Die 21-Dae Uitdaging Begin op 1 Februarie!

21-Dae Uitdaging

Hoe anders sal jou lewe wees as jy hierdie jaar tyd saam met God ‘n daaglikse gewoonte maak?

Stel jou voor hoe jou geloof, verhoudinge en geestesgesondheid oor die volgende jaar sal ontwikkel omdat jy doelgerig gekies het om God vandag na te streef.

Rig jou oë op Jesus met die 21-Dae Uitdaging wat op 1 Februarie begin. Voltooi een Leesplandag op enige 21 dae gedurende die maand om ‘n eksklusiewe Kenteken te verwerf.

Vind uit hoe 21 dae jou lewe kan verander, net soos miljoene ander regoor die wêreld wat die uitdaging aangepak het.

Die resensies is hier …

“Dit het my geestelike lewe na ‘n ander vlak geneem.”

Crystal, Verenigde State van Amerika

“Dit het my gehelp om my verhouding
met God te herontdek.”

Faith, Nigerië

“Dit het my gehelp om enige tyd van die dag te studeer.”

Dianah, Verenigde Koninkryk

“Dit het my laat besef dat ek
vir soveel meer gemaak is.”

Meredith, Verenigde State

Is jy gereed om die uitdaging te aanvaar?

1

Kies ‘n leesplan om mee te begin. Dit is in orde as dit korter as 21 dae is. Jy kan ‘n paar leesplanne lees wat in totaal 21 dae is, of jy kan ‘n langer leesplan kies.

2

Begin op 1 Februarie en voltooi ten minste een leesplandag vir ten minste 21 dae gedurende die maand. Leesplandae hoef nie opeenvolgend voltooi te word nie.

3

Verwerf ‘n eksklusiewe Kenteken as ‘n beloning vir jou konsekwentheid.

21-Dae Uitdaging Kenteken

Begin met een van hierdie
aanbevole leesplanne:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hoe praat ‘n mens met God?

Persoon wat bid

As iets in jou lewe belangrik genoeg is om oor bekommerd te wees, is dit belangrik genoeg om oor te bid. En wanneer ons bid, het ons bloot ‘n voortdurende gesprek met God.

Gebruik hierdie hulpmiddels om die struikelblokke te oorkom wat jou daarvan weerhou om ‘n leefstyl van gebed na te streef.

Gebedsgids

​​Wanneer jy met God wil praat, maar nie weet
wat om te sê nie, sal Begeleide Gebed jou help.

Begin ‘n gesprek met God >

Gebedsgids

Gebedslys

Kom nader aan God en jou gemeenskap deur gebede te skep en te deel.

Skep ‘n Gebed >

Gebedslys

Gebedsherinneringe

Hou die gesprek aan die gang met geskeduleerde herinneringe.

Stel Gebedsherinneringe Op >

Gebedsherinneringe

‘n Ses-stap gids tot gebed

Benewens hierdie funksie, het ons ‘n gids saamgestel wat jou kan help leer hoe om te bid deur gebruik te maak van die model wat Jesus aan sy dissipels gegee het.

Leer hoe om te bid >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir ‘n nuwe begin

Persoon wat bid

Vader,

Ek is opgewonde oor ‘n nuwe jaar, en ek wil dit met vrymoedigheid en selfvertroue binnegaan. Ek moet egter eerlik wees; ek is onseker oor wat die jaar gaan inhou — en dit verontrus my.

Deurgrond my, o God, en ken my hart.

Help my asseblief om my verwagtinge vir hierdie jaar aan U te oorhandig. Vernuwe my denkpatrone namate ek nader aan U kom.

Deurgrond my, o God en bring my hart in ooreenstemming met u hart.

Help my om te onthou wat ek alreeds met u hulp oorkom het, terwyl ek die planne wat U vir my het nastreef.

Deurgrond my, of God, en genees my hart.

Ek weet U hou my in die palm van u hand, wat hierdie jaar ook al inhou. Niks is vir U onmoontlik nie!

Rig my weer op, Vader, en vernuwe my.

In die Naam van Jesus,

amen.

Stoor Gebed

Hoe om die Bybel op ‘n gereelde basis te bestudeer: Vier YouVersion wenke

Persoon wat die Bybel bestudeer

Die begin van ‘n nuwe jaar bring baie moontlikhede, wat dit ‘n uiters geskikte tyd maak om ‘n nuwe gewoonte van Bybellees te vestig. Besige programme, gesinsverantwoordelikhede en botsende belange kan Bybelstudie egter uitdagend maak.

Gelukkig is daar stappe wat jy kan doen om die Woord van God gereeld te begin lees.

Hier is vier wenke wat jy saam met YouVersion kan doen:

1. Maak dit blywend

Die maklikste manier om ‘n nuwe gewoonte te vorm is om dit aan iets te koppel wat jy alreeds op ‘n gereelde basis doen. As jy dus soggens eerste jou foon optel, probeer om YouVersion se Vers-van-die-dag te oordink. Wanneer jy ‘n nuwe gewoonte met ‘n bestaande een kombineer, maak dit jou nuwe gewoonte meer blywend.

Wenk: Maak soggens die YouVersion toep die eerste wat jy sien en kry onmiddellike toegang tot die Vers-van-die-dag deur die widgetfunksie op jou foon te stel. Vind hier uit hoe om dit te doen.

2. Laat dit outomaties gebeur

Die beste manier om ‘n gewoonte te vorm is om net daarmee te begin. As jy aan die gang kom, moenie fokus op die hoeveelheid tyd wat jy gebruik om die Skrif te lees of daarna te luister nie, doen dit net gereeld. As jy dit twee agtereenvolgende dae gedoen het, probeer om dit drie dae lank te doen. As jy drie dae gedoen het, probeer vyf en hou aan totdat jy ‘n gewoonte gevestig het.

As jy begin om ‘n gereelde gewoonte van Bybellees te vorm, kies ‘n tyd wat jou pas en stel ‘n daaglikse herinnering op om tyd in die Woord van God deur te bring.

Wenk: Behou jou momentum deur jou Bybel-periode op YouVersion se tuisvoer dop te hou. Jy kan ook leesplan-, gebed- en Vers-van-die-dag herinneringe hier opstel.

3. Bly betrokke

Jy sal meer geneig wees om gereeld Bybelstudie te doen as jy dit saam met iemand doen wat vir jou geestelike groei omgee.

Leesplanne saam met vriende bied ‘n eenvoudige, maklike manier om seker te maak dat jy aanhou om jou gewoonte van Bybelstudie te vestig.

Daar is duisende leesplanne in YouVersion, kies dus een waarin jy belangstel en begin dit saam met vriende. Aan die einde van elke leesplandag is daar ‘n ruimte om met jou vriende te klets oor wat jy ontdek het.

Wenk: Jy kan ‘n leesplan saam met enigiemand doen! Deel ‘n leesplanskakel op sosiale media, of deel ‘n leesplan met iemand vanuit die toep. Begin deur ‘n Leesplan te kies en volg die aanwysings om jou vriende uit te nooi om dit saam met jou te lees.

4. Laat dit nuut voel

Soms is die rede hoekom ons in ‘n Bybelleesgroef verval omdat dit wat ons doen te bekend voel. Verander hoe jy in die Bybel betrokke is.

As jy altyd net die Skrif lees, probeer om na die Bybel met ‘n klankbaan te luister. As jy gewoond daaraan is om een spesifieke weergawe te lees, probeer ‘n ander weergawe vir ‘n maand lank en kyk of iets nuuts jou aandag trek. Of probeer om dit in ‘n nuwe volgorde te lees om ‘n nuwe perspektief te kry.

Wenke: Dis maklik om Bybelweergawes te vergelyk. Druk op ‘n vers en kies die “Vergelyk”-knoppie wat verskyn. Jy kan ook na gedeeltes van die Skrif luister met klankbybels.


Dit hoef nie moeilik te wees om die Bybel ‘n deel van jou alledaagse lewe te maak nie — en gelukkig hoef ons dit nie alleen te doen nie. God hou daarvan om ons aan te moedig en te bemagtig deur ons denke te vernuwe en te verander. Hy maak Homself aan enigiemand bekend wat na Hom soek.

Hoe meer jy jou gewoontes vorm, hoe makliker word dit om God se stem te herken en te verstaan wat werklik sy wil is.

Terwyl jy jou daartoe verbind om die Skrif gereeld te bestudeer, onthou dat God wat jou gemaak het, jou ook in staat kan stel om deur die weerstand te breek wat jou terughou, sodat jy sy lewendige en aktiewe Woord op ‘n gereelde basis kan lees.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos