3 Maniere om Rus te Vind in ‘n Wêreld wat nie Ophou Werk nie

Iemand op 'n roeibootjie teen sonsondergang

Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

GENESIS 2:3

Rus – om te ontspan, asem te skep, diep asem te haal en rustig te wees.

Wanneer laas het jy rustig geraak, weggebreek en ontspan? Rus is ‘n geskenk wat ons al te dikwels eenkant skuif.

Om besig te bly gee ons die gevoel dat ons iets bereik, maar dit kan misleidend wees. Sonder realistiese grense kan besigbly ‘n dwelm wees wat ons verdoof van ons behoefte om naby God te kom: Hy wat die Gewer van elke goeie gawe en volmaakte geskenk is.

Wie die Here dien, se lewe is veilig; so ‘n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

SPREUKE 19:23

Om sonder rus te lewe is nie volhoubaar nie. Rus verfris ons, en gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en ander mense lief te hê. Dis ‘n geestelike dissipline om rus te beoefen, en dit help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite reg te kry.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

PSALMS 23:2-3a

Hier is 3 maniere waarop jy rus in jou dag kan inpas:

Dink Waaroor Jy Dink

In Romeine 12 moedig Paulus ons aan om ons denke te vernuwe. Om bedag te wees oor waaroor ons dink, kan ons help om ons harte en gedagtes in lyn te bring met wat God besig is om te doen. Waar is jy die beste gefokus? Op jou rusbank met ‘n beker koffie of tee? Tydens ‘n drafsessie of as jy na aanbiddingsmusiek luister? Doen iets wat jou na aan God laat voel, en fokus jou gedagtes op Hom, op daardie plek, voor jy jou dag aanpak.

Uitdaging: Neem elke dag 5-10 minute om elke bekommernis en verantwoordelikheid te visualiseer, en gee dan elkeen in gebed oor aan Jesus. (Skryf dit neer, as dit jou beter gaan help.)

Oordink ‘n skrifgedeelte wat jy gelees het

Alle Skrif word deur God geïnspireer. Wanneer jy God se Woord lees, of daarna luister, en dan nadink oor wat dit beteken, leer jy om God se stem te herken. As jy doelbewus tyd wil maak om die Bybel te lees, moet dit jou prioriteit wees om jou gedagtes net om Jesus te fokus.

Uitdaging: Gebruik 30 minute per dag om God se Woord te lees of daarna te luister. Tydens daardie periode moet jy jou TV, selfoon en rekenaar afsit. Pak ‘n Leesplan aan, neem notas en skryf jou gedagtes neer. Laat toe dat God met jou praat.

Omring jou met mense

Alleentyd met God beteken nie noodwendig dat jy jou van ander mense moet onttrek nie, inteendeel, soms moet jy tyd maak vir mense. Tydens jou rusperiodes is dit ‘n goeie tyd om die lewe saam met jou hartsmense te geniet. Ons is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.

Uitdaging: Spandeer doelbewus ‘n uur of twee per week met mense vir wie jy lief is. Moenie ‘n afspraak maak nie. Daag net op en geniet mekaar se geselskap. Skryf na die tyd alles neer wat God aan jou geopenbaar het terwyl julle bymekaar was.

Dis maar net ‘n paar wenke om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog ander maniere om rus te vind, deur een van die Leesplanne hier onder te lees.

Doen Leesplanne oor Rus

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans