YouVersion vier 500 miljoen installasies!

Dit het as ‘n vraag begin.

“Wat as mense toegang tot die Bybel kon kry waar hulle ook al gaan?”

In 2008 het die naam na YouVersion verander — een van die eerste 200 gratis toeps in die Toepwinkel.

Wat as ‘n begeerte begin het om die Skrif vir almal toeganklik te maak, het nou ‘n wêreldwye beweging geword van mense wat daartoe verbind is om God elke dag deur sy Woord op te soek.

Dit is ‘n beweging waarvan jy deel is …

… ‘n Beweging wat nou op ‘n halfmiljard toestelle geïnstalleer is.

‘n Beweging wat moontlik gemaak is, omdat …
Die Bybel LEWENDIG is.


Iets GROOTS is aan die gebeur.

God werk aktief deur YouVersion — en honderde miljoene mense is deel daarvan.

Elke keer as iemand YouVersion installeer, kry hulle onmiddellike toegang tot ‘n gemeenskap wat om die Bybel gesentreer is. ‘n Gemeenskap wat God uitnooi om hul lewens te vorm deur middel van die Skrif, Bybelleesplanne en Gebed.

T. Rushing

“Nadat ek [YouVersion] gekry het, dit bestudeer het, leesplanne begin lees en met ander ‘n verbintenis gemaak het, was ek passievol oor die krag van God wat deur die YouVersion-gemeenskap vloei.”

T. Rushing


God is nog nie klaar nie.

Ons vier vandag 500 miljoen installasies … maar ons dink nie net na oor wat God gedoen het nie, ons sien ook uit na wat Hy volgende gaan doen.

Stel jou ‘n dag in die nabye toekoms voor wanneer 1 miljard mense YouVersion geïnstalleer het.

Jy kan help om dit te laat gebeur.

Die beste manier hoe jy ons kan help om hierdie geskiedkundige oomblik te vier, is deur YouVersion met iemand in jou lewe te deel wat nog nie deur die Woord van God herskep is nie.

Daar is miljoene mense wat nog wag om deur die Bybel herskep te word, en jy is perfek geplaas om sommige te bereik. Laat God toe om aktief deur jou te werk deur ander uit te nooi om te ontdek dat Die Bybel Lewendig is.

Deel YouVersion

Wanneer jy YouVersion vanuit die toep deel, sal jy die Deel YouVersion Kenteken verwerf.

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees