Hoe om te bid: ‘n 6-stap gebedsgids

Persoon wat bid

“Gebed”. Watter gedagtes of beelde kom by jou op wanneer jy daardie woord sien? Is dit vir jou maklik om met God te praat, of sukkel jy om te bid?

Dit voel nie altyd maklik om te weet wat om vir God te sê nie. Soms word gebed beïnvloed deur ons wanopvattings oor wat ‘n gesprek met God behoort te wees.

“Bid dan so …”

2 000 jaar gelede het Jesus sy dissipels geleer om só te bid:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:21

Dit is nou ‘n bekende voorbeeld hoe om te bid. Hoe pas ons dit egter toe in ons alledaagse 21 ste-eeuse lewens?

Eerstens moet ons verstaan hoe om nie te bid nie. Voordat Jesus die Ons Vader aan sy dissipels geleer het, het Hy vir hulle gesê: “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader …” en “moenie ‘n stortvloed van woorde gebruik nie … want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”

As God alreeds weet wat ons nodig het, dan gaan gebed nie bloot oor die woorde wat ons sê nie. As ons bid om mense te beïndruk of as ons gebed net wil afmerk, dan mis ons die krag van gebed.

Gebed is, en sal altyd, ‘n dinamiese gesprek met God wees. Wanneer ons dit besef, word die Ons Vader bevrydende optrede wat ons help om elke dag met God te praat.

Hier is ‘n 6-stap gids wat met gebed kan help:

  1. Fokus opnuut op God.
  2. “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word …”

    Haal diep asem en konsentreer op hierdie woorde: “Ons Vader wat in die hemel is.”

    Asem stadig uit terwyl jy sê: “laat u Naam geheilig word.”

    Herhaal dit ‘n paar keer en skenk veral aandag aan enige van God se karaktereienskappe wat by jou opkom. Gebruik hierdie tyd om te konsentreer op hoe groot God is.

  1. Onderwerp jou wil aan God se wil.
  2. “Laat u koninkryk kom …”

    God was nog altyd besig om sy wil op aarde te laat geskied. Dink dus nou hieroor na: wanneer jy jou wil in ooreenstemming met God se wil bring, is jy aktief op soek na sy koninkryk.

    Maak enige geraas om jou stil en vra God om jou te wys hoe jy vandag deel kan wees om sy wil te laat geskied.

  1. Laat vaar alle besorgdhede.
  2. “Gee ons vandag ons daaglikse brood …”

    Verbeel jou dat jy jou hande voor jou uit hou, asof jy wil hê God moet iets daarin plaas. Terwyl jy al jou besorgdhede aan God gee, wat gee Hy jou in ruil daarvoor?

    Noem al jou besorgdhede een-vir-een op. Probeer om met elke besorgdheid vir God te vra: “gee ons vandag ons daaglikse brood.”

    Gaan met hierdie oefening aan vir solank as wat dit nodig is.

  1. Toon berou en reageer.
  2. “en vergeef ons ons … soos ons ook dié vergewe …”

    Waaraan klou jy nog vas, wat jy moet laat vaar? Is daar enigiets wat jy nou moet bely? Dalk is dit ‘n hartseer waarvan jy nie ontslae kan raak nie, of ‘n gedrag wat jy sukkel om te verander, dalk ‘n verslawing wat jy nog nie oorkom het nie, of ‘n fout wat jy aanhoudend maak.

    God nooi jou om te kom net soos jy is en op sy oproep te reageer. Sê vir Hom alles wat in jou gedagtes is en luister dan wat Hy vir jou wil sê.

  1. Vra God se beskerming.
  2. “… verlos ons van die Bose …”

    Ons almal is van iets gered. Waarvan het God jou bevry?

    Sê vir Hom dankie vir sy getrouheid en vertel vir Hom waar jy hulp nodig het. Oorweeg dit om namens ander mense te bid wat ook beskerming nodig het. Onthou selfs wanneer omstandighede hopeloos lyk, is niks vir God onmoontlik nie.

  1. Wees bly en dink daaroor na.
  2. Juig oor wat God in jou lewe gedoen het en wees op die uitkyk vir maniere om Hom regdeur die dag te aanbid.

    Wy dan ‘n paar minute daaraan om na te dink oor hierdie tyd saam met God. Wat het Hy aan jou openbaar? Dink daaraan om enigiets wat vir jou uitstaan, in jou YouVersion Gebedslys by te voeg.

Wanneer ons soos Jesus begin bid, sal ons intimiteit met God begin ervaar soos Jesus dit ervaar het. Wanneer ons toelaat dat gebed ons lewe vorm, sal ons mettertyd besef dat ons te eniger tyd met selfvertroue, kwesbaarheid en in vertroue tot God kan nader.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees