Ken mense die ware jy?

'n Krans wat oor die see uitkyk

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 10:10

'n Krans wat oor die see uitkyk

Wat wil jy hê mense moet omtrent jou weet?

Dit kan so aanloklik wees om ons aanlyn-teenwoordigheid saam te stel om ander te beïndruk: lekker etes wat ons geniet, eksotiese plekke waar ons kuier, gewilde mense met wie ons tyd spandeer. Dit is goed om te deel. Maar Jesus het nie gesê dat Hy ons prestasies sou gebruik om mense na Homself te trek nie. Hy het gesê dat dit ons liefde sou wees (Johannes 13:35).

Begin hierdie jaar ‘n gewoonte daarvan maak om gereeld Sy transformerende liefde te deel.

Begin Klein…

Om ‘n Bybelvers of ‘n Versbeeld aan ‘n vriend te stuur, is maklik. Het jy ‘n daaglikse herinnering nodig? Teken in op Vers-van-die-dag. Jy kan selfs inhoud uit oordenkings deel: elke Bybel Leesplan het ‘n Deel knoppie in die hoek ( Deel ikoon ).

…Kweek Dan Jou Gewoonte.

Nadat jy ‘n paar keer gedeel het, stel jou ten doel om ten minste een Bybelvers of Bybel Leesplan elke dag vir ‘n week te deel. Dit sal nie lank duur voordat jou vriende vir jou begin vertel hoeveel hulle jou aanmoediging waardeer nie!

Deel die Versbeeld

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans