Wat het na Paasfees gebeur?

Leë graftombe

Tweeduisend jaar gelede het Jesus die dood vir altyd oorwin. Die klip is voor die leë graftombe weggerol en ons het ‘n nuwe lewe in Christus ontvang.

Wat het egter daarna gebeur?

Ontdek vyf dinge wat Jesus na sy opstanding gedoen het – en wat dit vandag vir ons beteken:

1. Jesus het opgedaag.

Jesus het na sy opstanding 40 dae op aarde deurgebring. Gedurende hierdie tyd het Hy sy volgelinge se twyfel laat afneem en aan hulle rigting vir die toekoms gegee.

Jesus het nie sy liefde uit die hemel uitgeroep nie. Hy het sy liefde op aarde kom bewys. Vandag doen Hy dieselfde. Hy is steeds naby, gereed om te hoor as ons roep en ons harte te genees.

Praat met God >

2. Jesus het kom wys wat gemeenskap is.

Van die breek van brood op die pad na Emmaus, tot ontbyt op die strand saam met sy dissipels, sien ons hoe Jesus vir verhoudings tyd inruim.

Jesus was nooit te besig om te stil te staan en te wys Hy gee om nie. As sy volgelinge is ons geroep om doelbewus mense in ons gesinne, werkplekke en stede te dien.

Net soos Jesus kan jy jou gemeenskap prioriseer. Fokus jou vriendskappe op die Woord van God deur Vriende in YouVersion by te voeg.

Voeg ‘n Vriend by >

3. Jesus het die gebrokenes vertroos.

Toe Jesus teruggekom het, was Hy nie gefrustreerd dat sy dissipels nie sy plan verstaan het nie. In plaas daarvan het Hy hulle in hul onsekerheid en vrees ontmoet.

Jesus het die vrou getroos wat by die leë graf gehuil het. Hy het Tomas se twyfel weggeneem. Sy woorde het lewe en vrede verteenwoordig.

Vandag het ons Verlosser nog steeds genade met ons vrae en verwarring. Hy nader nog altyd tot ons wanneer ons harte gebroke is.

Vind vertroosting in hierdie Skrifgedeelte >

4. Jesus verlos ons van oortredinge.

Voor die kruisiging het Petrus drie keer ontken dat hy Jesus geken het. Later sien ons hoe Jesus vir Petrus herstel deur Hom drie keer te vra of hy Hom liefhet, waarop Hy vir Petrus die opdrag gee om vir sy mense te sorg.

Al het Petrus in sy geloof gestruikel, het dit nie sy identiteit in Christus gekanselleer nie.

Net so kan ons vertrou dat God se krag juis tot volle werking kom wanneer ons swak is.

Dink na oor Jesus se verlossing >

5. Jesus het onderrig en bemagtig.

Net voor Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy vir sy volgelinge gesê: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels.”

Met hierdie opdragte word ons geroep om elke dag doelgerig te lewe, op soek na geleenthede om die evangelie te deel.

Dit is ons taak om vir mense te wys wat dit beteken om God te ken en om Hom bekend te maak.

Deel vandag die Woord van God met die mense in jou lewe.

Deel die Bybeltoep >

Paasfees is dalk verby, maar wat dit vir ons beteken maak die hele jaar saak.

Te danke aan Jesus se dood en opstanding, het ons toegang tot God se genade, teenwoordigheid en gerusstelling soos nog nooit tevore nie — maar vir altyd.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees