. Wat het Hy aan jou openbaar? Dink daaraan om enigiets wat vir jou uitstaan, in jou YouVersion Gebedslys by te voeg.

Wanneer ons soos Jesus begin bid, sal ons intimiteit met God begin ervaar soos Jesus dit ervaar het. Wanneer ons toelaat dat gebed ons lewe vorm, sal ons mettertyd besef dat ons te eniger tyd met selfvertroue, kwesbaarheid en in vertroue tot God kan nader.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Herfokus op wat saak maak, deur gebed.

Iemand wat oor 'n inham uitkyk

Haal diep asem …

Dit neem tyd om die geraas in ons lewens stil te kry, maar dis een van die redes vir die Lydenstyd. Herfokus vandag jou lewe op Jesus deur saam met ons te bid.


‘n Gebed om te herfokus

Vader, ek wil meer van U hê.

So dikwels jaag ek tydelike dinge na en stoot U eenkant. Vergewe my asseblief en verander my. Ek wil nie ‘n lewe lei wat nie op U gefokus is nie.

Help my om die geraas in my lewe stil te kry terwyl ek vir Opstandingsondag voorberei. Wys my wat ek moet doen om weer my hart, verstand en wil, net op U te fokus.

Deurgrond my hart, en ondersoek my. Maak my lewe skoon, wys vir my die dinge wat U grief en maak my meer soos U. Wys vir my die weë wat na die lewe lei en vul my met vreugde in u teenwoordigheid.

Ek het U lief en wil my oë op U gerig hou.

In die Naam van Jesus, amen.

STOOR GEBED

Ons bid hierdie jaar vir jou.

2021

God, U weet alles. U weet wanneer ons gaan sit en wanneer ons opstaan. U ken ons gedagtes, selfs as ons ver is — niks is vir U verborge nie.

Maak ons dus hierdie jaar meer bewus van u wil en u weë, want dit is beter as ons s’n. Skep in ons rein harte en gedagtes, want ons begeerte is om U beter te leer ken.

Ons weet dat U goed is, selfs al ervaar ons dinge wat nie goed is nie. Help ons asseblief om U te vertrou. Wys ons hoe om saam met U te droom — selfs al voel dit asof dit nie moontlik is om te droom nie.

Omdat U ons krag en hoop gee, laat U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, ons harte en gedagtes bewaar.

God, ons het U lief, en ons wil ons oë op U gerig hou. Dus, hier is ons, Here. Gebruik ons. Vorm ons. U kinders luister.

In die Naam van Jesus.

Amen.

STOOR HIERDIE GEBED