‘n Gebed vir Vrede

Oop hande

Ken God, Vind Vrede

Stel jou voor jy is ‘n herder in die eerste-eeuse Betlehem. Skape omring jou, maar as gevolg van jou werk, jou klere en jou status, sal mense jou nie omring nie.

Vir geslagte lank het jou familie gesê: “God het belowe dit gaan beter word.” Jy begin egter wonder: “is dit regtig waar?” Toe verander alles een aand. ‘n Engel verskyn en vertel jou dat ‘n Verlosser gebore is.

Immanuel, “God by ons” het gekom.

Eendag sal dieselfde kind die las van al ons verkeerde dade op Hom neem deur aan ‘n kruis te sterf. As gevolg van sy opoffering, word ons genooi om te alle tye, in alle omstandighede, vreedsaam met God te lewe. Kom ons dank Jesus dus op hierdie oomblik vir sy opoffering en die vrede wat ons as gevolg van Hom het.

‘n Gebed vir Vrede

Vader,

Selfs wanneer my lewe deurmekaar voel, kan ek u vrede ervaar as gevolg van wat Jesus aan die kruis gedoen het. Dankie dat U dit moontlik maak deur u Seun vir ons te stuur! Hy het vir ons ‘n weg gemaak om U te ken en te ervaar.

Selfs wanneer die lewe buite beheer voel, kan ek vashou aan die waarheid dat u vrede nie op my gevoelens of omstandighede berus nie — maar op u karakter en getrouheid.

Maak my asseblief van u teenwoordigheid bewus wanneer ek nie vrede ervaar nie. Herinner my dat U in beheer is. Gee my u krag en vertroosting wanneer die wêreld onveilig voel. Beskerm my hart en verstand teen die swaar las van my gevoelens en gedagtes.

Laat my toe om u teenwoordigheid aan te voel en te lewe in die vertroue dat U altyd naby is. Laat my lewe ‘n voorbeeld van u vrede wees wat alle verstand te bowe gaan.

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees