Hoe 10 Minute Dit Wat Jy Uit Die Bybel Leer, Kan Verander

'n Man wat in 'n stad bid

As jy noukeurig kyk na die perfekte wette wat jou vrymaak, en jy doen wat dit sê en vergeet nie wat jy gehoor het nie, sal God jou daarvoor seën.

Jakobus 1:25

Het jou dag al ooit sleg begin?

Jy kyk in die spieël, sien jou deurmekaar hare en probeer jou bes om dit so vinnig as moontlik reg te kry voor jy by die huis uit gaan. Maar wat daarvan as jy heeltemal vergeet hoe jy lyk as jy van die spieël af wegdraai, en nie jou hare reg maak nie? Wat daarvan as jy niks omtrent jou hare kan onthou nie? Is dit lank? Is dit kort? Krullerig? Reguit? Dit sal baie abnormaal wees, né?

En dis presies wat Jakobus sê met iemand gebeur wat na God se Woord luister en dit nie gehoorsaam nie. Dit is soos om na jouself in ‘n spieël te kyk en weg te draai…en heeltemal te vergeet wat jy gesien het.

Dieselfde kan met God se Woord gebeur. Ons lees (of luister na) die Bybel, en die Heilige Gees praat met ons, oortuig ons of bemoedig ons. Maar as ons niks doen met dit wat God aan ons openbaar het deur die Bybel nie, sal ons dit vergeet. Hoe dikwels beweeg ons nie aan na die volgende afspraak op ons program, sonder om eers na te dink oor wat God ons probeer wys nie?

Hoe kan ons dus begin om doelbewus oor God se Woord na te dink?

Dit neem net 10 minute. Nadat jy die Bybel gelees het, vat 5: Spandeer 5 minute in stilte en dink na oor wat jy nou net gelees (of gehoor) het. Vat dan nog 5: Spandeer die volgende 5 minute in gebed: dank God vir Sy Woord en vra Hom om jou te herinner aan wat Hy wil hê jy volgende moet doen. As jy nie seker is waar om te begin nie, bid dan so:

Hemelse Vader, dankie dat U met my praat deur U Woord. Gee my asb. die wysheid om te weet wat U wil hê ek moet doen en gee my die moed om dit te doen. Amen.

Lees Jakobus 1:22-27

Hierdie is die tweede deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die eerste een hier en die derde een hier.

Share this post:

Die Gebed Wat Die Manier Waarop Jy Die Bybel Lees, Kan Verander

Gebed

Die Woord van God is lewendig en kragtig. …

Hebreërs 4:12

God se Woord het wysheid vir wat jy nou ook al in die gesig staar. In der waarheid is die Woord van God lewendig, soos Hebreërs 4:12 sê. Die woorde in die Bybel, wat meer as 2 000 jaar gelede geskryf is, het nog steeds vandag iets diepgaande te sê oor ons alledaagse stryd.

As jy Christus volg, sê Romeine 8:11 dat jy toegang het tot die krag van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. Dieselfde Heilige Gees wat Paulus geïnspireer het om die briewe aan die gemeentes regoor die wêreld te skryf, wat ons nou inspireer. Dieselfde Heilige Gees wat met koning Dawid gepraat het toe hy sommige van die Psalms geskryf het.

Hoe wonderlik is dit nie? Wanneer jy die Bybel lees, kan die Heilige Gees met jou praat — net soos Hy met die skrywers van die Skrif gepraat het! As jy wysheid uit God se Woord nodig het, is die Heilige Gees daar om jou te lei. Wat is die beste beginpunt? Gebed.

Moenie toelaat dat die gedagte van gebed jou intimideer nie. Gebed beteken maar net dat ons met God praat en dan na Hom luister. Selfs Jesus het gebid. Ons weet dat Hy verwag dat ons ook bid, want Hy het dit verskeie kere gesê: “Wanneer julle bid…”

Die volgende keer wanneer jy die Bybel Toep oopmaak om God se Woord te lees (of daarna te luister), bid ‘n oomblik. As jy nie seker is hoe om te begin nie, begin so:

Hemelse Vader, dankie dat U vir my ‘n manier gee om met U te gesels. Wanneer ek vandag die Bybel lees, stuur asb. U Heilige Gees om my te ontmoet en met my te praat deur U Woord. Amen.

Begin met ‘n Leesplan oor Gebed

Dit is die eerste deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die tweede een hier en die derde een hier.

Share this post:

🎬 Sien Jesus deur die oë van sy vriend, Johannes.

Lumo - Die Evangelie van Johannes

Put vreugde uit Die Evangelie van Johannes… nou in Afrikaans!

Daar was ‘n man, gestuur deur God, met die naam Johannes. Hy het gekom met die doel om ‘n getuienis te lewer; om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo.

JOHANNES 1:6-7

Die Evangelie van Johannes laat jou Jesus se lewe sien deur die oorspronklike vertelling van een van sy beste vriende, sy dissipel Johannes. Aangebied deur YouVersion se vennoot Lumo Project, Die Evangelie van Johannes gebruik die volledige teks van dié Nuwe Testamentiese boek woord-vir-woord as vertelling en teks. En nou, vir die eerste keer ooit, kan jy uitgesoekte snitte van Die Evangelie van Johannes in die Bybel App en deur Bible.com in Afrikaans geniet!

Kyk Nou

Share this post: