“Waar is God as ek alleen voel?”

Persoon wat na water kyk

Selfs wanneer jy alleen voel, is God steeds by jou.

As God naby is, hoekom voel jy nie sy teenwoordigheid of het jy nie sy vrede nie?

Elia was ‘n getroue dienaar van God, tog het hy met eensaamheid geworstel. Nadat hy die valse profete van Baäl verslaan het, was hy bang en het in ‘n grot weggekruip, oorwonne en heeltemal alleen.

Maar, God het hom nie verlaat nie.

As God ver voel, is hier drie wenke oor sy karakter uit Elia se verhaal.

  1. Jy kan eerlik met God wees oor hoe jy voel.

    God het aan Elia verskyn en gevra: “Wat maak jy hier?”

    Elia het geantwoord: “Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”

    Elia was eerlik met God. Hy was bang om sy lewe te verloor en het getwyfel of God sy situasie ten goede kon gebruik.

    Maar sy eerlikheid het God nie bang gemaak of beledig nie.

    Soos ‘n goeie vriend het God Elia nie in sy nood verlaat nie. Dieselfde geld vir jou. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

  2. Selfs wanneer jy Hom nie voel nie, is God altyd by jou.

    Elia se lewe was in gevaar, daarom het hy die enigste ding gedoen waaraan hy kon dink — weggekruip.

    Wanneer ons bang is, kan ons vergeet van God se belofte om by ons te wees, en maak ons op ons eie krag staat om te oorleef.

    Selfs wanneer ons God se belofte vergeet, herinner Hy ons daaraan dat Hy naby is.

    God het vir Elia gesê om op die berg te staan. ’n Kragtige wind het die berg uitmekaar geruk. Na die wind, was daar ‘n aardbewing. Na die aardbewing het ‘n brand gevolg.

    Maar God was nie in die wind, aardbewing of vuur nie.

    Na die brand was daar ‘n sagte fluistering. Dit was in daardie oomblik dat Elia dadelik geweet het God is by hom.

    Ons soek dikwels na God in die groot oomblikke in ons lewens, maar Hy is ook in die stilte.

  3. God openbaar wat jy nie kan sien nie.

    Elia was oortuig hy is die enigste een wat nog in God glo.

    God het egter geopenbaar dat daar nog 7 000 in Israel was wat nie in aanbidding voor Baäl gebuig het nie.

    Elia het gevoel asof hy die enigste een was, maar God het hom daaraan herinner dat dit nie so was nie.

    Eensaamheid ontstaan nie altyd wanneer jy alleen is nie. Dit kan ook ontstaan as jy dink jy is alleen.

Soos Elia, is jy dalk op ‘n plek waar jy afgesonder, verlate of vergete voel.

Onthou net, jy hoef God nie te voel om te weet dat Hy naby is nie. God is altyd by jou.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees