Hoe Moedig Ek My Gesin Aan Om God Se Woord Te Lees?

Ma wat haar dogter vashou

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek…

2 TIMOTEUS 3:16

Ons ken almal iemand wat sukkel om God se Woord te lees. Dalk ervaar hulle pyn of verlies. Dalk is hulle in iets betrokke wat hulle nie behoort te doen nie. Dalk sien hulle net nie in hoe die Bybel vir hulle toepaslik kan wees nie.

Hoe kan ons, as volgelinge van Christus, geliefdes help om die veranderende Woord van God self te ervaar? Dit kan ‘n tannie, oom, ouer, kind of vriend wees wat jy as deel van jou gesin sien.

Hier is drie maniere waarop jy jou gesin kan help om God se Woord te begin lees:


Wees ‘n Voorbeeld.

God se Woord moedig ons aan om ‘n voorbeeld te stel met wat ons sê, hoe ons optree en hoe ons mense lief het. Hoekom? Want hoe ons kies om op te tree of te reageer, het ‘n blywende impak.

Hoe kan jy ‘n voorbeeld stel? Besluit op ‘n tyd wanneer julle elke dag die Bybel saam kan bestudeer. (Julle kan selfs die Bybel Toep se Vers-van-die-dag saam memoriseer.) Praat oor die Skrif wanneer julle ook al bymekaar is: tydens ontbyt, op pad skool of werk toe en saans. Jou interaksie met God se Woord, sal die manier waarop jou gesin God se Woord sien, beïnvloed.


Verpersoonlik God se Woord.

Jy kan nie jou gesin forseer om lief te wees vir die Bybel nie, maar jy kan hulle help om die waarde wat dit tot hulle lewens kan toevoeg, te ontdek.

Oorweeg dit om ‘n Versbeeld van die Bybel Toep met iemand te deel wat bemoediging of wysheid nodig het. As jy kinders het, laai die Bybel App vir Kinders af en voltooi saam ‘n storie. Probeer om uit ‘n Bybelweergawe te lees wat jou gesin saam kan geniet. Wanneer jy jou gesin help om te sien hoe hulle God se Woord in hulle lewens kan toepas, sal hulle waarskynlik meer geneë wees om vir hulle eie geestelike groei verantwoordelikheid te neem.


Moenie Ophou Daarmee Nie.

As groei nie dadelik plaasvind nie, is ‘n mens geneig om mismoedig te raak. Herinner jouself daaraan hoekom jy dit doen: dis jou mense en jy is lief vir hulle. Jy weet self hoeveel beter jou lewe is met God se Woord en jy wil dit vir hulle ook hê.

Hou aan – volhard. Wanneer jou gesin sien dat jou toegewydheid aan die Skrif ‘n belangrike deel van jou lewe is en nie net ‘n fase waardeur jy gaan nie, sal dit ‘n groter impak op hulle hê as iets wat jy sê.

Wanneer jy egter mismoedig begin voel, oorweeg dit om ‘n Gesinsplan te begin om jou daaglikse Bybellees roetine aan die gang te hou. Omring jouself met vriende wat jou sal aanmoedig om jou gesin geestelik te lei.

Alles hang noodwendig nie van jou af nie. God se Woord het die vermoë om lewens te verander, maar ons kan ook deel wees daarvan. Jy is nie jou gesin se Verlosser nie – maar jy kan hulle Geestelike groei aanwakker.

Begin saam God se Woord te lees in die Bybel Toep en Bybel App vir Kinders en laat weet ons watter een het jou gesin gehelp om geestelik te groei.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans