Die Woord van God verander lewens

Deel 'n Bybel

Toe Craig Groeschel op universiteit was, was hy seer en verlore.

“Ek het nie gehou van wie ek besig was om te word nie.”

Alles het egter verander toe hy ‘n gratis Bybel ontvang het, en die Woord van God het sy lewe vir altyd verander …

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies jou taal.)

Dink aan die invloed wat die Woord van God op die mense om jou kan hê — jou vriende, gesin of medewerkers.

Laat God sommer nou toe om deur jou te werk deur drie mense in jou lewe te nooi om die Bybel op YouVersion te ontdek.

Deel YouVersion

Dit kan hul lewens vir altyd verander — net soos dit Craig se lewe jare gelede verander het.

Share this post:

Oor die afgelope vyf jaar …

Die Bybel vir Almal

BYBEL
VIR
ALMAL

Ons kom al nader aan almal.

Sedert 2017, het ons YouVersion-gemeenskap mildelik aan die Bybel vir Almal gegee — ‘n veldtog wat daarop fokus om vir almal op die planeet teen 2033 toegang tot minstens ‘n gedeelte van die Skrif in hul eie taal te verskaf.

Oor die afgelope vyf jaar, het ons gemeenskap bygedra tot projekte vir Bybelvertaling in 94 tale en in 35 lande, insluitend projekte vir:

  • Gebaretale
  • Gesproke tale sonder geskrewe vorm

Ons hou egter nie op nie. Die Bybel moet nog in meer as 3 000 tale vertaal word. Saam kan ons die Bybel by almal kry.

Word deel van wat God in die lewens van mense regoor die wêreld doen deur vandag ‘n donasie te maak. Of dit R100 of R500 is, jou donasie sal ‘n verskil maak!

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Share this post:

Vir die ma’s wat jou inspireer …

Ma wat baba vashou

Dink aan ‘n ma wat jou inspireer. Miskien is sy jou eie ma, ‘n familielid, ‘n buurvrou of ‘n vriendin.

Ma’s bemoedig, troos, lei en daag ons uit. Hulle luister met deernis, praat met wysheid en lei in liefde.

Vandag is die ideale dag om vir ‘n ma te vertel hoeveel sy vir jou beteken.

Dank God vir hierdie vroue in jou lewe. Bemoedig hulle deur hierdie spesiale versbeeld met hulle te deel.

"Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!" — Spreuke 31:29 — versbeeld

Deel hierdie versbeeld

Share this post:

Hy het opgestaan!

Graftrappe

God se liefde oorwin alles — selfs die dood.

Kom ons verheug ons saam in Jesus se triomf oor die dood en die ewige lewe wat ons deur Hom het.

Vier Opstandingsondag deur hierdie spesiale Paasfees versbeeld te stoor en met ander te deel.

Hy het opgestaan — Matteus 28:6 — Versbeeld

Deel Beeld

Share this post:

‘n Goeie Vrydag Gebed

Kruis

Hoekom is Goeie Vrydag “goed”?

… “Hy het gesê: ‘Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.”

JOHANNES 19:30

Die dissipels het toegekyk hoe Jesus uitroep: “Dit is volbring!” Tog, wat voltooi was, was nie Jesus se lewe nie – dit was alles wat ons van God se liefde geskei het.

“God by ons” het “God vir ons” geword toe Hy sy lewe opgeoffer het om ons te red.

Jesus het gely sodat die wêreld wat ly, God persoonlik kon ken … dit is wat Goeie Vrydag “goed” maak.


‘n Goeie Vrydag Gebed

Jesus,

My hart is seer dat die marteling en hartseer wat U aan die kruis moes verduur, nodig was om die mensdom te red. U wou nie hê dat ons slawe van vrees, angs of sonde moes wees nie — daarom het U Uself opgeoffer sodat die liefde kon oorwin.

Dis liefde wat aan die kruis gehang het en alles prysgegee het om ons te red. “Dit is volbring” was ‘n oorwinningskreet, want U het alles verslaan wat ons in ballingskap gehou het.

Te danke U opoffering kan ek vir altyd ‘n hegte verhouding met U ervaar. Dankie! Wys my hoe om u liefde vandag en elke dag bekend te maak.

Gebruik my om die wêreld te bereik vir wie U gesterf het sodat ons verlos kan word.

Amen.

Stoor Gebed

Share this post: