Jou YouVersion Oorsig is gereed!

2019 Oorsig

Het jy al jou YouVersion Oorsig gesien? Dis die hele jaar in een beeld!

Wil jy in 2020 nader aan God kom? Die Bybel Toep het baie maniere om jou te help. (En nog meer in die komende jaar.) Hier is een van die beste maniere om te besluit wat om volgende te doen: kyk terug oor die pad wat jy hierdie jaar geloop het. Jou YouVersion Oorsig wys jou hoeveel Leesplanne jy voltooi het, Verse jy gekleurmerk het, Versbeelde wat jy geskep het, en nog meer. En dis baie maklik om dit met vriende te deel!

Jou YouVersion Oorsig

Het jy ‘n nuwe toestel gekry? Moet dít nie vergeet nie.

Toestelle

Wat is die beste toepassing vir nuwe toestelle?

Almal hou daarvan om ‘n splinternuwe toestel te kry tydens die vakansietyd. Dit help ons om in kontak te bly, ons belangstellings na te vors, foto’s en videos te neem en om betalings te doen. Terwyl jy al jou nodige toepassing installeer (en jou gesinslede help met hulle s’n), moenie die toepassings vergeet wat jou en jou gesin kan help om elke dag nader aan God te kom nie.

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel Toep laat jou toe om jou gunsteling Bybelweergawes te lees, of daarna te luister, om by wonderlike leraars te leer deur middel van Leesplanne, en jou reis met ander te deel.

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 50 tale beskikbaar!


Meisie met 'n foon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan deel uitmaak daarvan om ons te help om mense regoor die wêreld te help om elke dag kontak te maak met God. Vat hande met ons in hierdie wêreldwye beweging van God.

Skenk

‘n Adventgebed oor Liefde

Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die laaste in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

‘n Adventgebed oor Blydskap

Hierdie week se Advent tema is blydskap: die prysenswaardige versekering dat God in beheer is en alles vir ons ten goede laat meewerk tot sy eer.

Neem ‘n oomblik om na te dink oor God se goedheid en rig jou hart tot Jesus met hierdie gebed:

Hemelse Vader,
Dankie vir die blydskap wat in die wêreld gekom het toe Jesus gebore is.
Dankie dat U God met ons geword het.
Here, soms is dit moeilik om met blydskap te leef, veral in ‘n moeilike of besige tyd.
Reinig asseblief hierdie week ons harte en herinner ons daaraan dat U in beheer is.
Help ons om bly te wees as allerlei beproewings oor ons kom, want ons weet U is besig om iets moois en ewig te skep.
Vul ons siele met hernude krag, moed en hoop terwyl ons ons oë en harte op U rig.
Here, U is altyd waardig om geprys te word – en ons wil U aanbid!
Amen


Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die derde in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

‘n Adventgebed oor Vrede

Hemelse Vader, dankie dat U u Seun Jesus gestuur het, die Vredevors.
Dankie dat U vir ons sorg, en dankie dat U belowe om ons vrede te gee.
Hou asseblief die wag oor ons harte en gedagtes, met u vrede.
U weet van die dinge wat ons neerdruk, en bekommer, angstig en vreesagtig maak.
Here, help ons asseblief eerder om ons gedagtes op U te rig en op u Gees. Dankie dat U lewe en vrede aan ons belowe.
Ons kan onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want U laat ons veilig voel.


Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die tweede in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde