Hoe om die Bybel op ‘n gereelde basis te bestudeer: Vier YouVersion wenke

Persoon wat die Bybel bestudeer

Die begin van ‘n nuwe jaar bring baie moontlikhede, wat dit ‘n uiters geskikte tyd maak om ‘n nuwe gewoonte van Bybellees te vestig. Besige programme, gesinsverantwoordelikhede en botsende belange kan Bybelstudie egter uitdagend maak.

Gelukkig is daar stappe wat jy kan doen om die Woord van God gereeld te begin lees.

Hier is vier wenke wat jy saam met YouVersion kan doen:

1. Maak dit blywend

Die maklikste manier om ‘n nuwe gewoonte te vorm is om dit aan iets te koppel wat jy alreeds op ‘n gereelde basis doen. As jy dus soggens eerste jou foon optel, probeer om YouVersion se Vers-van-die-dag te oordink. Wanneer jy ‘n nuwe gewoonte met ‘n bestaande een kombineer, maak dit jou nuwe gewoonte meer blywend.

Wenk: Maak soggens die YouVersion toep die eerste wat jy sien en kry onmiddellike toegang tot die Vers-van-die-dag deur die widgetfunksie op jou foon te stel. Vind hier uit hoe om dit te doen.

2. Laat dit outomaties gebeur

Die beste manier om ‘n gewoonte te vorm is om net daarmee te begin. As jy aan die gang kom, moenie fokus op die hoeveelheid tyd wat jy gebruik om die Skrif te lees of daarna te luister nie, doen dit net gereeld. As jy dit twee agtereenvolgende dae gedoen het, probeer om dit drie dae lank te doen. As jy drie dae gedoen het, probeer vyf en hou aan totdat jy ‘n gewoonte gevestig het.

As jy begin om ‘n gereelde gewoonte van Bybellees te vorm, kies ‘n tyd wat jou pas en stel ‘n daaglikse herinnering op om tyd in die Woord van God deur te bring.

Wenk: Behou jou momentum deur jou Bybel-periode op YouVersion se tuisvoer dop te hou. Jy kan ook leesplan-, gebed- en Vers-van-die-dag herinneringe hier opstel.

3. Bly betrokke

Jy sal meer geneig wees om gereeld Bybelstudie te doen as jy dit saam met iemand doen wat vir jou geestelike groei omgee.

Leesplanne saam met vriende bied ‘n eenvoudige, maklike manier om seker te maak dat jy aanhou om jou gewoonte van Bybelstudie te vestig.

Daar is duisende leesplanne in YouVersion, kies dus een waarin jy belangstel en begin dit saam met vriende. Aan die einde van elke leesplandag is daar ‘n ruimte om met jou vriende te klets oor wat jy ontdek het.

Wenk: Jy kan ‘n leesplan saam met enigiemand doen! Deel ‘n leesplanskakel op sosiale media, of deel ‘n leesplan met iemand vanuit die toep. Begin deur ‘n Leesplan te kies en volg die aanwysings om jou vriende uit te nooi om dit saam met jou te lees.

4. Laat dit nuut voel

Soms is die rede hoekom ons in ‘n Bybelleesgroef verval omdat dit wat ons doen te bekend voel. Verander hoe jy in die Bybel betrokke is.

As jy altyd net die Skrif lees, probeer om na die Bybel met ‘n klankbaan te luister. As jy gewoond daaraan is om een spesifieke weergawe te lees, probeer ‘n ander weergawe vir ‘n maand lank en kyk of iets nuuts jou aandag trek. Of probeer om dit in ‘n nuwe volgorde te lees om ‘n nuwe perspektief te kry.

Wenke: Dis maklik om Bybelweergawes te vergelyk. Druk op ‘n vers en kies die “Vergelyk”-knoppie wat verskyn. Jy kan ook na gedeeltes van die Skrif luister met klankbybels.


Dit hoef nie moeilik te wees om die Bybel ‘n deel van jou alledaagse lewe te maak nie — en gelukkig hoef ons dit nie alleen te doen nie. God hou daarvan om ons aan te moedig en te bemagtig deur ons denke te vernuwe en te verander. Hy maak Homself aan enigiemand bekend wat na Hom soek.

Hoe meer jy jou gewoontes vorm, hoe makliker word dit om God se stem te herken en te verstaan wat werklik sy wil is.

Terwyl jy jou daartoe verbind om die Skrif gereeld te bestudeer, onthou dat God wat jou gemaak het, jou ook in staat kan stel om deur die weerstand te breek wat jou terughou, sodat jy sy lewendige en aktiewe Woord op ‘n gereelde basis kan lees.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees