Laat die uitdaging begin!

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging - Vrou wat 'n leesplan op tablet lees

Een klein keuse kan jou jaar verander.

Maak nie saak hoe jou jaar tot dusver gelyk het nie, God is altyd hier vir jou. Hy verlang na jou om naby Hom te kom.

God is lief vir jou… en ons ook.

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen: om jou te help om op ‘n persoonlike vlak nader aan God te kom en Sy planne vir jou lewe te ontdek. Daar is nog 6 maande oor van 2019 – wat sou gebeur as jy ‘n daaglikse gewoonte vestig om tyd saam met God te spandeer?

Kom ons begin die Half-Jaarlikse Uitdaging en vind uit.

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Tussen 24, Julie en 2019 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Begin die Uitdaging


Half-Jaarlikse Uitdaging Amptelike Reëls


Binnekort Beskikbaar op ‘n Bybel Toep Naby Jou…

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging

Hoe kom ‘n mens nader aan iemand? Jy spandeer tyd saam. Jy praat met mekaar. Jy leer ken mekaar. Dis ook hoe ons nader aan God kan kom: deur tyd in Sy Woord te spandeer, om na Hom te luister en met Hom te praat in gebed. Dalk doen jy dit alreeds, of dalk probeer jy om meer aandag te gee aan hierdie deel van jou lewe.

Het jy geweet dat mense op hierdie tydstip van die jaar begin om daagliks minder tyd saam met God te spandeer?

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen.

Beweeg nader aan God en lees gereeld jou Bybel, terwyl jy Leesplanne voltooi waarvan jy baie hou.

Vind Leesplanne


Hoe om te Begin:

Tussen 8 Julie en 24 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Kies ‘n Leesplan van enige lengte of gaan aan met een waarmee jy besig is. As jou Leesplan voor sewe dae klaar is, begin net weer ‘n ander een daarna. Voltooi net een Leesplandag, elke dag, vir sewe dae agtermekaar! (Maak seker dat jy elke dag as “voltooid” merk.)

Voltooide Leesplandag

As jy 7 dae na mekaar voltooi het, sal jy ‘n 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken vir jou Bybel Toep profiel verdien:

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken


Begin:

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin oor ‘n paar dae, dus stel ons voor dat jy nou alreeds uitkyk vir Leesplanne.

Wanneer jy ‘n Leesplan vind wat jy dink jy sal geniet, druk op “Stoor vir Later.” Of, nog beter…

Klik op Begin, kies Met Vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Voorgestelde Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Vir die pa’s wat jou inspireer…

Versbeeld vir Psalms 103:13

Dank God vir Vaders.

Dink na oor die vaderfigure wat ‘n positiewe impak in jou lewe gemaak het. Dalk het hulle hul wysheid gedeel, jou bemoedig, jou beskerm, was daar toe jy hulle nodig gehad het, of het gepaste leiding gebied.

Wys vir daardie mans dat hulle saak maak deur ‘n bemoedigende woord uit die Skrif met hulle te deel: soos bv. ‘n versbeeld uit jou Bybel Toep. Dit neem net ‘n oomblik om ‘n pa te laat weet dat jy omgee.

Deel die Versbeeld


Pa en kind

Vir Pa’s

Ons het ‘n lys van Leesplanne saamgestel wat jou sal help om die mense vir wie jy die meeste omgee, met goddelike insig te lei. Enige een van hierdie Leesplanne sal jou help om meer van God se Vaderhart te ontdek en op ‘n spesiale manier met jou gesin om te gaan.

Radikale Wysheid: 'n 7-Dag Reis vir Vaders
Man van God
'n Sorgvrye Lewe
Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet Wees

Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

2  
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

3  
want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

4  
En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

5  
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

6  
Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

8  
So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

8  
So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

9  
‘n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het

10  
en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ‘n veldblom.

11  
As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.

12  
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

James 1 in Afrikaans

James 1 in English

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom

1  
Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie

2  
want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

3  
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4  
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

5  
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

6  
Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.

7  
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.

8  
Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

9  
Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

10  
Nog ‘n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; ‘n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.

11  
Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

Psalm 37 in Afrikaans

Psalm 37 in English