Een uitnodiging kan iemand se lewe verander.

Bybeltoep Kennisgewing

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel

nou

Dirk wil ‘n leesplan saam met jou lees.

Bybeltoep Kennisgewing

Dis hoekom gemeenskap saak maak…

Alex was verslae. Hy en sy vrou het ‘n paar slegte keuses gemaak en hulle het doelloos gevoel. Iemand nooi Alex toe uit na ‘n YouVersion Leesplan groep. As gevolg van die uitnodiging het Alex die krag van God se Woord ontdek en sy lewe vir die Here gegee. ‘n Jaar later het sy vrou in sy voetspore gevolg.

“Nou is ek die leier van ‘n YouVersion Leesplan groep, ek en my vrou lees elke dag sy Woord saam, en ek is nog steeds in dieselfde YouVersion Leesplan groep… maar hulle is nou my broers in Christus en goeie vriende.”
— Alex

Huwelik

Wanneer jy iemand uitnooi om ‘n Leesplan saam met jou te doen, nooi jy hulle om die lewensveranderde krag van God se Woord te beleef.

Begin vandag ‘n Leesplan saam met Vriende en kyk wat God doen deur middel van jou geloofsvervulde besluit om Hom te volg, terwyl jy dissipels maak.

Begin ‘n Leesplan saam met Vriende

Wat is jou Doelwitte vir Verhoudings?

Ry met verskillende kleure

Kry ‘n Leesplan
vir Elke Soort
Verhouding.

God gee om vir jou verhoudings, of jy enkellopend is, verlief of getroud is en of jy in ‘n ingewikkelde verhouding is. Ons word almal opdrag gegee om “die Here jou God lief te hê en jou naaste soos jouself.”

Dis uitdagend om ander lief te hê as jy God nie bo alles liefhet nie. Om God lief te hê is nie genoeg nie. Sy liefde moet jou ook anders na jouself laat kyk. Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy ander op dieselfde manier liefhê. As jy doelwitte vir jou verhoudings het, moet jy God eerste stel in elke verhouding.

Hier is ‘n paar Leesplanne
waarmee jy kan begin:

Leesplanne oor Verhoudings

Dis moeilik om ‘n gesin groot te maak.

Wat behels dit om ‘n
“Goeie Ouer” te wees?

Dit kan moeilik wees om ‘n gesin groot te maak. Ons wil almal vir ons kinders meer gee as wat ons gehad — geborgenheid en standvastigheid, verrykende ervarings en geleenthede om te groei. Hoe moet ons ons kinders geestelik lei om ‘n beter wêreld te skep?

Gelukkig hoef ons dit nie self uit te dink nie. Baie mense voor ons het hulle ervarings oor dinge wat vir hulle werk, neergeskryf. Hierdie leesplanne kan jou deur die moeilike tye op jou geestelike reis help:

Kyk na die Leesplanne

Vind Bemoediging In ‘n Leesplan oor Hoop.

As die gedurig-veranderende nuus oor die Coronavirus jou bang maak, jy ontmoedig word deur sosiale media, of oorweldig deur finansiële probleme, weet dat jy nie alleen is nie.

Soms voel dit of ons wêreld uitmekaar val en ons is nie seker waarnatoe om te gaan nie.

Hier’s bietjie goeie nuus:

As jy na hoop soek en vreugde begeer,
dis nader as wat jy besef.

Deur Jesus se opstanding het ons lewende hoop gekry wat ons siele anker in die moeilikste tye van ons lewens.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13

Het jy bemoediging nodig? Vind hoop in een van hierdie Leesplanne en nooi ‘n vriend om dit saam met jou te doen.

Nog Leesplanne oor Hoop

Hoe lees jy die Bybel? 🤔

Vrou praat op foon

Al is jy getrou om elke dag die Bybel te lees, kan jy nog steeds oorweldig voel en nie weet waar om te begin nie (en hoe om in te neem wat jy lees nie). Tog is dit belangrik om in God se woord geanker te wees om in geloof te groei. Waar begin jy nou eintlik? Hoe begin jy – en hoe hou jy dit vol?

Kweek ‘n daaglikse gewoonte om Bybelstudie te doen en te leer hoe om God se woord met hierdie lys leesplanne in jou lewe toe te pas.

Nog meer leesplanne