Binnekort Beskikbaar op ‘n Bybel Toep Naby Jou…

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging

Hoe kom ‘n mens nader aan iemand? Jy spandeer tyd saam. Jy praat met mekaar. Jy leer ken mekaar. Dis ook hoe ons nader aan God kan kom: deur tyd in Sy Woord te spandeer, om na Hom te luister en met Hom te praat in gebed. Dalk doen jy dit alreeds, of dalk probeer jy om meer aandag te gee aan hierdie deel van jou lewe.

Het jy geweet dat mense op hierdie tydstip van die jaar begin om daagliks minder tyd saam met God te spandeer?

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen.

Beweeg nader aan God en lees gereeld jou Bybel, terwyl jy Leesplanne voltooi waarvan jy baie hou.

Vind Leesplanne


Hoe om te Begin:

Tussen 8 Julie en 24 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Kies ‘n Leesplan van enige lengte of gaan aan met een waarmee jy besig is. As jou Leesplan voor sewe dae klaar is, begin net weer ‘n ander een daarna. Voltooi net een Leesplandag, elke dag, vir sewe dae agtermekaar! (Maak seker dat jy elke dag as “voltooid” merk.)

Voltooide Leesplandag

As jy 7 dae na mekaar voltooi het, sal jy ‘n 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken vir jou Bybel Toep profiel verdien:

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken


Begin:

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin oor ‘n paar dae, dus stel ons voor dat jy nou alreeds uitkyk vir Leesplanne.

Wanneer jy ‘n Leesplan vind wat jy dink jy sal geniet, druk op “Stoor vir Later.” Of, nog beter…

Klik op Begin, kies Met Vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Voorgestelde Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans