Hoe praat ‘n mens met God?

Persoon wat bid

As iets in jou lewe belangrik genoeg is om oor bekommerd te wees, is dit belangrik genoeg om oor te bid. En wanneer ons bid, het ons bloot ‘n voortdurende gesprek met God.

Gebruik hierdie hulpmiddels om die struikelblokke te oorkom wat jou daarvan weerhou om ‘n leefstyl van gebed na te streef.

Gebedsgids

​​Wanneer jy met God wil praat, maar nie weet
wat om te sê nie, sal Begeleide Gebed jou help.

Begin ‘n gesprek met God >

Gebedsgids

Gebedslys

Kom nader aan God en jou gemeenskap deur gebede te skep en te deel.

Skep ‘n Gebed >

Gebedslys

Gebedsherinneringe

Hou die gesprek aan die gang met geskeduleerde herinneringe.

Stel Gebedsherinneringe Op >

Gebedsherinneringe

‘n Ses-stap gids tot gebed

Benewens hierdie funksie, het ons ‘n gids saamgestel wat jou kan help leer hoe om te bid deur gebruik te maak van die model wat Jesus aan sy dissipels gegee het.

Leer hoe om te bid >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir ‘n nuwe begin

Persoon wat bid

Vader,

Ek is opgewonde oor ‘n nuwe jaar, en ek wil dit met vrymoedigheid en selfvertroue binnegaan. Ek moet egter eerlik wees; ek is onseker oor wat die jaar gaan inhou — en dit verontrus my.

Deurgrond my, o God, en ken my hart.

Help my asseblief om my verwagtinge vir hierdie jaar aan U te oorhandig. Vernuwe my denkpatrone namate ek nader aan U kom.

Deurgrond my, o God en bring my hart in ooreenstemming met u hart.

Help my om te onthou wat ek alreeds met u hulp oorkom het, terwyl ek die planne wat U vir my het nastreef.

Deurgrond my, of God, en genees my hart.

Ek weet U hou my in die palm van u hand, wat hierdie jaar ook al inhou. Niks is vir U onmoontlik nie!

Rig my weer op, Vader, en vernuwe my.

In die Naam van Jesus,

amen.

Stoor Gebed

Hoe om die Bybel op ‘n gereelde basis te bestudeer: Vier YouVersion wenke

Persoon wat die Bybel bestudeer

Die begin van ‘n nuwe jaar bring baie moontlikhede, wat dit ‘n uiters geskikte tyd maak om ‘n nuwe gewoonte van Bybellees te vestig. Besige programme, gesinsverantwoordelikhede en botsende belange kan Bybelstudie egter uitdagend maak.

Gelukkig is daar stappe wat jy kan doen om die Woord van God gereeld te begin lees.

Hier is vier wenke wat jy saam met YouVersion kan doen:

1. Maak dit blywend

Die maklikste manier om ‘n nuwe gewoonte te vorm is om dit aan iets te koppel wat jy alreeds op ‘n gereelde basis doen. As jy dus soggens eerste jou foon optel, probeer om YouVersion se Vers-van-die-dag te oordink. Wanneer jy ‘n nuwe gewoonte met ‘n bestaande een kombineer, maak dit jou nuwe gewoonte meer blywend.

Wenk: Maak soggens die YouVersion toep die eerste wat jy sien en kry onmiddellike toegang tot die Vers-van-die-dag deur die widgetfunksie op jou foon te stel. Vind hier uit hoe om dit te doen.

2. Laat dit outomaties gebeur

Die beste manier om ‘n gewoonte te vorm is om net daarmee te begin. As jy aan die gang kom, moenie fokus op die hoeveelheid tyd wat jy gebruik om die Skrif te lees of daarna te luister nie, doen dit net gereeld. As jy dit twee agtereenvolgende dae gedoen het, probeer om dit drie dae lank te doen. As jy drie dae gedoen het, probeer vyf en hou aan totdat jy ‘n gewoonte gevestig het.

As jy begin om ‘n gereelde gewoonte van Bybellees te vorm, kies ‘n tyd wat jou pas en stel ‘n daaglikse herinnering op om tyd in die Woord van God deur te bring.

Wenk: Behou jou momentum deur jou Bybel-periode op YouVersion se tuisvoer dop te hou. Jy kan ook leesplan-, gebed- en Vers-van-die-dag herinneringe hier opstel.

3. Bly betrokke

Jy sal meer geneig wees om gereeld Bybelstudie te doen as jy dit saam met iemand doen wat vir jou geestelike groei omgee.

Leesplanne saam met vriende bied ‘n eenvoudige, maklike manier om seker te maak dat jy aanhou om jou gewoonte van Bybelstudie te vestig.

Daar is duisende leesplanne in YouVersion, kies dus een waarin jy belangstel en begin dit saam met vriende. Aan die einde van elke leesplandag is daar ‘n ruimte om met jou vriende te klets oor wat jy ontdek het.

Wenk: Jy kan ‘n leesplan saam met enigiemand doen! Deel ‘n leesplanskakel op sosiale media, of deel ‘n leesplan met iemand vanuit die toep. Begin deur ‘n Leesplan te kies en volg die aanwysings om jou vriende uit te nooi om dit saam met jou te lees.

4. Laat dit nuut voel

Soms is die rede hoekom ons in ‘n Bybelleesgroef verval omdat dit wat ons doen te bekend voel. Verander hoe jy in die Bybel betrokke is.

As jy altyd net die Skrif lees, probeer om na die Bybel met ‘n klankbaan te luister. As jy gewoond daaraan is om een spesifieke weergawe te lees, probeer ‘n ander weergawe vir ‘n maand lank en kyk of iets nuuts jou aandag trek. Of probeer om dit in ‘n nuwe volgorde te lees om ‘n nuwe perspektief te kry.

Wenke: Dis maklik om Bybelweergawes te vergelyk. Druk op ‘n vers en kies die “Vergelyk”-knoppie wat verskyn. Jy kan ook na gedeeltes van die Skrif luister met klankbybels.


Dit hoef nie moeilik te wees om die Bybel ‘n deel van jou alledaagse lewe te maak nie — en gelukkig hoef ons dit nie alleen te doen nie. God hou daarvan om ons aan te moedig en te bemagtig deur ons denke te vernuwe en te verander. Hy maak Homself aan enigiemand bekend wat na Hom soek.

Hoe meer jy jou gewoontes vorm, hoe makliker word dit om God se stem te herken en te verstaan wat werklik sy wil is.

Terwyl jy jou daartoe verbind om die Skrif gereeld te bestudeer, onthou dat God wat jou gemaak het, jou ook in staat kan stel om deur die weerstand te breek wat jou terughou, sodat jy sy lewendige en aktiewe Woord op ‘n gereelde basis kan lees.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Is jy gereed vir ‘n nuwe begin?

2022

Elke jaar hoop ons dinge sal anders wees …

Wanneer die almanak na Januarie toe verander, word ons met hoop gevul dat hierdie jaar anders gaan wees, dat dinge beter gaan wees.

God maak ons nie net beter nie, Hy maak ons nuut!

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!

2 KORINTIËRS 5:17

Dit maak nie saak hoeveel veranderinge ons aanbring nie, niks sal soveel resultate oplewer soos wanneer ons Jesus doelbewus navolg en Hom toelaat om ons te herskep nie.

Kies hierdie jaar om ‘n blywende verandering te maak deur op ‘n gereelde basis deur sy Woord, nader aan God te kom. Begin nou deur een van die leesplanne hieronder te kies:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Jou Jaar in YouVersion

2021 Oorsig

Hoe het jy in 2021 nader aan God gegroei?

Met jou 2021 oorsig kan jy ontdek hoeveel dae jy die toep gebruik het, hoeveel leesplanne jy voltooi het en watter kentekens jy verwerf het, en nog meer.

Kyk na Jou Oorsig

Nadat jy na jou jaar in YouVersion gekyk het, kan jy ook kyk hoe ons gemeenskap in 2021as ‘n geheel nader aan God gekom het …

Leesplan-ikoon

80,6 miljoen

Leesplanne is Voltooi

Deel-ikoon

535,2 miljoen

Verse is gedeel

Kenteken-ikoon

67,1 miljoen

Kentekens is verwerf

Klank-ikoon

8,2 miljard

Klankhoofstukke is gespeel

Gebedsikoon

80,6 miljoen

Leesplanne is Voltooi

Net soos jy God op ‘n persoonlike, toepaslike manier deur YouVersion ervaar het, het honderd miljoene mense regoor die wêreld ook!

Statistiek is betekenisvol, maar wat meer saak maak, is die verhaal daaragter.

Laat weet ons van jou beste YouVersion oomblikke in 2021 — van jou gunsteling leesplan tot die verse wat jou die meeste beïnvloed het — wanneer jy jou oorsig op sosiale media deel.

Jou plasing kan iemand inspireer om YouVersion af te laai, en die Bybel te ervaar soos nog nooit tevore nie.

Deel-ikoon

Vier meer van die oomblikke wat die moeite werd is om te onthou. Kyk na YouVersion se 2021 Jaar in Oorsig.


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos