Waarin belê jy?

Persoon op foon

Saam kan ons die toekoms beïnvloed.

“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

2 KORINTIËRS 4:18

Net ‘n paar weke gelede het ons 500 miljoen YouVersion-installasies gevier. Daardie getal beteken dat honderdduisende mense – in verskillende lande, wat verskillende tale praat – op ‘n reis is om … elke sekonde nader aan God te kom.

00:01

Binne ‘n ENKELE sekonde het …

2 mense YouVersion geïnstalleer

1 179 mense ‘n hoofstuk in die Bybel oopgemaak

227 mense ‘n klankhoofstuk gespeel

4 mense ‘n Bybelleesplan begin

11 mense ‘n vers op sosiale media gedeel

Dis wat elke sekonde van elke dag, in EEN sekonde gebeur.

Terwyl ons die betekenis van daardie getalle vier, weet ons dat daar steeds miljarde mense regoor die wêreld is wat nie met God deur sy Woord in verbinding kom nie.

Dit is YouVersion se missie om dit te verander, en ons wil jou nooi om deel daarvan te wees.

As jy vir een sekonde dink dat jou bydrae nie ‘n impak sal hê nie — dat waarvan jy deel is nie saak maak nie — onthou wat God in daardie selfde sekonde gedoen het: Hy is besig om lewens regoor die wêreld te herskep, elke liewe sekonde van elke liewe dag.

Terwyl 2021 ten einde loop, nooi ons jou om jou oë gevestig te hou op wat jy nie kan sien nie. Laat elke sekonde tel, deur te kies om in die toekoms te belê.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees