Op soek na antwoorde?

'n Man wat iets op sy foon soek

Ons leef in ‘n onsekere wêreld. God se Woord bied hoop vir ons siele, ongeag waarvoor ons te staan kom. As jy gewonder het wat die Bybel oor jou huidige situasie te sê het, probeer dan antwoorde in jou Bybeltoep soek.

Tik in die soekblokkie (Soekikoon) om voorstelle vir skrifgedeeltes, versbeelde, leesplanne en nog meer te kry.

Sodra jy die antwoorde gekry het, moedig jou gemeenskap aan deur die hoop wat jy gevind het op sosiale media te deel.

Vind Waarheid

Probeer om dit vir die Eerste Vyf Minute van Elke Dag te Doen

Vers-van-die-dag ikoon

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy soggens wakker word? Gryp jou selfoon en blaai deur Instagram? Gaan jou boodskappe en e-posse na? Lees die nuus?

Daardie eerste vyf minute kan die stemming vir die res van jou dag bepaal. Hoe laat jou keuses jou gedurende hierdie tyd voel? Gespanne? Angstig? Asof jy agter raak nog voor jy uit die bed opgestaan het?

Gestel jy nooi God uit om eerste in jou dag te praat? Môre, voordat jy iets anders doen:

1. Bid ‘n eenvoudige gebed.

Dalk so iets:

Hemelse Vader, voorsien asseblief vandag in my gesin se behoeftes. Maar gee asseblief vir my meer as kos, Here — praat asseblief met my deur u Woord. Help my om u stem te hoor. Amen.

2. Lees of luister na die Vers-van-die-dag en let op na enigiets wat jou tref.

Ons sal hierdie vers as voorbeeld gebruik:

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.

1 JOHANNES 4:7

Voorbeelde van notas wat jy kan maak:

– Wie is “mekaar”?

– Liefde kom van God af

– Ek moet “God ken” om waarlik lief te hê

3. Dink na oor hoe jy dit kan toepas wat God vir jou wys.

Hier is ‘n paar idees vir ons voorbeeldvers:

– Vandag moet ek ‘n vriend aanmoedig

– Kan ek by ‘n kerkgroep aansluit en by ander volgelinge van Jesus inskakel?

– Kan ek ‘n maaltyd vir iemand voorsien wat deur ‘n moeilike tyd gaan?

4. Bid weer ter afsluiting.

Vra God hierdie keer om jou te help met alles wat Hy vandag aan jou gewys het. Byvoorbeeld:

Vader, dankie vir u volmaakte liefde. Wys my asseblief hoe ek U beter kan leer ken. Help my om mense lief te hê soos U dit doen. Wys my asseblief wat U wil hê ek volgende moet doen. Dankie, Here. Amen.

Dis dit! Jy kan elke dag dieselfde tegniek gebruik—met enige Skrifgedeelte. Of, selfs nog beter, teken in op Vers-van-die-dag, sodat die Bybel Toep jou elke dag kan herinner om God en sy stem eerste te stel.

Teken in vir die Vers-van-die-dag

Hoe om die Bybel te begin lees: 3 Maklike Stappe.

Persoon wat iets op selfoon lees

1. Ontvang.

Berei jou hart voor om van God te hoor. Probeer ‘n eenvoudige gebed soos hierdie een…

Hemelse Vader, help my asseblief om hierdie Bybelvers te verstaan.

…en lees dan die Vers-van-die-dag. Ons gebruik vandag se vers as voorbeeld:

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

JOHANNES 15:2

2. Oordink dit.

Vra jouself wat hierdie vers vir jou probeer sê en dink diep na oor jou antwoord. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat jy uit vandag se vers kan kry:

Jesus verwag van my om my geloof met ander mense te deel.

Wanneer ek God se liefde uitleef, trek dit ander na Hom toe.

Ek moet dinge wat nie God se liefde weerspieël nie, uit my lewe verwyder.

Dikwels groei my vermoë om ander lief te hê, as ek deur uitdagings gaan.

3. Reageer.

Gebruik hierdie vers om ‘n gebed te bid. Dalk iets soos dit:

Here, gee my asseblief die moed en geleentheid om u liefde met ander mense te deel. Wys my asseblief die areas in my lewe wat nie vrug dra nie.

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. - Johannes 15:2 - Versbeeld

Deel die Vers-van-die-dag

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Ken mense die ware jy?

'n Krans wat oor die see uitkyk

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 10:10

'n Krans wat oor die see uitkyk

Wat wil jy hê mense moet omtrent jou weet?

Dit kan so aanloklik wees om ons aanlyn-teenwoordigheid saam te stel om ander te beïndruk: lekker etes wat ons geniet, eksotiese plekke waar ons kuier, gewilde mense met wie ons tyd spandeer. Dit is goed om te deel. Maar Jesus het nie gesê dat Hy ons prestasies sou gebruik om mense na Homself te trek nie. Hy het gesê dat dit ons liefde sou wees (Johannes 13:35).

Begin hierdie jaar ‘n gewoonte daarvan maak om gereeld Sy transformerende liefde te deel.

Begin Klein…

Om ‘n Bybelvers of ‘n Versbeeld aan ‘n vriend te stuur, is maklik. Het jy ‘n daaglikse herinnering nodig? Teken in op Vers-van-die-dag. Jy kan selfs inhoud uit oordenkings deel: elke Bybel Leesplan het ‘n Deel knoppie in die hoek ( Deel ikoon ).

…Kweek Dan Jou Gewoonte.

Nadat jy ‘n paar keer gedeel het, stel jou ten doel om ten minste een Bybelvers of Bybel Leesplan elke dag vir ‘n week te deel. Dit sal nie lank duur voordat jou vriende vir jou begin vertel hoeveel hulle jou aanmoediging waardeer nie!

Deel die Versbeeld

Neem 2020 na die volgende vlak:

Vriende

Die Lewe is Beter… Saam met Ander.

Vriende

Met wie praat jy as jy vrae oor jou geloof het? Waarnatoe gaan jy vir antwoorde?

Maak dit jou daaglikse gewoonte om die Skrif te bestudeer. Bou aan jou gemeenskap deur ‘n Leesplan saam met vriende te doen.

Begin met ‘n Leesplan deur op Saam met Vriende te druk, en nooi jou vriende uit. Ontsluit die waarhede in God se Woord wat jy dalk nie op jou eie sou raaksien nie, en kry die vaardighede om ander aan te moedig.

Kyk hoe God jou lewe en die van jou gemeenskap kan verander, deur saam die Skrif te bestudeer!

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson
Saligsprekinge
Versameling: Vind Saam Die Lewe
Beter Tesame
Psalms en Spreuke in 31 Dae
1 & 2 Timoteus
Handelinge

Begin ‘n Leesplan saam met Vriende