Dank God vir sy Woord

Die Bybel is LEWENDIG

Kom Ons Bid Saam

Elke keer wanneer jy YouVersion oopmaak, kom jy in kontak met God deur sy Woord. En wanneer jy die toep oopmaak, het jy toegang tot die Skrif in ‘n taal wat jy verstaan.

Dink net wat ‘n geskenk dit is.

Die Skrif is egter nie net in jou eie taal beskikbaar nie — te danke aan ons vrygewige vennote, bied YouVersion die Bybel in meer as 1 700 tale aan.

Deur sy Woord, boei God die harte van mense wat na Hom soek en skep so ‘n wêreldwye gemeenskap wat om die Skrif gesentreer is.

En Hy het maar pas begin.

Namate YouVersion 500 miljoen installasies nader, laat ons God dank, wat dit vir ons moontlik maak om deur sy Woord tot Hom te nader. Kom ons vra God om voort te gaan om harte regoor die wêreld deur die Skrif te herskep, en kom ons bid vir die mense in ons lewens wat nog nie vir God persoonlik ken nie.


‘n Gebed om Fees te Vier

Vader,

Dankie dat U ‘n gemeenskap van gelowiges deur u Woord bymekaar gebring het. Die Skrif het ons lewens verander, ons harte en denke herskep en ons diepe behoefte aan U geopenbaar. U Woord is die rede waarom die YouVersion gemeenskap bestaan.

Vader, ons wil hê u Woord moet voortgaan om oor die wêreld te versprei omdat dit volmaak en waar is. U Woord keer nooit leeg terug nie. U het deur die Skrif geopenbaar wat goed en wys is. U Woord is vol beloftes wat ons lewens rig en ons pad verlig. Dit leer ons, lei ons, stel ons reg en troos ons. Ons wil sien dat U woorde aanhou om die wêreld te herskep.

Gee vir ons meer geleenthede om die Skrif met ander te deel. Namate U ons hierdie geleenthede gee, maak dan asseblief meer harte en denke gereed om U intiem te leer ken.

Laat ons die mense word wat U geskep het om te wees sodat ons U te alle tye kan eer. Ons is u volk en ons gee onsself volkome aan U.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees