Hoe om die Bybel te begin lees: 3 Maklike Stappe.

Persoon wat iets op selfoon lees

1. Ontvang.

Berei jou hart voor om van God te hoor. Probeer ‘n eenvoudige gebed soos hierdie een…

Hemelse Vader, help my asseblief om hierdie Bybelvers te verstaan.

…en lees dan die Vers-van-die-dag. Ons gebruik vandag se vers as voorbeeld:

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

JOHANNES 15:2

2. Oordink dit.

Vra jouself wat hierdie vers vir jou probeer sê en dink diep na oor jou antwoord. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat jy uit vandag se vers kan kry:

Jesus verwag van my om my geloof met ander mense te deel.

Wanneer ek God se liefde uitleef, trek dit ander na Hom toe.

Ek moet dinge wat nie God se liefde weerspieël nie, uit my lewe verwyder.

Dikwels groei my vermoë om ander lief te hê, as ek deur uitdagings gaan.

3. Reageer.

Gebruik hierdie vers om ‘n gebed te bid. Dalk iets soos dit:

Here, gee my asseblief die moed en geleentheid om u liefde met ander mense te deel. Wys my asseblief die areas in my lewe wat nie vrug dra nie.

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. - Johannes 15:2 - Versbeeld

Deel die Vers-van-die-dag

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans