Hoe om te bid as jy nie weet wat om te bid nie

Vrou wat bid

Wat keer jou om gereeld met God te praat?

Dit verg oefening om met gebed gemaklik te wees. En tog — as ons wil groei in ons geloof, is dit belangrik dat ons eerlike gesprekke met God het.

As jy nie seker is waaroor om te bid nie…

Hier is vyf voorbeelde van daaglikse gebede:

  1. Bid dat God Bekend sal Word

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink… aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid…”

EFESIËRS 3:20-21

Voorbeeld:

God, ons weet dat U bo alle dinge is en dat U alles bymekaar hou. Word vandag verheerlik in ons wêreld. Mag mense wat U nog nooit ontmoet het nie, vir U vind. Amen.

  1. Bid vir die Wêreld

“Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”

EFESIËRS 6:18

Voorbeeld:

God, herstel asseblief die wêreld. Doen wat die beste vir u koninkryk is en vul u mense met genade, krag en blink idees, sodat ons ‘n geestelike bydrae tot ons wêreld kan maak. Amen.

  1. Bid vir Wat jy Nodig Het

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

FILIPPENSE 4:6

Voorbeeld:

God, U weet wat ek nodig het voordat ek dit weet. Gee my asseblief vandag wat ek nodig het, sodat ek op U kan fokus en nie op my probleme nie. Wanneer dit dan by die behoeftes van môre kom, vertrou ek dat U sal voorsien. Amen.

  1. Bid vir Vergifnis

“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”

MARKUS 11:25

Voorbeeld:

God, U alleen ken ons bedoelings. Vergewe asseblief die mense wat my te na gekom het, want ek het hulle vergewe. En Here, vergewe my, want ek het ook foute gemaak. Moet asseblief nie ons foute teen ons hou nie. Amen.

  1. Bid vir Genesing en Beskerming

“As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.”

JAKOBUS 5:14

Voorbeeld:

God, daar is soveel lyding in ons wêreld. Genees asseblief die siekes en bring vrede en lewe aan ons vermoeide siele. Beskerm ons liggame en ons gedagtes, en gee ons u krag om versoekings en beproewinge te verduur. Amen.

Hierdie idees is nie nuut nie — Jesus het dit meer as 2 000 jaar gelede gebruik om sy dissipels te leer hoe om te bid:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:21

Probeer ‘n gebedslys in jou Bybeltoep skep om jou te help om ‘n gereelde gebedsritme te skep. Kies elke dag ‘n paar dinge op die lys om op te fokus. (Jy kan ook vriende uitnooi na jou gesprekke met God, deur jou gebede met hulle te deel.)

Met verloop van tyd sal jy na daardie lys kan terugkyk en nadink oor wat God besig was om op daardie tydstip in jou lewe te doen.

Bid Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans