🙌 Jesus LEEF!

Versbeeld vir Markus 16:6

Vier Jesus se opstanding saam met ons!

2 000 Jaar gelede het Jesus op aarde gewoon, dus het Hy geweet hoe dit was om mens te wees. Hy het ook geweet wat dit Hom sou kos om ons te red… nogtans het Hy gekies om dit te doen. Vandag vier ons sy mag oor die dood. Omdat Hy leef, kan ons ook leef!

Deel Hierdie Paasfeesbeeld

‘n Gebed vir Ons Wêreld

Die Aarde

God, net U alleen is waardig om geëer, geloof en geprys te word. Saam met U kan ons elke storm oorkom—ook die wêreldwye impak wat COVID-19 op ons wêreld het.

Ons vra U nou:

  • Maak die siekes gesond en beskerm hulle wat nie siek is nie.
  • Gee ons leiers meer wysheid om ons deur hierdie pandemie en ekonomies onsekerheid te lei.
  • Versterk u wêreldwye kerk. Openbaar aan ons hoe ons hande kan vat om in die behoeftes van die mense rondom ons te voorsien.
  • Laat ons vrese bedaar. Vul ons met u hoop, vreugde en vrede, terwyl ons voortdurend op U vertrou.
  • Gebruik hierdie pandemie as voorloper van ‘n geestelike herlewing. Ons wil u heerlikheid, mag en genesing aan die werk sien.

Kom, Here Jesus, kom.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

‘n Gebed Dat Ons God Verheerlik Sal Word

'n Man wat bid

Here God,

Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade. Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang.

U is nie onkant gevang deur die toestand waarin die wêreld nou is nie. U weë is nie ons weë nie, en U weet presies wat om te doen. Niks is vir U onmoontlik nie.

Vandag verklaar ons dus dat U deur hierdie pandemie verheerlik sal word. Dat u Naam regoor die wêreld bekendgemaak en geprys sal sal word.

Verdryf die duisternis met u lig. Skyn helderder as die vrees vir die dood, ekonomiese ineenstorting of ‘n lang kwarantyntyd.

As ons gaan terugkyk na hierdie oomblik in die geskiedenis, laat ons met vreugde gevul word as ons onthou van die herlewing, hoop en vrede wat hieruit gevloei het.

Trek hierdie stukkende wêreld voortdurend nader aan U.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

‘n Gebed vir die Wêreldwye Kerk

Vrou wat bid

Here God,

Dankie dat ons tans deel van die wêreldwye kerk kan wees. Dankie vir die geleentheid om u liefde en hoop te verkondig aan ‘n wêreld wat in duisternis en wanhoop leef.

U Woord sê as U volk berou toon en bid en vra na u wil en terugdraai van hulle bose weë af, sal U na hulle luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Ons, U volk, vra dus u vergifnis vir die kere wat ons gekies het om nie die mense wat U in ons midde gebring het, lief te hê nie.

Laat u kerk in hierdie tyd versterk word en ons herinner aan hoe lief U hierdie gekweste wêreld het.

Genees asseblief ons land en gebruik ons om in die behoeftes van ander te voorsien. Laat groei ons geloof terwyl U u wêreldwye kerk laat groei.

Kom, Here Jesus, en doen wat slegs U kan doen.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

‘n Gebed vir Ons Leiers

Vrou wat bid

Here God,

Alle mag behoort aan U, maar U het mag gegee aan leiers om ons te beskerm en te lei. Vandag vra ons dat U al ons leiers wysheid, onderskeiding, krag en insig sal gee. Hou hulle gesond, veilig en uitgerus, sodat hulle kan voortgaan om ons deur hierdie moeilike tyd te lei.

Gee ons regeringsleiers wysheid oor wat gedoen moet word om die virus te keer en ons ekonomie te stabaliseer.

Gee ons geestelike leiers U onderskeiding oor hoe om in mense se behoeftes te voorsien terwyl hulle U naam eer en die kerk bemoedig.

Gee ons mediese leiers insig oor hoe om die virus te keer. Help hulle om die regte besluite te neem en eer hulle harde werk om ‘n behandeling vir COVID-19 te vind.

Gee ons gemeenskapsleiers inspirasie, moed, vreugde en sterkte om in hul gemeenskappe se behoeftes te voorsien.

En help ons, as leiers in ons gemeenskappe, om moed, hoop, vrygewigheid en vriendelikheid aan die dag te lê. Laat die manier waarop ons ander eer, die mense rondom ons inspireer.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By