Twee duisend jaar gelede het die toekoms van die wêreld vir ewig verander toe hoop ‘n menslike gestalte aangeneem, en in ‘n krip verskyn het.
Die geboorte van Jesus was ‘n tasbare uitdrukking van God se oorvloedige liefde vir die mensdom.
Jesus se koms is ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vier daardie wonder hierdie Kersfees deur die spesiale Versbeeld te deel.

