Vir ‘n ma wat jou inspireer…

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 13:4

Dank God vir ma’s.

Hulle is die vroue wat jou goeie raad gee en is altyd daar vir jou. Die vroue wat jy ken, wat goed sorg vir hul gesinne. Die vroue wat jou inspireer om mense beter lief te hê. Miskien is dit jou ma, ‘n vriendin, ‘n buurvrou of selfs die kelnerin by jou plaaslike koffiewinkel.

Soms is ‘n eenvoudige “dankie” al wat nodig is om ‘n ma te laat weet dat sy geliefd is. Wys al die spesiale ma’s in jou lewe hoeveel hulle vir jou bedoel, deur hulle te bedank met ‘n Versbeeld.

Deel die Versbeeld

Wat presies is gebed?

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 5:17

Was jy al ooit bekommerd daaroor om op die “regte” manier te bid, of selfs gewonder of gebed saak maak? Sal God regtig luister wanneer jy Hom iets vra? Wat as mense my oordeel?

Dis goeie vrae om oor na te dink, maar…

Moenie toelaat dat jou vrae jou daarvan weerhou om met vertroue intimiteit met God na te streef nie. Ons het drie praktiese gedeeltes saamgestel, met ‘n aantal wenke en idees, om jou te help ontdek hoe om gebed deel te maak van jou lewe. Klik net op enigeen:


Bid
'n Man wat in 'n stad bid
'n Vrou wat glimlag

Bybel App vir Kinders kan nou met enige toestel sinkroniseer!

Bybel App vir Kinders Profiele

“Haai! Hier is al my sterre!”

Jou kind se Bybel App vir Kinders toekennings is altyd gestoor op die toestel waarop hulle dit verdien het. Sou jou kind ‘n nuwe toestel kry, of die Bybel App vir Kinders op ‘n ander foon gebruik, moes hulle van voor af begin. Nie meer nie.

Elkeen van jou kinders se vordering word nou gestoor en gesinkroniseer op al jou toestelle!

As ‘n ouer of voog, laat die nuutste opdatering van die Bybel App vir Kinders jou toe om saam met hulle in te teken met jou bestaande YouVersion rekening en kan jy ‘n unieke karakter skep vir elke kind. Om ‘n profiel by te voeg is vinnig en maklik. Jou kinders kan selfs hulle gunsteling karakter en kleur kies.

Kry die opgedateerde App

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Waar begin jy in die Bybel?

As jy soos die meeste mense is, het jy die Bybel Toep, want jy glo die Bybel is belangrik. En dit is! Die Bybel is God se geïnspireerde Woord, met die krag om positiewe verandering in jou lewe te bring. Maar die Bybel is soos ‘n hele biblioteek van boeke, met so baie om te verken.

Waar moet jy begin?


Begin hier.

Druk op die soektog knoppie (regs onder) in die toep. Daar sal jy verskillende maniere vind om die Bybel te ontdek:

Soek

Soek.

Tik enige iets wat jy wil soek in die soekblokkie en sien Bybelverse en nog meer.

Wat sê die Bybel oor…

Liefde
Genade
Mans
Vrouens

Tik enige sleutelwoord om Bybelverse en Leesplanne oor daardie onderwerp te sien.

Hoe voel jy?

😀  😠  😢  😨

Druk op ‘n ‘emoji’ om te ontdek wat God se Woord oor jou emosies sê.

Bybelstories.

Druk hier om ‘n lys van die “groot” verhale van die Bybel te sien, sodat jy hulle in hul oorspronklike konteks kan lees of na luister.

Versbeelde.

Kies enige versbeeld om die verwysing te sien, om dit te deel, om dit in konteks te lees, en selfs om leesplanne wat daardie vers bevat, te sien.

Begin Nou Verken

Het jy gehoor? Jesus LEEF!

Versbeeld vir Johannes 11:25

2 000 Jaar gelede het Jesus op aarde gewoon, dus het Hy geweet hoe dit was om soos ons te wees. Hy het ook geweet wat dit Hom sou kos om ons te red… nogtans het Hy gekies om dit te doen. Vandag vier ons Sy mag oor die dood. Ons kan leef, omdat Hy leef!

Kom ons vier Jesus se opstanding.

Versprei die vreugde van hierdie Goeie Nuus aan hulle wat dit moet hoor: Jesus leef!

Deel die Versbeeld


" 'n Blye Sondag" in Bybel App vir Kinders

Ervaar ” ‘n Blye Sondag” met Bybel App vir Kinders.

Vier Jesus se opstanding met raak-sensitiewe animasies en helderkleurige tekeninge. Die kinders in jou lewe sal baie daarvan hou om ” ‘n Blye Sondag”, die Paasverhaal, in Bybel App vir Kinders te ontdek. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Geheuespeletjie, Storie Plakkers en Inkleur aktiwiteite hulle help om te onthou wat hulle geleer het.

Laai die Bybel App af