Hoe Kan Ek “Lewe Spreek” Oor My Gesin?

'n Gesin wat saam op 'n bed sit

Woorde maak dood, woorde gee lewe; hulle is óf gif óf vrugte – jy kan kies.

SPREUKE 18:21

Het iemand al ooit iets vir jou gesê wat jou seer gemaak het? Is dit nie verbasend hoe jy nog steeds vandag die steek van daardie woorde kan voel nie? Wat van mooi woorde? Het iemand al ooit iets bemoedigends vir jou gesê – dalk ‘n vriend of onderwyser – wat jou nog steeds laat glimlag as jy nou daaraan dink? Hoe wil jy hê moet die mense vir wie jy lief is, jou woorde onthou?

Jy het mag om lewe te spreek.

Wat moet jy egter sê? Hier is ‘n paar dinge wat jy kan probeer:


Bid Die Vers-van-die-dag Oor Jou Geliefdes.

Is jy onseker oor wat om te bid? Teken in vir Vers-van-die-dag. Elke dag wanneer jy dit kry, bid deur die vers en voeg die naam van die persoon vir wie jy bid daar in. Byvoorbeeld:

En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

KOLOSSENSE 3:17

Bid:

Hemelse Vader, wat _____ ook al sê of doen, raak asseblief _____ se hart aan dat _____ dit in die naam van die Here Jesus kan doen en vir U dankie sê daarvoor. Amen.

En hierdie vers:

“… want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

ROMEINE 10:13

Jy kan dalk sò bid:

Hemelse Vader, help _____ om U naam aan te roep en gered te word.

Kry die Vers-van-die-dag


Kies Saam ‘n Vers Oor Die Gesin.

As jy ‘n vriend sou vra: “Wat is die een woord wat my gesin verwoord, wat sou hulle sê?” Liefde? Vreugde? Vrede? Geduld? Praat met jou gesin daaroor en besluit watter karaktertrekke julle gesin bekend voor wil wees. Gaan dan na die Bybel Toep en soek die woord in een van die kategorieë by “Wat sê die Bybel oor…” (Of tik net die karaktertrek in die Soekblokkie.)

Vind saam ‘n vers oor die gesin wat die waardes reflekteer wat julle wil uitleef. Gebruik ‘n gesinsfoto as agtergrond en maak dit ‘n Gesinsversbeeld. Stoor dit op jou toestel as ‘n agtergrond. Of druk dit uit, raam dit en plaas dit op ‘n ooglopende plek in jou huis. Deur jou gesinsversbeeld uit te stal, sal elkeen in jou gesin dit makliker kan memoriseer – en onthou waaroor julle wil hê jul gesin regtig moet gaan.

Julle kan nie die omstandighede beheer waardeur julle gesin sal gaan nie. Julle kan egter besluit hoe julle daarop gaan reageer. En wanneer julle kies…

Kies om Lewe te Spreek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans