Wat beteken dit om God te aanbid?

'n Vrou wat aanbid

Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

1 PETRUS 2:9 (klem bygevoeg)

Aanbidding – om eer aan God te bewys deur oorvloedige respek, eerbewys en toewyding.

Waarvoor is jy dankbaar? Wanneer dit goed gaan is ons geneig om die basiese dinge as vanselfsprekend te aanvaar, soos om genoeg kos te hê, ‘n veilige plek te hê om te slaap, gesond te wees en mense te hê wat vir ons lief is, ens. Navorsing bewys egter dat wanneer ons doelbewus ons “seëninge tel”, ons lewe nog beter is.1

Dalk beoefen jy alreeds dankbaarheid. Besin jy ook oor waar al die goeie dinge vandaan kom? Die apostel Paulus herinner sy vriend, Timoteus, daaraan “dat God alles ryklik aan ons gee om te geniet.” (1 Timoteus 6:17) Hoe kan ons op hierdie waarheid reageer?

Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning.

PSALMS 29:2

Dink hieroor: God het Sy eie heelal gemaak. Hy het een van sy planete geskep met ‘n atmosfeer wat lewe kon onderhou, waar hy mense geplaas het… en hulle alles gegee wat hulle ooit sou nodig hê. En dan, ten spyte van al ons gebreke en mislukkings (eintlik as gevolg van hulle), het hy ons genooi om by sy familie aan te sluit en het Hy ons as Sy dogters en seuns aangeneem. Dit is ‘n goeie rede om Hom te vier!

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!… As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?… U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp.

PSALMS 8: 2-7

Hier is drie praktiese maniere waarop ons God kan aanbid:

Sing Lofliedere

Jakobus sê, as alles goed gaan, moet ons God prys. Ken jy nie liedere wat jy kan sing nie? Dis geen probleem nie: jy kan derduisende liedere vind wat jou sal help om eer aan God te bring. Wat jou musieksmaak ook al is; daar sal wel kunstenaars wees wat aanbiddingsliedere in daardie styl geskep het.

Uitdaging: Soek vir “aanbidding”, “prys” en “Christelike musiek” op enige internet platform wat jy gebruik. Dit is die moeite werd om te soek en te verken.

Dank Hom in Gebed

Toe Jesus Sy dissipels leer bid het, het hy vir hulle gesê om so te begin: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word.” Dis nie verkeerd om God vir “dinge” te vra nie, maar hegte verhoudings sluit gee en ontvang in. Wat het ons egter wat ons God kan bied? Ons eer, respek en dankbaarheid.

Uitdaging: Nader God in gebed, ten minste een keer op ‘n dag, vir die volgende week, en dank Hom vir iets wat Hy vir jou gedoen het, sonder om Hom iets te vra.

Deel Jou Storie

Die skrywer van Hebreërs moedig ons aan om God te eer deur “lof aan Hom te bring en Sy naam te bely.” God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. Is dit nie wonderlik om te weet dat God jou vir ‘n spesifieke doel in Sy koninkryk gekies het nie? Versprei jy gedurig die woord van God se goedheid?

Uitdaging: Kyk hierdie week uit vir geleenthede om met vriende te praat oor die dinge wat God besig is om in jou lewe te doen.

Hierdie is ‘n paar voorstelle om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog maniere om God te aanbid, in een van die Leesplanne hier onder.

Kyk na die Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde. Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.

PSALM 100: 1-5


Notas

1 Tel Seëninge Versus Laste: ‘n Eksperimentele Ondersoek oor Dankbaarheid en Subjektiewe Welstand in die Daaglikse Lewe.

Hoe Lei Ek My Kinders Geestelik?

Pa en dogter wat inkleur

Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

DEUTERONOMIUM 11:19

Dit kan moeilik wees om jou geloof aan jou kinders te verduidelik op maniere wat hulle kan verstaan. Gelukkig hoef jy nie alles te weet of alles te verstaan nie. Trouens, as jy jou geloof met jou kinders deel, gee jy hulle iets meer waardevol as net inligting: jou tyd en aandag.


Ervaar Saam die Groot Stories van die Bybel.

Jy kan eenvoudig net die Bybel App vir Kinders op jou selfoon oopmaak en dit vir jou kind gee, (miskien sodat jy ‘n paar takies gedoen kan kry). Maar oorweeg die volgende: Sit met jou kind op jou skoot en vra hulle om vir jou ‘n storie te wys. Laat jou kind jou wys hoe die program werk. (Vra baie vrae!) Om die program saam te deel, skep natuurlike geleenthede vir julle om te praat… en jy sal leer wat in jou kind se gedagtes aan die gang is.

Laai die Bybel Toep af


Vind Jou Mense.

Jy kan jou kinders julle gesin se waardes leer (en jy behoort dit te doen), maar hulle sal dit beter leer as hulle sien dat jy dit elke dag uitleef. Dis ‘n goeie idee om jou gesin in kontak te bring met ander gesinne wat dieselfde waardes het. As jy nog nie ‘n geestelike huis gevind het nie, kan jy een naby jou opspoor by die Gebeurtenis funksie in die Bybel Toep.

Soek Gebeurtenisse


Jy Lei Alreeds Jou Gesin Op Geestelike Gebied

Alles wat ons hier genoem het, is net voorstelle. Ons hoop dit sal meer idees by jou laat opkom van hoe jy in jou gesin kan belê. Of jy nou een van hulle probeer, of nie, onthou net: jy is alreeds besig om jou gesin te lei. Wat jy ook al elke dag doen, jou kinders leer daaruit dat dit die dinge is waaraan jy waarde heg. Kies doelbewus die rigting waarin jou gesin moet gaan…en doen dit saam.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Hoe Moedig Ek My Gesin Aan Om God Se Woord Te Lees?

Ma wat haar dogter vashou

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek…

2 TIMOTEUS 3:16

Ons ken almal iemand wat sukkel om God se Woord te lees. Dalk ervaar hulle pyn of verlies. Dalk is hulle in iets betrokke wat hulle nie behoort te doen nie. Dalk sien hulle net nie in hoe die Bybel vir hulle toepaslik kan wees nie.

Hoe kan ons, as volgelinge van Christus, geliefdes help om die veranderende Woord van God self te ervaar? Dit kan ‘n tannie, oom, ouer, kind of vriend wees wat jy as deel van jou gesin sien.

Hier is drie maniere waarop jy jou gesin kan help om God se Woord te begin lees:


Wees ‘n Voorbeeld.

God se Woord moedig ons aan om ‘n voorbeeld te stel met wat ons sê, hoe ons optree en hoe ons mense lief het. Hoekom? Want hoe ons kies om op te tree of te reageer, het ‘n blywende impak.

Hoe kan jy ‘n voorbeeld stel? Besluit op ‘n tyd wanneer julle elke dag die Bybel saam kan bestudeer. (Julle kan selfs die Bybel Toep se Vers-van-die-dag saam memoriseer.) Praat oor die Skrif wanneer julle ook al bymekaar is: tydens ontbyt, op pad skool of werk toe en saans. Jou interaksie met God se Woord, sal die manier waarop jou gesin God se Woord sien, beïnvloed.


Verpersoonlik God se Woord.

Jy kan nie jou gesin forseer om lief te wees vir die Bybel nie, maar jy kan hulle help om die waarde wat dit tot hulle lewens kan toevoeg, te ontdek.

Oorweeg dit om ‘n Versbeeld van die Bybel Toep met iemand te deel wat bemoediging of wysheid nodig het. As jy kinders het, laai die Bybel App vir Kinders af en voltooi saam ‘n storie. Probeer om uit ‘n Bybelweergawe te lees wat jou gesin saam kan geniet. Wanneer jy jou gesin help om te sien hoe hulle God se Woord in hulle lewens kan toepas, sal hulle waarskynlik meer geneë wees om vir hulle eie geestelike groei verantwoordelikheid te neem.


Moenie Ophou Daarmee Nie.

As groei nie dadelik plaasvind nie, is ‘n mens geneig om mismoedig te raak. Herinner jouself daaraan hoekom jy dit doen: dis jou mense en jy is lief vir hulle. Jy weet self hoeveel beter jou lewe is met God se Woord en jy wil dit vir hulle ook hê.

Hou aan – volhard. Wanneer jou gesin sien dat jou toegewydheid aan die Skrif ‘n belangrike deel van jou lewe is en nie net ‘n fase waardeur jy gaan nie, sal dit ‘n groter impak op hulle hê as iets wat jy sê.

Wanneer jy egter mismoedig begin voel, oorweeg dit om ‘n Gesinsplan te begin om jou daaglikse Bybellees roetine aan die gang te hou. Omring jouself met vriende wat jou sal aanmoedig om jou gesin geestelik te lei.

Alles hang noodwendig nie van jou af nie. God se Woord het die vermoë om lewens te verander, maar ons kan ook deel wees daarvan. Jy is nie jou gesin se Verlosser nie – maar jy kan hulle Geestelike groei aanwakker.

Begin saam God se Woord te lees in die Bybel Toep en Bybel App vir Kinders en laat weet ons watter een het jou gesin gehelp om geestelik te groei.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Hoe Kan Ek “Lewe Spreek” Oor My Gesin?

'n Gesin wat saam op 'n bed sit

Woorde maak dood, woorde gee lewe; hulle is óf gif óf vrugte – jy kan kies.

SPREUKE 18:21

Het iemand al ooit iets vir jou gesê wat jou seer gemaak het? Is dit nie verbasend hoe jy nog steeds vandag die steek van daardie woorde kan voel nie? Wat van mooi woorde? Het iemand al ooit iets bemoedigends vir jou gesê – dalk ‘n vriend of onderwyser – wat jou nog steeds laat glimlag as jy nou daaraan dink? Hoe wil jy hê moet die mense vir wie jy lief is, jou woorde onthou?

Jy het mag om lewe te spreek.

Wat moet jy egter sê? Hier is ‘n paar dinge wat jy kan probeer:


Bid Die Vers-van-die-dag Oor Jou Geliefdes.

Is jy onseker oor wat om te bid? Teken in vir Vers-van-die-dag. Elke dag wanneer jy dit kry, bid deur die vers en voeg die naam van die persoon vir wie jy bid daar in. Byvoorbeeld:

En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

KOLOSSENSE 3:17

Bid:

Hemelse Vader, wat _____ ook al sê of doen, raak asseblief _____ se hart aan dat _____ dit in die naam van die Here Jesus kan doen en vir U dankie sê daarvoor. Amen.

En hierdie vers:

“… want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

ROMEINE 10:13

Jy kan dalk sò bid:

Hemelse Vader, help _____ om U naam aan te roep en gered te word.

Kry die Vers-van-die-dag


Kies Saam ‘n Vers Oor Die Gesin.

As jy ‘n vriend sou vra: “Wat is die een woord wat my gesin verwoord, wat sou hulle sê?” Liefde? Vreugde? Vrede? Geduld? Praat met jou gesin daaroor en besluit watter karaktertrekke julle gesin bekend voor wil wees. Gaan dan na die Bybel Toep en soek die woord in een van die kategorieë by “Wat sê die Bybel oor…” (Of tik net die karaktertrek in die Soekblokkie.)

Vind saam ‘n vers oor die gesin wat die waardes reflekteer wat julle wil uitleef. Gebruik ‘n gesinsfoto as agtergrond en maak dit ‘n Gesinsversbeeld. Stoor dit op jou toestel as ‘n agtergrond. Of druk dit uit, raam dit en plaas dit op ‘n ooglopende plek in jou huis. Deur jou gesinsversbeeld uit te stal, sal elkeen in jou gesin dit makliker kan memoriseer – en onthou waaroor julle wil hê jul gesin regtig moet gaan.

Julle kan nie die omstandighede beheer waardeur julle gesin sal gaan nie. Julle kan egter besluit hoe julle daarop gaan reageer. En wanneer julle kies…

Kies om Lewe te Spreek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Waar begin jy in die Bybel?

As jy soos die meeste mense is, het jy die Bybel Toep, want jy glo die Bybel is belangrik. En dit is! Die Bybel is God se geïnspireerde Woord, met die krag om positiewe verandering in jou lewe te bring. Maar die Bybel is soos ‘n hele biblioteek van boeke, met so baie om te verken.

Waar moet jy begin?


Begin hier.

Druk op die soektog knoppie (regs onder) in die toep. Daar sal jy verskillende maniere vind om die Bybel te ontdek:

Soek

Soek.

Tik enige iets wat jy wil soek in die soekblokkie en sien Bybelverse en nog meer.

Wat sê die Bybel oor…

Liefde
Genade
Mans
Vrouens

Tik enige sleutelwoord om Bybelverse en Leesplanne oor daardie onderwerp te sien.

Hoe voel jy?

😀  😠  😢  😨

Druk op ‘n ‘emoji’ om te ontdek wat God se Woord oor jou emosies sê.

Bybelstories.

Druk hier om ‘n lys van die “groot” verhale van die Bybel te sien, sodat jy hulle in hul oorspronklike konteks kan lees of na luister.

Versbeelde.

Kies enige versbeeld om die verwysing te sien, om dit te deel, om dit in konteks te lees, en selfs om leesplanne wat daardie vers bevat, te sien.

Begin Nou Verken