Dis moeilik om ‘n gesin groot te maak.

Wat behels dit om ‘n
“Goeie Ouer” te wees?

Dit kan moeilik wees om ‘n gesin groot te maak. Ons wil almal vir ons kinders meer gee as wat ons gehad — geborgenheid en standvastigheid, verrykende ervarings en geleenthede om te groei. Hoe moet ons ons kinders geestelik lei om ‘n beter wêreld te skep?

Gelukkig hoef ons dit nie self uit te dink nie. Baie mense voor ons het hulle ervarings oor dinge wat vir hulle werk, neergeskryf. Hierdie leesplanne kan jou deur die moeilike tye op jou geestelike reis help:

Kyk na die Leesplanne

Share this post:

Vind Bemoediging In ‘n Leesplan oor Hoop.

As die gedurig-veranderende nuus oor die Coronavirus jou bang maak, jy ontmoedig word deur sosiale media, of oorweldig deur finansiële probleme, weet dat jy nie alleen is nie.

Soms voel dit of ons wêreld uitmekaar val en ons is nie seker waarnatoe om te gaan nie.

Hier’s bietjie goeie nuus:

As jy na hoop soek en vreugde begeer,
dis nader as wat jy besef.

Deur Jesus se opstanding het ons lewende hoop gekry wat ons siele anker in die moeilikste tye van ons lewens.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13

Het jy bemoediging nodig? Vind hoop in een van hierdie Leesplanne en nooi ‘n vriend om dit saam met jou te doen.

Nog Leesplanne oor Hoop

Share this post:

Hoe lees jy die Bybel? 🤔

Vrou praat op foon

Al is jy getrou om elke dag die Bybel te lees, kan jy nog steeds oorweldig voel en nie weet waar om te begin nie (en hoe om in te neem wat jy lees nie). Tog is dit belangrik om in God se woord geanker te wees om in geloof te groei. Waar begin jy nou eintlik? Hoe begin jy – en hoe hou jy dit vol?

Kweek ‘n daaglikse gewoonte om Bybelstudie te doen en te leer hoe om God se woord met hierdie lys leesplanne in jou lewe toe te pas.

Nog meer leesplanne

Share this post:

Hoe was Jesus se laaste week?

“GEBRUIK DIT TOT MY GEDAGTENIS.”

LUKAS 22:19

Wat is die Heilige Week?

Dit was die week voor Jesus se dood. ‘n Week waarin Hy sy finale gedagtes deel en sy dissipels groet. ‘n Week waarin Hy sy dissipels vir die laaste keer vertel: “Ek het julle lief”.

Dit was ‘n week gevul met pyn en belofte, wat gelei het tot ‘n laaste pynlike uitroep:

“Dit is volbring.”

Met een laaste asemteug het Jesus ons finale offer geword. En as gevolg van sy mag oor die dood, kan ons nou ten volle lewe.

Maak hierdie Heilige Week, wat tot Paasfees lei, elke dag tyd om na te dink oor wat Jesus se offer vir jou beteken. Probeer ‘n kort Paasfees Leesplan om jou (en jou gesin) te help om jul gedagtes op Christus te rig.

Nog Paasfees Leesplanne

Share this post:

Oordink die Opstanding…

Paasfees Uitdaging

Paasfees is oor twee weke! Hoe berei jy voor vir Opstandingsondag?

Voltooi ‘n Paasfees Leesplan tussen nou en Paasfees, om ‘n Paasfees Uitdagingskenteken te verwerf. (Om die meeste van die Uitdaging te maak, kan jy ‘n paar getroue vriende uitnooi om by jou aan te sluit.)

Kom ons oordink saam Jesus se opoffering en rig ons harte tot die opgestane Christus.

Kyk na Nog Paasfees Leesplanne

Share this post: