Hoe kan jy vandag nader aan God kom?


Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

PSALM 95:6

Ontwikkel ‘n Hart van Aanbidding

Wat kom in jou gedagtes op as jy oor aanbidding dink?

Aanbidding is meer as om liedere in die kerk te sing — dis ‘n daaglikse uitdrukking van ons eerbied, ontsag en lof teenoor God.

God is altyd waardig om geprys te word, ongeag ons omstandighede. Dis belangrik dat ons dit ‘n prioriteit maak.

Neem vandag ‘n paar minute om stil te raak en jouself aan God se getrouheid te herinner. (Jy kan dalk liedere tot sy eer sing of vir Hom sê wat in jou gedagtes aangaan.)

As jy klaar is …

Begin met een van hierdie leesplanne om te ontdek hoe jy ‘n lewe van aanbidding kan leef.

Kyk Na Nog Leesplanne

Share this post:

Dis wat vir jou wag: 🏅

2020 se Halfjaarlikse Uitdaging

Daar is nog tyd…

Maak dit jou oomblik.

Waardeur jy ook al nou gaan, jy kan altyd tot God nader. Hy hou nooit op om vir ons te wag om weer ons hart en gedagtes op Hom te fokus nie.

Die Halfjaarlikse Uitdaging is ‘n wonderlike manier om God se hart te leer ken — en daar is nog tyd om te begin. Voltooi net ten minste een dag van ‘n leesplan vir sewe agtereenvolgende dae, voor 31 Julie, om ‘n unieke kenteken verwerf.*

Gryp die oomblik aan en begin!

Soek jy nog na ‘n leesplan?

Probeer een van hierdie:

Kyk Na Nog Leesplanne


* Gaan kyk na ons webjoernaal vir al die besonderhede oor die Halfjaarlikse Uitdaging.

Share this post:

Kom ons fokus opnuut tydens die Halfjaarlikse Uitdaging.

2020 Halfjaarlikse Uitdaging

Hoe het 2020 tot dusver vir jou verloop? Vir baie van ons was die afgelope ses maande verwarrend en ontmoedigend — gekenmerk deur verdeeldheid, pyn en verlies.

As die onsekerheid van hierdie jaar jou verwyderd van God laat voel het, is dit nie te laat om opnuut op Hom te fokus nie. Ons weet miskien nie wat die res van hierdie jaar inhou nie, maar ons kan op die volgende waarhede staatmaak: God gaan saam met ons en Hy sal altyd nader kom as ons na Hom soek.

Daarom doen ons die Halfjaarlikse Uitdaging: om ons te help om ons gedagtes op die belangrikste te fokus – God en sy Woord.


Hoe om met die Halfjaarlikse Uitdaging te begin

Voltooide Leesplandag

Verwerf die Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken deur in Juliemaand, ten minste een dag van ‘n Leesplan vir sewe agtereenvolgende dae, te voltooi.

Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die Uitdaging ten beste te gebruik. Stel ‘n daaglikse kennisgewing op om seker te maak dat jy nie een dag oorslaan nie. Doen dit by jou Leesplaninstellings.

Dis al! Is jy gereed om te begin? Kies nou dadelik jou Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Share this post:

Een uitnodiging kan iemand se lewe verander.

Bybeltoep Kennisgewing

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel

nou

Dirk wil ‘n leesplan saam met jou lees.

Bybeltoep Kennisgewing

Dis hoekom gemeenskap saak maak…

Alex was verslae. Hy en sy vrou het ‘n paar slegte keuses gemaak en hulle het doelloos gevoel. Iemand nooi Alex toe uit na ‘n YouVersion Leesplan groep. As gevolg van die uitnodiging het Alex die krag van God se Woord ontdek en sy lewe vir die Here gegee. ‘n Jaar later het sy vrou in sy voetspore gevolg.

“Nou is ek die leier van ‘n YouVersion Leesplan groep, ek en my vrou lees elke dag sy Woord saam, en ek is nog steeds in dieselfde YouVersion Leesplan groep… maar hulle is nou my broers in Christus en goeie vriende.”
— Alex

Huwelik

Wanneer jy iemand uitnooi om ‘n Leesplan saam met jou te doen, nooi jy hulle om die lewensveranderde krag van God se Woord te beleef.

Begin vandag ‘n Leesplan saam met Vriende en kyk wat God doen deur middel van jou geloofsvervulde besluit om Hom te volg, terwyl jy dissipels maak.

Begin ‘n Leesplan saam met Vriende

Share this post:

Wat is jou Doelwitte vir Verhoudings?

Ry met verskillende kleure

Kry ‘n Leesplan
vir Elke Soort
Verhouding.

God gee om vir jou verhoudings, of jy enkellopend is, verlief of getroud is en of jy in ‘n ingewikkelde verhouding is. Ons word almal opdrag gegee om “die Here jou God lief te hê en jou naaste soos jouself.”

Dis uitdagend om ander lief te hê as jy God nie bo alles liefhet nie. Om God lief te hê is nie genoeg nie. Sy liefde moet jou ook anders na jouself laat kyk. Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy ander op dieselfde manier liefhê. As jy doelwitte vir jou verhoudings het, moet jy God eerste stel in elke verhouding.

Hier is ‘n paar Leesplanne
waarmee jy kan begin:

Leesplanne oor Verhoudings

Share this post: