‘n Gebed vir Christenleiers

Mense wat op rotsformasies staan en na sonsondergang kyk

Wie kan jy vandag eer?

Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.

1 TESSALONISENSE 5:12

As jy aan ‘n geestelike leier dink wat ‘n positiewe impak in jou lewe gehad het, aan wie dink jy? Dalk is dit ‘n kerkleier. Miskien is dit ‘n mentor wat jou geïnspireer het. Of dalk ‘n vriend of familielid wat gehelp het om jou geloof te versterk.

Hoe sou lewe lyk as hulle nie deel daarvan was nie?

Die afgelope paar jare was uitdagend vir Christenleiers regoor die wêreld. Alles wat ons moes deurmaak, moes hulle ook deurmaak — maar hulle het ook die las van mense net soos  ons gedra.

Wat sou gebeur as miljoene mense regoor die wêreldwye YouVersion Gemeenskap toegewyd bid vir die mense wat ons aangemoedig het?

Kom ons vind uit.

Kom ons eer die mense deur wie ons onbaatsugtig gedien word, deur saam vir hulle te bid.

‘n Gebed vir Christenleiers

Vader,

dankie dat u Christenleiers in my lewe geplaas het wat U liefhet en vir my omgee. Ek is gevorm deur hul wysheid, deernis, vriendelikheid en onbaatsugtige liefde.

Vandag vra ek dat U my sal wys hoe ek hierdie leiers kan seën, net soos hulle my geseën het. Laat my dankbaarheid hulle daaraan herinner dat hulle gesien, gewaardeer en geken word.

Moedig hulle aan as hulle uitgeput voel en hernu hul krag wanneer hulle oorweldig word. Gee rus aan diegene wat dit nodig het, en herinner hulle aan u beloftes. Seën hulle families, versterk hulle bedieninge en brei hulle invloed uit — tot u verheerliking en hulle beswil.

In die Naam van Jesus,

amen.

Stoor Hierdie Gebed

Share this post:

Maniere om gesprekke met God te begin

Persoon wat bid

Is jy nie seker waarvoor om te bid nie?

Dit is nie altyd maklik om met God te praat nie, maar as ons God beter wil leer ken, moet ons weet hoe om nederig en eerlik met Hom te praat.

Hier volg drie dinge wat jou kan bemoedig wanneer jy deur gebed tot God nader. Kies een of twee punte wat jou tref en gebruik dit om ‘n Gebed in YouVersion te skep.

1. Hou dit eenvoudig.

God stel nie in belang in hoe welsprekend jou woorde klink nie — Hy wil net tyd met jou deurbring. Van die beste gesprekke met God vind plaas wanneer jy Hom net eenvoudig vertel wat op jou hart is en Hom kans gee om daarop te reageer.

Probeer om te vra:

Vader, wat moet ek oor … doen ?

Vader, wat dink U van … ?

Vader, kan U … ?

Vader, waarom het dit … ?

Skep ‘n Gebed

2. Hou dit realisties.

God sal nie vir jou kwaad word omdat jy eerlik is nie; wees dus opreg wanneer jy bid. Onthou, niks kan jou van God se liefde skei nie. As jy dus nie seker is wat om te sê nie, vertel dit vir God. As daar ‘n omstandigheid is wat jou frustreer, sê dan so. Hy wil hê jy moet Hom in selfvertroue en vrymoedigheid nader.

Praat sommer nou met God oor ‘n bekommernis wat jy het. Sê byvoorbeeld:

Ek sukkel met …

Ek het hulp nodig met …

Ek verstaan nie hoekom …

Ek is gefrustreerd omdat …

Skep ‘n Gebed

3. Kom weer terug.

Aanvanklik mag jy ongemaklik voel om te bid, maar hoe meer jy dit doen, hoe makliker word dit. Gaan in hierdie week voort om gebed ‘n gewoonte te maak deur elke dag vir minstens vyf minute met God te gesels.

Hier is ‘n paar maniere hoe om gesprekke te begin:

Ek hoop …

Ek is dankbaar vir …

Ek is opgewonde omdat …

Vandag het ek opgemerk …

Skep ‘n Gebed

Share this post:

‘n Gebed vir Leiding

Wat of wie lei jou?

Dink aan ‘n besluit wat jy onlangs geneem het. Miskien was dit die keuse wat om vandag aan te trek. Miskien was dit die besluit of jy die nuwe betrekking sal aanvaar. Of miskien was dit bloot die besluit om vir iemand wat jy nie goed ken nie “hallo” te sê. Die gemiddelde persoon neem daagliks duisende besluite.

Alhoewel ons nie ewe veel waarde aan ons keuses heg nie, dra elke keuse by tot die rigting wat ons lewens inneem. Die goeie nuus is — ons hoef nie alleen besluite te neem nie.

God se Heilige Gees is by almal wat in Jesus glo en bemagtig hulle om so te leef dat Hy geëer word. Dink dus nou aan ‘n besluit wat jy moet neem, en wanneer jy gereed is, vra die Heilige Gees om jou te lei.


‘n Gebed vir Leiding

Heilige Gees,

U ken my hart. U verstaan my diepste begeertes en behoeftes, en U ken ook elke voorneme wat ek het. U ken my beter as wat ek myself ken. Ek kan nêrens gaan om van U teenwoordigheid te ontvlug nie, en ek kan niks vir U wegsteek nie!

Dis hoekom ek, op hierdie oomblik, vra dat U aan my u Goddelike wysheid en leiding sal gee.

Ek weet nie altyd waarvoor om te bid nie. My siel is tam en ek is moeg. Ek bekommer my dikwels of ek die regte besluit neem, want ek wil ‘n lewe lei wat U eer.

Al voel dit of ek nie vorentoe kan beweeg of sien wat wag nie, sien U my. U ken my ook. Lei my dus asseblief. Wys my die paaie wat na oorvloedige lewe lei, en oortuig my wanneer ek in die versoeking kom om van U af te dwaal.

Terwyl U my lei, herstel my ook. Ek sal te alle tye op U hoop, want U ken alle dinge, en by U bly ek behoue. U is my krag in tye van nood en U het my verlossing geword.

Hou my dus naby U, Here, en leer my hoe om waardig te wandel volgens die roeping wat U my gegee het. Rig my treë terwyl U oor my lewe die wag hou, want ek wil U verheerlik.

In die Naam van Jesus,

Amen.

Stoor hierdie Gebed

Share this post:

Nege gebede wat jou help om die vrug van die Gees te ontwikkel

Oranje

As ons deur die Gees leef, moet ons ook tred hou met die Gees.

GALASIËRS 5:25

Indien jy jouself as ‘n volgeling van Jesus beskou, is die Heilige Gees altyd by jou, om jou te help om ‘n lewe te lei wat God eer en mense bemoedig. Alhoewel ons egter te alle tye toegang tot die Heilige Gees het, moet ons God elke dag doelbewus soek om ‘n Geesvervulde lewe te kan lei.

As ons die Gees van God toelaat om ons te oortuig, uit te daag en te verander, sal Hy verander hoe ons dink en optree.

“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.”

GALASIËRS 5:22-23

Die “vrugte” van die Gees is uniek maar tog — is almal ook onderling verbind en bewys dat ons God toelaat om elke gedeelte van ons lewens te vorm.

Die keuses wat jy maak sal altyd weerspieël wat jy toelaat om jou hart te rig en te lei. Gaan lees sommer nou weer Galasiërs 5:22-23 en vra die Heilige Gees om aan jou te wys watter gedeeltes in jou lewe Hy moet herskep. Wanneer jy gereed is, bid dan die volgende gebed saam met ons.

‘n Gebed om Liefde

Vader, dankie dat U my gewys het hoe ware liefde daar uitsien. Maak my asseblief volmaak in U liefde deur aan my die gedeeltes van my lewe te wys wat nie in ooreenstemming met u Heilige Gees is nie. Wys my waar ek selfsugtig is, my eie belange bevorder en maklik kwaad word, sodat ek daardie dinge aan U kan oorgee en U toelaat om daardie eienskappe deur u onbaatsugtige liefde te vervang. Herskep my in iemand wat ander liefhet net soos U my liefhet. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Vreugde

Vader, dankie dat U my voortdurende toegang tot u teenwoordigheid gee. Omdat U altyd by my is, kan ek te alle tye ware vreugde ervaar. Alhoewel die vreugde wat U gee nie van my omstandighede afhanklik is nie, leef ek nie altyd ‘n lewe wat deur vreugde gekenmerk word nie. In plaas daarvan om U te vertrou, laat ek my probleme alte dikwels toe om my reaksies te dikteer. Vergewe my asseblief! Vul my met u vreugde en vrede, sodat ek deur die krag van u Heilige Gees te alle tye vol hoop kan wees. Help my om ‘n lewe te lei wat gekenmerk word deur onoorwinlike vreugde. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed vir Vrede

Vader, dikwels word ek oorweldig deur omstandighede wat buite my beheer is, en my aandag word maklik afgelei deur dinge wat nie saak maak nie. Vergewe my dat ek nie deurgaans op U vertrou nie. Selfs as ek voor moeilike situasies te staan kom, is U steeds by my. U is die Skepper van vrede, en ek kan tot u vredevolle teenwoordigheid toegang verkry wanneer ek tot U nader. In plaas daarvan om u Heilige Gees stil te maak wanneer ek angstig of moedeloos begin voel, help my om eerder in my hart en gedagtes ruimte te maak om die vrede te ervaar wat U vryelik gee. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Geduld

Heilige Gees, skep in my ‘n rein hart wat die beste in ander soek. Help my om empatie en medelye aan almal te betoon, en om dit met sagmoedigheid en respek te doen. As mense of omstandighede nie aan my verwagtinge voldoen nie, bemagtig my dan om genade en begrip te bewys. Help my om my omstandighede vanuit u perspektief te sien, sodat ek my te alle tye kan verheug en geduld kan betoon wanneer dit nodig is. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Vriendelikheid

Vader, dankie dat U voortdurend u standvastige liefde en genade aan my betoon. U is so goed! Here, ek word maklik kwaad, voel seergemaak of neem aanstoot. Verander asseblief hoe ek dink en optree. Dit is deur u Gees wat ek vergewe en bemagtig word. Ek nooi U dus vandag uit om my te lei, te rig en te wys hoe om vriendelikheid aan ander te betoon soos U vriendelikheid aan my betoon het. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Goedhartigheid

Heilige Gees, ek kan nie van u teenwoordigheid ontsnap nie! U sal nie van my afstand doen nie, want U is te goedhartig om my te verlaat in die toestand wat U my gevind het. U lei my, gee my raad en wys my die weg wat na die lewe lei. Maak my vandag meer bewus van u goedhartigheid, sodat ek u goedhartigheid met ander kan deel. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Selfbeheersing

Heilige Gees, mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees! Ek wil U nie bedroef deur ‘n lewe te lei wat onwaardig is vir die roeping wat U in my lewe geplaas het nie. In plaas daarvan wil ek ‘n gedissiplineerde, bedagsame lewe lei, want ek weet dat dit U eer. As ek dus in die versoeking kom om toe te gee aan woede, selfsug of trots, help my om ander hoër te ag, en laat my toe om dit in nederigheid en genade te doen. Ek gee beheer oor my lewe aan U oor. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Getrouheid

Vader, op die regte tyd maak U alles pragtig. Niks is vir U te moeilik om te bewerkstellig nie! U is getrou om u beloftes na te kom. Tog vergeet ek dit dikwels en raak moedeloos as dit lyk asof my omstandighede nie verander nie. In daardie oomblikke is dit maklik om te vergeet dat U nie met u werk klaar is nie. Verander asseblief deur u Heilige Gees hoe ek dink en optree. As ek begin moeg word, help my om te onthou dat U by my is, U is getrou en U het my alles gegee wat ek nodig het om vandag ‘n geloofsvervulde lewe te lei. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

‘n Gebed om Nederigheid

Heilige Gees, help my om noukeurig aandag te skenk aan die maniere waarop U my by die naam roep en my nader aan U bring. Terwyl U dit doen, wys my hoe om op ‘n wyse te leef wat die roeping waardig is wat U aan my gegee het. Help my om niks uit selfsugtige ambisie te doen nie, maar wys my eerder hoe om ander hoër te ag as myself. In plaas daarvan om dadelik die foute wat ek by ander mense sien, reg te stel, help my om eers my besorgdhede na U toe bring en U toe te laat om my reaksie te rig. Laat die gesprekke wat ek met ander voer, gevul wees met nederigheid en respek, sodat niks in my lewe mense daarvan weerhou om U deur my te sien nie. In die Naam van Jesus, amen.

Stoor in jou Gebedslys

Het hierdie gebede jou bemoedig of geïnspireer? Stoor ‘n paar in jou YouVersion-gebedslys. Gaan gedurende die week voort om doelbewus deur gebed nader aan God te kom, en laat sy Heilige Gees toe om jou lewenswyse te vorm.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Share this post:

Hoe skep jy ‘n gebedsgewoonte? Doen die volgende:

Persoon wat bid

Maak Gebed ‘n deel van jou daaglikse lewe.

Daar is niks in jou lewe wat vir God te groot of te klein is om te hanteer nie. Tog moet ons soms herinner word dat ons enige tyd met Hom kan praat. Gebedsherinneringe is ideaal vir die tye wanneer jy ‘n bietjie aanmoediging daarvoor nodig het.

Gaan net na jou “Push” Kennisgewing Instellings, druk op “Herinner my om te bid”. Dan kan jy die tyd instel wanneer jy jou daaglikse herinnering wil ontvang.

Is jy onseker waaroor om te bid? Begin hier:

Oseaan

‘n Gebed vir Vrede

Dankie Vader dat U vir ons omgee. U weet van alles wat ons swaar belas as gevolg van kommer, angs of vrees. Waak asseblief nou met u vrede oor ons harte en denke.

Help ons om ons denke op U en op u Gees te rig. Dankie dat U belowe het om aan ons lewe en vrede te gee. Ons kan rus … omdat ons by U veilig is.

GebedsikoonBid


Blomme

‘n Gebed vir Genesing

Vader, u Woord sê dat U die mense antwoord wat u Naam aanroep en U verlos hulle. Ons vra nou dat U die siekes en diegene wat seer het sal genees. Ongeag of u genesing vandag of eers oor 10 jaar plaasvind, sal ons aanhou om U te prys, selfs terwyl ons op antwoorde wag.

GebedsikoonBid


Dammetjie in die woud

‘n Gebed vir Eensgesindheid

Dankie Jesus, dat U die wêreld oorwin het. As gevolg daarvan, kan ons in eensgesindheid met U wees. Help ons om alles te sien wat U om ons doen. Trek ons nader aan U en help ons om na die belange van ander om te sien.

Laat u koninkryk kom, op die aarde, net soos in die hemel. Verenig ons dus in doel sodat niks mense wat U soek, kan verhinder om in U te glo nie.

GebedsikoonBid


Stel Gebedsherinneringe Op

Share this post: