Voel jy oorweldig? Onthou …

Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

MATTEUS 14:30

Silhoeët van 'n persoon

Jy is nie alleen nie.

Petrus het uit die skuit geklim en op die water begin loop en naby Jesus gekom. Toe Petrus sien hoe sterk die wind geword het, was hy oorweldig deur ‘n situasie wat hy nie kon beheer nie en het hy begin sink.

Onmiddellik het Jesus vir Petrus gered. Maar dan vra Hy een vraag:

“Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

Wanneer daar storms in die lewe is, is dit maklik om soos Petrus op te tree. Ons kan so vasgevang word in die probleme om ons, dat ons die Verlosser wat naby ons staan, uit die oog verloor.

Al kom dit voor of daar geen hoop is nie, is Jesus altyd naby. Sy volgehoue teenwoordigheid is ons vaste vertroue dat God altyd tydens ons lewenstorms in beheer is en altyd sal wees.

Wees bemoedig ten spyte van dit waardeur jy nou gaan: Christus is jou anker, Hy kan die onmoontlike doen en sal nie toelaat dat jy verdrink nie. Bly hoop, deur jou oë op Hom gevestig te hou.

Versprei vandag God se hoop,
deur hierdie versbeeld te deel:

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! - Romeine 15:13 - Versbeeld

Deel hierdie versbeeld

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans