Uitdaging: Voltooi 🏅

2019 se Half-Jaarlikse Uitdaging - Man wat glimlag

Dis Maar Net die Begin…

Oor die afgelope twee weke het ons julle, ons wêreldwye YouVersion Gemeenskap, genooi om saam met ons, intimiteit met God na te streef, deur die 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging te voltooi.

Ons is bemoedig deur jul toewyding om nader aan God en mekaar te groei. Meer as 1,2 miljoen Kentekens is verwerf en 56 miljoen Leesplan dae is voltooi!

Behou Jou Momentum:

Die statistieke van vorige uitdagings is duidelik: sodra jy vir ‘n paar weke lank ‘n daaglikse roetine gevestig het, kan dit jou help om jou nuwe gewoonte vol te hou en langer “Streaks” en perfekte weke in die Bybel te bereik.

Met soveel leesplanne om van te kies, het jy altyd ‘n rede om daagliks tyd saam met God te spandeer. Kom ons maak die beste van die res van 2019… saam:

Vind Jou Volgende Leesplan

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Aan almal wat deelgeneem het: Dankie! Jy sal binne die volgende paar dae jou 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken ontvang. (Jy kan jou kenteken vind in die “Kentekens” -afdeling van jou Bybel Toep.)

Dit is die finale aftelling!

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging - Vrou wat 'n leesplan op selfoon lees

Jy kan nog steeds by die Half-Jaarlikse Uitdaging aansluit!

As jy die Half-Jaarlikse Uitdaging begin het, weet jy alreeds hoe dit jou lewe kan verander om daagliks tyd saam met God te spandeer. Bly gefokus – hou so aan!

As jy egter nog nie begin het nie, is dit nie te laat nie! God het wonderlike planne vir jou lewe, en dit is ‘n goeie manier om in die daaglikse gewoonte te kom om sy hart te soek. Voltooi minstens een Leesplandag, elke dag vir sewe dae in ‘n ry teen 24 Julie, en jy sal ons 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verwerf!

…Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

JOHANNES 15:5

Vandag is die laaste dag om te begin, kies ‘n leesplan en nooi vriende uit om by jou aan te sluit.


Sien ons blog vir al die besonderhede oor die Half-Jaarlikse Uitdaging.


'n Vrou wat 'n Leesplan op haar selfoon lees

Nog steeds op soek na ‘n leesplan?

Probeer een van hierdie…

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Vorentoe
Wat is volgende: Studente Uitgawe
Romeine

Verken Meer Leesplanne

Laat die uitdaging begin!

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging - Vrou wat 'n leesplan op tablet lees

Een klein keuse kan jou jaar verander.

Maak nie saak hoe jou jaar tot dusver gelyk het nie, God is altyd hier vir jou. Hy verlang na jou om naby Hom te kom.

God is lief vir jou… en ons ook.

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen: om jou te help om op ‘n persoonlike vlak nader aan God te kom en Sy planne vir jou lewe te ontdek. Daar is nog 6 maande oor van 2019 – wat sou gebeur as jy ‘n daaglikse gewoonte vestig om tyd saam met God te spandeer?

Kom ons begin die Half-Jaarlikse Uitdaging en vind uit.

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Tussen 24, Julie en 2019 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Begin die Uitdaging


Half-Jaarlikse Uitdaging Amptelike Reëls


Binnekort Beskikbaar op ‘n Bybel Toep Naby Jou…

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging

Hoe kom ‘n mens nader aan iemand? Jy spandeer tyd saam. Jy praat met mekaar. Jy leer ken mekaar. Dis ook hoe ons nader aan God kan kom: deur tyd in Sy Woord te spandeer, om na Hom te luister en met Hom te praat in gebed. Dalk doen jy dit alreeds, of dalk probeer jy om meer aandag te gee aan hierdie deel van jou lewe.

Het jy geweet dat mense op hierdie tydstip van die jaar begin om daagliks minder tyd saam met God te spandeer?

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen.

Beweeg nader aan God en lees gereeld jou Bybel, terwyl jy Leesplanne voltooi waarvan jy baie hou.

Vind Leesplanne


Hoe om te Begin:

Tussen 8 Julie en 24 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Kies ‘n Leesplan van enige lengte of gaan aan met een waarmee jy besig is. As jou Leesplan voor sewe dae klaar is, begin net weer ‘n ander een daarna. Voltooi net een Leesplandag, elke dag, vir sewe dae agtermekaar! (Maak seker dat jy elke dag as “voltooid” merk.)

Voltooide Leesplandag

As jy 7 dae na mekaar voltooi het, sal jy ‘n 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken vir jou Bybel Toep profiel verdien:

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken


Begin:

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin oor ‘n paar dae, dus stel ons voor dat jy nou alreeds uitkyk vir Leesplanne.

Wanneer jy ‘n Leesplan vind wat jy dink jy sal geniet, druk op “Stoor vir Later.” Of, nog beter…

Klik op Begin, kies Met Vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Voorgestelde Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Vir die pa’s wat jou inspireer…

Versbeeld vir Psalms 103:13

Dank God vir Vaders.

Dink na oor die vaderfigure wat ‘n positiewe impak in jou lewe gemaak het. Dalk het hulle hul wysheid gedeel, jou bemoedig, jou beskerm, was daar toe jy hulle nodig gehad het, of het gepaste leiding gebied.

Wys vir daardie mans dat hulle saak maak deur ‘n bemoedigende woord uit die Skrif met hulle te deel: soos bv. ‘n versbeeld uit jou Bybel Toep. Dit neem net ‘n oomblik om ‘n pa te laat weet dat jy omgee.

Deel die Versbeeld


Pa en kind

Vir Pa’s

Ons het ‘n lys van Leesplanne saamgestel wat jou sal help om die mense vir wie jy die meeste omgee, met goddelike insig te lei. Enige een van hierdie Leesplanne sal jou help om meer van God se Vaderhart te ontdek en op ‘n spesiale manier met jou gesin om te gaan.

Radikale Wysheid: 'n 7-Dag Reis vir Vaders
Man van God
'n Sorgvrye Lewe
Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet Wees