‘n Gebed vir Vrede

Oop hande

Ken God, Vind Vrede

Stel jou voor jy is ‘n herder in die eerste-eeuse Betlehem. Skape omring jou, maar as gevolg van jou werk, jou klere en jou status, sal mense jou nie omring nie.

Vir geslagte lank het jou familie gesê: “God het belowe dit gaan beter word.” Jy begin egter wonder: “is dit regtig waar?” Toe verander alles een aand. ‘n Engel verskyn en vertel jou dat ‘n Verlosser gebore is.

Immanuel, “God by ons” het gekom.

Eendag sal dieselfde kind die las van al ons verkeerde dade op Hom neem deur aan ‘n kruis te sterf. As gevolg van sy opoffering, word ons genooi om te alle tye, in alle omstandighede, vreedsaam met God te lewe. Kom ons dank Jesus dus op hierdie oomblik vir sy opoffering en die vrede wat ons as gevolg van Hom het.

‘n Gebed vir Vrede

Vader,

Selfs wanneer my lewe deurmekaar voel, kan ek u vrede ervaar as gevolg van wat Jesus aan die kruis gedoen het. Dankie dat U dit moontlik maak deur u Seun vir ons te stuur! Hy het vir ons ‘n weg gemaak om U te ken en te ervaar.

Selfs wanneer die lewe buite beheer voel, kan ek vashou aan die waarheid dat u vrede nie op my gevoelens of omstandighede berus nie — maar op u karakter en getrouheid.

Maak my asseblief van u teenwoordigheid bewus wanneer ek nie vrede ervaar nie. Herinner my dat U in beheer is. Gee my u krag en vertroosting wanneer die wêreld onveilig voel. Beskerm my hart en verstand teen die swaar las van my gevoelens en gedagtes.

Laat my toe om u teenwoordigheid aan te voel en te lewe in die vertroue dat U altyd naby is. Laat my lewe ‘n voorbeeld van u vrede wees wat alle verstand te bowe gaan.

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Dank God vir sy Woord

Die Bybel is LEWENDIG

Kom Ons Bid Saam

Elke keer wanneer jy YouVersion oopmaak, kom jy in kontak met God deur sy Woord. En wanneer jy die toep oopmaak, het jy toegang tot die Skrif in ‘n taal wat jy verstaan.

Dink net wat ‘n geskenk dit is.

Die Skrif is egter nie net in jou eie taal beskikbaar nie — te danke aan ons vrygewige vennote, bied YouVersion die Bybel in meer as 1 700 tale aan.

Deur sy Woord, boei God die harte van mense wat na Hom soek en skep so ‘n wêreldwye gemeenskap wat om die Skrif gesentreer is.

En Hy het maar pas begin.

Namate YouVersion 500 miljoen installasies nader, laat ons God dank, wat dit vir ons moontlik maak om deur sy Woord tot Hom te nader. Kom ons vra God om voort te gaan om harte regoor die wêreld deur die Skrif te herskep, en kom ons bid vir die mense in ons lewens wat nog nie vir God persoonlik ken nie.


‘n Gebed om Fees te Vier

Vader,

Dankie dat U ‘n gemeenskap van gelowiges deur u Woord bymekaar gebring het. Die Skrif het ons lewens verander, ons harte en denke herskep en ons diepe behoefte aan U geopenbaar. U Woord is die rede waarom die YouVersion gemeenskap bestaan.

Vader, ons wil hê u Woord moet voortgaan om oor die wêreld te versprei omdat dit volmaak en waar is. U Woord keer nooit leeg terug nie. U het deur die Skrif geopenbaar wat goed en wys is. U Woord is vol beloftes wat ons lewens rig en ons pad verlig. Dit leer ons, lei ons, stel ons reg en troos ons. Ons wil sien dat U woorde aanhou om die wêreld te herskep.

Gee vir ons meer geleenthede om die Skrif met ander te deel. Namate U ons hierdie geleenthede gee, maak dan asseblief meer harte en denke gereed om U intiem te leer ken.

Laat ons die mense word wat U geskep het om te wees sodat ons U te alle tye kan eer. Ons is u volk en ons gee onsself volkome aan U.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Nou beskikbaar: Begeleide Gebed!

Persoon wat bid

Wanneer jy met God wil praat, maar nie weet wat om te sê nie, sal Begeleide Gebed jou help om aan die gang te kom.

Probeer Begeleide Gebed

Waaroor praat jy met God?

In 2020 het ons YouVersion Gebed geloods: ‘n funksie wat ontwerp is om jou te help om eerlike gesprekke met God in die gemeenskap te voer. Nou kan jy ‘n nog dieper ervaring met God in jou persoonlike stiltetye hê deur die nuutste YouVersion Gebedservaring: Begeleide Gebed.

Deur die Ons Vader as model te gebruik, verskaf Begeleide Gebed aan jou daaglikse leiding om oor die Skrif na te dink, nader aan God te kom en met Hom te praat oor wat op jou hart is:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word …”

EER GOD

“Luister, Israel, die Here jou God, Hy is die enigste Here.

DEUTERONOMIUM 6:4

Lees weer hierdie gedeelte en dink na oor wat dit beteken om persoonlik deur die een, ware God geken te word. Sit en lees hierdie Skrifgedeelte vir ‘n paar minute en eer God met jou tyd.

“Gee ons vandag ons daaglikse brood …”

MY BEKOMMERNISSE

“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

JAKOBUS 1:5

Praat met God oor jou behoefte. Oorweeg dit dan om daardie dinge by jou Gebedslys te voeg.

“en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose …”

GOD SE BESKERMING

Vader, niks is vir U onmoontlik nie. Daar is nie ‘n siekte wat U nie kan genees nie en geen stryd wat U nie kan wen nie. Ek vra U dus nou om my te beskerm en te versterk. Ek het U in my lewe nodig. Doen wat net U kan doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Die Begeleide Gebedservaring
is nou beskikbaar in jou
YouVersion Bybeltoep.

Probeer Begeleide Gebed

‘n Gebed vir Christenleiers

Mense wat op rotsformasies staan en na sonsondergang kyk

Wie kan jy vandag eer?

Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.

1 TESSALONISENSE 5:12

As jy aan ‘n geestelike leier dink wat ‘n positiewe impak in jou lewe gehad het, aan wie dink jy? Dalk is dit ‘n kerkleier. Miskien is dit ‘n mentor wat jou geïnspireer het. Of dalk ‘n vriend of familielid wat gehelp het om jou geloof te versterk.

Hoe sou lewe lyk as hulle nie deel daarvan was nie?

Die afgelope paar jare was uitdagend vir Christenleiers regoor die wêreld. Alles wat ons moes deurmaak, moes hulle ook deurmaak — maar hulle het ook die las van mense net soos  ons gedra.

Wat sou gebeur as miljoene mense regoor die wêreldwye YouVersion Gemeenskap toegewyd bid vir die mense wat ons aangemoedig het?

Kom ons vind uit.

Kom ons eer die mense deur wie ons onbaatsugtig gedien word, deur saam vir hulle te bid.

‘n Gebed vir Christenleiers

Vader,

dankie dat u Christenleiers in my lewe geplaas het wat U liefhet en vir my omgee. Ek is gevorm deur hul wysheid, deernis, vriendelikheid en onbaatsugtige liefde.

Vandag vra ek dat U my sal wys hoe ek hierdie leiers kan seën, net soos hulle my geseën het. Laat my dankbaarheid hulle daaraan herinner dat hulle gesien, gewaardeer en geken word.

Moedig hulle aan as hulle uitgeput voel en hernu hul krag wanneer hulle oorweldig word. Gee rus aan diegene wat dit nodig het, en herinner hulle aan u beloftes. Seën hulle families, versterk hulle bedieninge en brei hulle invloed uit — tot u verheerliking en hulle beswil.

In die Naam van Jesus,

amen.

Stoor Hierdie Gebed

Maniere om gesprekke met God te begin

Persoon wat bid

Is jy nie seker waarvoor om te bid nie?

Dit is nie altyd maklik om met God te praat nie, maar as ons God beter wil leer ken, moet ons weet hoe om nederig en eerlik met Hom te praat.

Hier volg drie dinge wat jou kan bemoedig wanneer jy deur gebed tot God nader. Kies een of twee punte wat jou tref en gebruik dit om ‘n Gebed in YouVersion te skep.

1. Hou dit eenvoudig.

God stel nie in belang in hoe welsprekend jou woorde klink nie — Hy wil net tyd met jou deurbring. Van die beste gesprekke met God vind plaas wanneer jy Hom net eenvoudig vertel wat op jou hart is en Hom kans gee om daarop te reageer.

Probeer om te vra:

Vader, wat moet ek oor … doen ?

Vader, wat dink U van … ?

Vader, kan U … ?

Vader, waarom het dit … ?

Skep ‘n Gebed

2. Hou dit realisties.

God sal nie vir jou kwaad word omdat jy eerlik is nie; wees dus opreg wanneer jy bid. Onthou, niks kan jou van God se liefde skei nie. As jy dus nie seker is wat om te sê nie, vertel dit vir God. As daar ‘n omstandigheid is wat jou frustreer, sê dan so. Hy wil hê jy moet Hom in selfvertroue en vrymoedigheid nader.

Praat sommer nou met God oor ‘n bekommernis wat jy het. Sê byvoorbeeld:

Ek sukkel met …

Ek het hulp nodig met …

Ek verstaan nie hoekom …

Ek is gefrustreerd omdat …

Skep ‘n Gebed

3. Kom weer terug.

Aanvanklik mag jy ongemaklik voel om te bid, maar hoe meer jy dit doen, hoe makliker word dit. Gaan in hierdie week voort om gebed ‘n gewoonte te maak deur elke dag vir minstens vyf minute met God te gesels.

Hier is ‘n paar maniere hoe om gesprekke te begin:

Ek hoop …

Ek is dankbaar vir …

Ek is opgewonde omdat …

Vandag het ek opgemerk …

Skep ‘n Gebed