Dis Amper Hier: Die 21-Dae Uitdaging Begin Binnekort!

21-Dae Uitdaging

1 440… Dis hoeveel minute daar in ‘n dag is. Gemiddeld neem jy 35 000 besluite per dag – dis rofweg 24 besluite per minuut. Die keuses wat jy maak bepaal uiteindelik die koers van jou dag, jaar en selfs jou lewe.

Dit maak nie saak hoe 2020 tot dusver vir jou verloop het, jy kan die beste van jou tyd maak deur jou lewe te rig rondom dit wat die meeste saakmaak: intimiteit met God. Dis hoekom ons die 21-Dae Uitdaging ontwerp het: om jou te help om ‘n daaglikse gewoonte te kweek om met God kontak te maak deur sy Woord.

Die uitdaging begin op 1 Februarie en duur die hele maand, maar ons wil jou tyd gee om die Leesplanne te kies wat jy wil voltooi en om vriende uit te nooi om dit saam met jou te doen!

Vind Leesplanne


Amptelike Reëls

Die 21-Dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2020 en duur die hele maand.

Hier is drie dinge wat jy moet weet om die 21-Dae Uitdaging te kan voltooi en ‘n spesiale kenteken te verwerf:

  1. Begin op 1 Februarie met ‘n Leesplan. As jy ‘n bietjie later eers begin is dit ook reg! Hou net aan en moenie ‘n dag mis nie.
  2. Kies ‘n Leesplan van enige aantal dae (lees of luister), al is dit langer of korter as 21 dae.
  3. Om die 2020 21-Dae Uitdaging Kenteken te verwerf, moet jy ten minste een Leesplandag per dag, vir 21 aaneenlopende dae in Februarie voltooi.

Elke keer as jy ‘n dag voltooi, moet jy seker maak dat al die afdelings van daardie dag as voltooid gemerk is:

Maak seker dat alles afgemerk is

As jy al 21 dae voltooi (sonder om dae te mis), sal jy ons unieke 21-Dae Uitdaging Kenteken van 2020 in jou Bybel Toep profiel verwerf:

21-Dae Uitdaging Kenteken


Jou volgende stappe:

As dit jou eerste Bybeluitdaging is, stel ons voor dat jy met ‘n kort Leesplan (klank of lees) begin en een Leesplan na die ander voltooi. Doen een dag op ‘n slag, en soos jou gewoonte begin vestig, kan jy langer Leesplanne doen.

Druk op die knoppie hier onder om Leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.

Ons stel voor dat jy die uitdaging saam met vriende doen! Druk op Begin Leesplan, kies dan Saam Met Vriende, stel die begindatum vir 1 Februarie en nooi dan ‘n vriend (of 2 of 10) uit. (Dit sal jou vriende solank voorberei op wat kom.)

Is jy gereed? Kom ons doen dit!

Kies Jou Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans