Stel kinders bekend aan die Paasverhaal

Pa en seun wat die Bybel App vir Kinders gebruik

Help kinders om die krag van Paasfees te ontdek!

Dis vir kinders moeilik om die ware rede vir Paasfees te verstaan. Maar die Bybel App vir Kinders kan help om dit maklik en prettig te maak.

Elke Paasverhaal, van “Die Laaste Ete” tot “‘n Blye Sondag”, sluit prettige aktiwiteite en inter-aktiewe beelde in wat kinders help om Jesus se dood en opstanding te verstaan.

Hierdie Heilige Week, die week wat tot die opstandingsondag lei, is die perfekte tyd om met jou kinders oor Paasfees te begin gesels.

Laai die Bybel App af

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Wat gaan jy die week voor Paasfees doen?

Sonsondergang oor 'n veld

In die week voor Jesus gesterf het, het Hy kwaliteit tyd saam met Sy vriende deurgebring. Hy het vir hulle gesê: “Totsiens. Ek is lief vir julle,” al het hulle nie geweet wat dit beteken het nie.

Ons aandag word maklik afgetrek en ons mis dit as Jesus sê: “Ek is lief vir jou.” Kom ons verander dit hierdie week. Spandeer elke dag hierdie week voor Paasfees, ‘n oomblik om te dink oor wat Jesus se opoffering vir jou beteken. Lees ‘n kort Paasfees Leesplan om jou (en jou gesin) te help om weer te fokus en julle gedagtes te rig tot die dinge daar bo, veral hierdie Heilige Week.

“…doen dit ter herinnering aan My.”

LUKAS 22:19

Kruis & Kroon
Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
Die verhaal van Paasfees.

Kyk Na Meer Leesplanne

Kry jou Paassfees Uitdaging Kenteken!

2019 Paasfees Uitdaging Kenteken

Maak dit jou moeg om na jou kalender te kyk? Voel jy oorweldig? Hier is iets om na uit te sien: Paassondag is oor twee weke.

Voltooi enige van hierdie Paasfees Leesplanne tussen nou en dan en jy sal die splinternuwe Paassfees Uitdaging Kenteken verdien. Nooi vriende uit en maak dit ‘n leesplan saam met vriende. Kom ons rig ons harte na die opgestane Christus:

… hou aan kyk na Jesus.… Hy het nie aandag gegee aan die skande van die kruis nie. Hy het daar gely, want Hy het vorentoe gekyk na die vreugde wat dit sou bring. Daarna het Hy aan die regterkant van God se troon gaan sit.… Dink dus aan Hom. Dan sal jy nie moeg word nie. Jy sal nie sonder hoop wees nie.

HEBREËRS 12:2-3

Kruis & Kroon
KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller
Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
Die verhaal van Paasfees.

Meer Paasfees Leesplanne

Herinner iemand dat sy bewonder word.

Jesus het hierdie woorde gesê van ‘n vrou wat Sy hart aangeraak het…

Versbeeld vir Matteus 26:10-13

Deel dit vandag… met iemand wat jou hart aangeraak het.

Jou vriend, wat altyd lyk asof hy die beste raad het…

Jou buurvrou, wat haar kinders goed grootmaak…

Daardie meisie saam met wie jy werk, wat jou altyd die waarheid sal vertel, al is dit moeilik…

Jou suster, wie jou beter ken as enigiemand – en jou nog steeds liefhet…

Jou ma, wat altyd ‘n deel van jou sal wees…

Jou dogter, wat jou inspireer om ‘n ouer te word wat haar waardig is…

Jou vrou, want jy kan nooit te veel sê: “Ek is lief vir jou” nie…

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

AflaaiLaai Prent Af

Waaraan dink jy gedurende die Vastydperk?

'n Vrou wat die Bybel op 'n selfoon lees

Werk. Skool. Verhoudings. Gesondheidsprobleme. Rekeninge. (Almal) Met so baie dinge wat in ons lewens aan die gang is, is dit maklik om afgelei te word van die dinge waaroor ons wil hê ons lewe eintlik moet gaan.

…rig jou hart op wat in die hemel is, waar Christus regeer, aan die regterhand van God. Dink na oor wat daar is, en nie wat hier op aarde is nie.

KOLOSSENSE 3:1-2


Dit klink goed!

Hoe…doen ek dit?

Tussen nou en Paassondag, kan jy elke dag ‘n paar minute in God se Woord (die Bybel) spandeer. Gedurende die dag kan jy kort-kort dink oor wat daardie woorde in jou lewe beteken. Wêreldwyd is hierdie tyd bekend as die Vastydperk. Miljoene mense sal Jesus saam met jou eerste plek in hulle harte gee.

Begin hier:

Lent Journey - Water In Die Woestyn
Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens Lydenstyd
In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur \Time of Grace\
Oordenkings vir Vastydperk uit die Bybel: Mosaïek
40 Dae van Lydingstyd

Kyk Na Meer Leesplanne