Kom ons bid saam vir vrede

Kusstrook

Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy aan vrede dink?


Vrede kan baie dinge beteken, maar as die definisie nie in die Woord van God geanker is nie, dan is die vrede waarna ons smag slegs ‘n skadu van die vrede wat God verlang om aan ons te gee.

Kom ons vra op hierdie oomblik dat die vrede van God ons lewens en ons wêreld met hierdie twee gebede vul.

Ervaar God se Vrede

O God, my lewe is met beproewings en swaarkry gevul. Soms voel ek oorweldig en bedroef. Nogtans is ek dankbaar dat U in elke omstandigheid by my is. In U kan ek vrede hê. Selfs al gaan ek vandag deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. Ek sal moed hou, want U het die wêreld klaar oorwin. Ek sal my vertroue op U stel. Terwyl ek dit doen, vul my met alle vreugde en vrede sodat my hoop al hoe sterker kan word, deur die krag van die Heilige Gees! Laat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Amen.

Stoor hierdie Gebed

Vrede vir Ons Wêreld

Liewe Vader, dankie dat U die wêreld klaar oorwin het. Dankie dat in al hierdie dinge ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat vir ons liefhet. Help ons om vandag van die kwaad af weg te bly, “te doen wat goed is, vrede te soek en dit na te jaag.” Maak ons gretig om die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf deur nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie.

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Rig ons voetstappe op die pad van vrede sodat ons harte van wysheid kan bekom. Herstel ons land o Heer en seën u volk met oorvloedige vrede. Amen.

Stoor hierdie Gebed

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans