Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

Psalm 121 - I will life up my eyes to the hills

1  
Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

2  
My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

3  
Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

4  
Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.

5  
Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.

6  
Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7  
Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.

8  
Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.

Psalm 121 in Afrikaans

Psalm 121 in English

Ontsluit splinternuwe Kentekens!

Kentekens

“Ek wil nader aan God kom, maar…”

Sommige dae voel ‘n mens net totaal en al oorweldig deur alles en almal wat aanspraak maak op jou aandag. Deur egter tyd in God se Woord te spandeer en Hom daarin te soek, kan jy positiewe verandering in jou lewe bring. Hoe kan jy daardie daaglikse roetine vestig? Deur klein doenbare doelwitte te stel… en dit dan dag-vir-dag te bereik.

Aankondiging
Splinternuwe Kentekens

Het ‘n spesifieke Bybelvers jou aangeraak? Kleurmerk dit om die Kleurmerk Kenteken te ontsluit. Hou aan om kleurmerke te maak, sodat jy die verskillende vlakke kan voltooi en mylpale bereik. Probeer dieselfde doen met Boekmerke, en ontsluit Boekmerk Kentekens op verskillende vlakke!

Kentekens

Motiveer jouself.

Voltooi een van ons jaarlikse uitdagings (bv. Kersfees Uitdaging) en kry ‘n Kenteken. Skryf in vir ‘n Bybel Leesplan om die Leesplan Inskrywing Kenteken te ontsluit. Voltooi daardie Leesplan om die Leesplan Voltooiing Kenteken te ontsluit. Hou aan met hierdie proses van begin en voltooi, om elke keer ‘n vlak aan te skuif.

Kentekens in jou Profiel

Bou momentum op.

Jou tuisvoer wys jou vordering met Kentekens. Gaan na jou profiel om al die Kentekens te sien wat jy sover ontsluit het… en watter nog beskikbaar is. As jy jouself aangemoedig het met die minder geringe Kentekens, gaan jy heel moontlik lus voel om die Hele Bybel Kenteken te verwerf.

Kentekens in Gemeenskap Tuisvoer

Inspireer ook ander mense.

Jou vriende sal jou Kentekens in hulle tuisvoer kan sien, of jy kan jou reis deel, deur hulle op sosiale media of per boodskap te nooi om by jou aan te sluit. Wanneer jy jou vriende se vordering met Kentekens in jou tuisvoer sien, kan jy daarop kommentaar lewer of daarvan hou.

Kom, laat ons begin:

Dateer Nou Op

Moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie

Moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie

25  
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

26  
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27  
Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?

28  
En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.

29  
Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.

30  
As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

31  
“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.

32  
Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

33  
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

34  
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Matthew 6 in Afrikaans

Matthew 6 in English

Wie sal vir jou bid?


Wie ken jy wat jou sal bemoedig?

Vriende op 'n staptog

“Ek het deur die Psalms gelees op my selfoon. Ek het my man gevra of hy sou omgee as ek een hoofstuk hardop lees in verskillende vertalings. Sedert daardie dag lees ons elke aand ‘n hoofstuk of twee voordat ons die lig afsit. Dit het die dinamika van ons huwelik totaal en al verander.”

Debbie L.

Wie ken jy wat jou sal liefhê?

Vriende op die strand met sonsondergang

Wie ken jy wat jou sal inspireer?

Vriende wat in die veld stap

“Ek het beter toegang tot God se Gedagtes, deur die perspektiewe van my vriende. Ek het ook met baie vriende regoor die wêreld kontak gemaak, en ons deel gedagtes en bemoedig mekaar. Dis wonderlik!”

Eme I.

Wie ken jy wat jou sal uitdaag?

Vriende bo-op 'n berg

Wie ken jy wat vir jou sal bid?

Vriende wat vir iemand bid

Die Bybel is vol stories oor mense wat feesvier in die goeie tye…en wat mekaar help in moeilike tye. Jy het verhoudings met beste vriende nodig, wie jy kan vertrou. En hulle het jou nodig.

Nooi vriende uit om ook die Bybel Toep te gebruik.

Soek Vriende


3 Maniere om Rus te Vind in ‘n Wêreld wat nie Ophou Werk nie

Iemand op 'n roeibootjie teen sonsondergang

Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

GENESIS 2:3

Rus – om te ontspan, asem te skep, diep asem te haal en rustig te wees.

Wanneer laas het jy rustig geraak, weggebreek en ontspan? Rus is ‘n geskenk wat ons al te dikwels eenkant skuif.

Om besig te bly gee ons die gevoel dat ons iets bereik, maar dit kan misleidend wees. Sonder realistiese grense kan besigbly ‘n dwelm wees wat ons verdoof van ons behoefte om naby God te kom: Hy wat die Gewer van elke goeie gawe en volmaakte geskenk is.

Wie die Here dien, se lewe is veilig; so ‘n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

SPREUKE 19:23

Om sonder rus te lewe is nie volhoubaar nie. Rus verfris ons, en gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en ander mense lief te hê. Dis ‘n geestelike dissipline om rus te beoefen, en dit help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite reg te kry.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

PSALMS 23:2-3a

Hier is 3 maniere waarop jy rus in jou dag kan inpas:

Dink Waaroor Jy Dink

In Romeine 12 moedig Paulus ons aan om ons denke te vernuwe. Om bedag te wees oor waaroor ons dink, kan ons help om ons harte en gedagtes in lyn te bring met wat God besig is om te doen. Waar is jy die beste gefokus? Op jou rusbank met ‘n beker koffie of tee? Tydens ‘n drafsessie of as jy na aanbiddingsmusiek luister? Doen iets wat jou na aan God laat voel, en fokus jou gedagtes op Hom, op daardie plek, voor jy jou dag aanpak.

Uitdaging: Neem elke dag 5-10 minute om elke bekommernis en verantwoordelikheid te visualiseer, en gee dan elkeen in gebed oor aan Jesus. (Skryf dit neer, as dit jou beter gaan help.)

Oordink ‘n skrifgedeelte wat jy gelees het

Alle Skrif word deur God geïnspireer. Wanneer jy God se Woord lees, of daarna luister, en dan nadink oor wat dit beteken, leer jy om God se stem te herken. As jy doelbewus tyd wil maak om die Bybel te lees, moet dit jou prioriteit wees om jou gedagtes net om Jesus te fokus.

Uitdaging: Gebruik 30 minute per dag om God se Woord te lees of daarna te luister. Tydens daardie periode moet jy jou TV, selfoon en rekenaar afsit. Pak ‘n Leesplan aan, neem notas en skryf jou gedagtes neer. Laat toe dat God met jou praat.

Omring jou met mense

Alleentyd met God beteken nie noodwendig dat jy jou van ander mense moet onttrek nie, inteendeel, soms moet jy tyd maak vir mense. Tydens jou rusperiodes is dit ‘n goeie tyd om die lewe saam met jou hartsmense te geniet. Ons is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.

Uitdaging: Spandeer doelbewus ‘n uur of twee per week met mense vir wie jy lief is. Moenie ‘n afspraak maak nie. Daag net op en geniet mekaar se geselskap. Skryf na die tyd alles neer wat God aan jou geopenbaar het terwyl julle bymekaar was.

Dis maar net ‘n paar wenke om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog ander maniere om rus te vind, deur een van die Leesplanne hier onder te lees.

Doen Leesplanne oor Rus

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos