‘n Reis deur Lukas en Handelinge

BibleProject ikoon

Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel … Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal.

HANDELINGE 4: 32-33

Hoe Jesus en die kerk die hele Bybel saambind.

Selfs al is jy nie bekend met die Nuwe Testament nie, weet jy waarskynlik dat Matteus, Markus, Lukas en Johannes (die evangelies) Jesus se lewensverhaal vertel vanuit die perspektief van sy dissipels. Die outeur van Lukas het ook die Handelinge geskryf en dit as een deurlopende verhaal gestruktureer. Terwyl Lukas Jesus se lewe en bediening dek, vloei dit daarvandaan direk oor in die stigting van die vroeë kerk in Handelinge.

Ons kondig vandag ‘n spesiale vennootskap tussen YouVersion en BibleProject aan: ‘n Reis deur Lukas en Handelinge. Dis ‘n splinternuwe video-aanbieding wat jou hierdie boeke saam laat ervaar. Daar is kort video-vertellings regdeur die leesplan, wat openbaar hoe Jesus se lewe en leringe die Ou Testamentiese profesieë oor die Verlosser vervul — en uiteindelik die oorkoepelende vertelling van die hele Bybel bymekaarbring.

Nog opwindende nuus is dat, ‘n Reis deur Lukas en Handelinge in meer as 20 tale beskikbaar is. Jy sal dit dus saam met ander mense regoor die wêreld geniet. Begin met ‘n Reis deur Lukas en Handelinge hieronder en vertel al jou vriende van hierdie opwindende nuwe leesplan van BibleProject en YouVersion!

Begin hierdie leesplan

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Duits Spaans Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Arabies Hindi Hongaars Mongools Noorweegs Pools Swahili Tamil Thai Turks Oekraïnies Viëtnamees