Dit is vir enigeen wat alleen voel …

Iemand wat in die woestyn stap

Jy is nie alleen nie.

Daar is baie mense wat tans rigting soek oor hoe om weer met vriende en familie, wat hulle ‘n ruk lank nie gesien het nie, verbintenisse te maak.

Hierdie proses neem tyd en kan frustrerend voorkom. Selfs wanneer dit voel of ons alleen en uit voeling is, kan ons deur gebed ‘n verbintenis met God soek en Hom vra om ons te help om weer in verbinding te kom met die mense om ons.

God is altyd by ons en Hy hou baie daarvan dat ons eerlike gesprekke met Hom aanknoop.

‘n Gebed om ‘n Verbintenis te Maak

Hemelse Vader, vir baie mense was die afgelope jaar ‘n tydperk van afsondering. Ten spyte van tegnologiese vooruitgang, het ons gesien hoe verhoudings verander en uitmekaar dryf en hierdie verlies het ons hartseer gemaak.

Vader, ons weet egter U kan herstel wat gebroke is. U gee om vir gemeenskappe en het ons vir verbintenis geskape. U het ook u Heilige Gees aan ons gegee, wat verstaan waarvoor ons te staan kom en namens ons bid. Wanneer ons dus alleen voel, herinner ons asseblief dat U naby is en dat U nog nie klaar gewerk het nie.

Herstel ons verhoudings en wys ons hoe om betekenisvolle verbintenisse te maak, selfs al voel dit aanvanklik ongemaklik.

Uiteindelik wil ons hê ons eensaamheid moet ons nader aan U trek en ook die mense wat U ons geroep het om lief te hê en te ondersteun. Neem dus ons afsondering, ons skeiding, ons sosiale angs en ons vrees en verander dit in iets moois wat die wêreld nader aan U en aan mekaar bring.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees