Dis hoe jy kan help om hoop te versprei.

Hy is magtig om ONEINDIG MEER TE DOEN
as wat ons bid of dink!

Efesiërs 3:20

Jy bly so veel as moontlik in jou huis, pas sosiale afstand toe en hoor hoe dit met familie, vriende en bure gaan. Ons wil graag nog iets voorstel wat jy kan doen om vir ander om te gee.

Iets geskiedkundigs is aan die gebeur.

Ons almal kom voor uitdagings te staan in hierdie wêreldwye pandemie, maar wat jy dalk nie besef nie, is dat ons ook ‘n seisoen van groot geestelike ontwaking beleef. Regoor die wêreld soek mense antwoorde en hoop. Wat miljoene mense vind, is ‘n uitnodiging na ‘n verhouding met God.

Tydens die afgelope ses weke het ons aanskou hoe God op wonderbaarlike maniere werk en ons het ook die grootste toename ooit in die gebruik van die Bybeltoep gesien, met meer mense wat na hoop en vrede soek, Bybelverse en Versbeelde deel en gesinne wat saam God se woord lees deur middel van die Bybel App vir Kinders. Daar is ook meer as 1,6 miljoen gebede in die afgelope maand bygevoeg. Ons vrywilligers is meer aktief as ooit tevore en span hulle tyd en talente in om YouVersion se Gemeenskap te dien.

“YouVersion het my toegang tot die Bybel gegee, wat my verhouding met God versterk het en dit vir my moontlik gemaak het om elke dag sy woord te lees. Dis ‘n groot seën en ek is so dankbaar om in hierdie moeilike tyd aan goeie boodskappe herinner te word.” – Imani S

Dis maar net die begin.

Ons weet dat God baie meer wil doen terwyl Hy voortgaan om mense regoor die wêreld nader aan Hom te trek. Baie mense sal terugdink aan hierdie tydstip in die geskiedenis as ‘n bepalende oomblik in hul verhouding met God. Hierdie werk maak nou saak en dit maak saak vir die ewigheid.

Jy kan deel wees daarvan.

Ons glo heelhartig dat ‘n daaglikse roetine om God te soek, die krag het om lewens te verander. Ons hoop dat elke persoon in jou gemeenskap op ‘n belangrike reis is om te word wat God hulle gemaak het om te wees, terwyl hulle in Hom bly en elke dag nader aan Hom beweeg. Ons besef dat daar deesdae baie behoeftes in ons gemeenskappe is en ons hou aan om saam te bid vir ons wêreld en vir mense wat finansieel sukkel.

Ons besef ook dat baie die werk ondersteun wat hoop aan mense gee. Ons is bevoorreg om hande te vat in hierdie taak om mense in elke land op aarde te help om ons wonderlike, liefdevolle God elke dag te soek.

Gee aan YouVersion

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans