God is nader as wat jy dink.

Gebrandskilderde Duif

Die krag van die Heilige Gees

Baie mense vier vandag Pinkster – die oomblik ná Jesus se opstanding toe God sy Heilige Gees vryelik gegee het aan enigiemand wat in Hom geglo het. Die Heilige Gees wat op Pinkster teenwoordig is, is dieselfde Heilige Gees wat tans vir jou beskikbaar is.

Ongeag jou situasie of agtergrond, wanneer jy aan Christus behoort, is sy Heilige Gees ook te alle tye by jou.

Die Gees van God bemagtig en versterk jou en bid namens jou. Die Heilige Gees verstaan jou behoeftes omdat Hy jou verstaan.

Kom meer te wete hoe die Heilige Gees ons bemagtig deur met een van hierdie leesplanne te begin.

Nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die Woord van God verander lewens

Deel 'n Bybel

Toe Craig Groeschel op universiteit was, was hy seer en verlore.

“Ek het nie gehou van wie ek besig was om te word nie.”

Alles het egter verander toe hy ‘n gratis Bybel ontvang het, en die Woord van God het sy lewe vir altyd verander …

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies jou taal.)

Dink aan die invloed wat die Woord van God op die mense om jou kan hê — jou vriende, gesin of medewerkers.

Laat God sommer nou toe om deur jou te werk deur drie mense in jou lewe te nooi om die Bybel op YouVersion te ontdek.

Deel YouVersion

Dit kan hul lewens vir altyd verander — net soos dit Craig se lewe jare gelede verander het.

Oor die afgelope vyf jaar …

Die Bybel vir Almal

BYBEL
VIR
ALMAL

Ons kom al nader aan almal.

Sedert 2017, het ons YouVersion-gemeenskap mildelik aan die Bybel vir Almal gegee — ‘n veldtog wat daarop fokus om vir almal op die planeet teen 2033 toegang tot minstens ‘n gedeelte van die Skrif in hul eie taal te verskaf.

Oor die afgelope vyf jaar, het ons gemeenskap bygedra tot projekte vir Bybelvertaling in 94 tale en in 35 lande, insluitend projekte vir:

  • Gebaretale
  • Gesproke tale sonder geskrewe vorm

Ons hou egter nie op nie. Die Bybel moet nog in meer as 3 000 tale vertaal word. Saam kan ons die Bybel by almal kry.

Word deel van wat God in die lewens van mense regoor die wêreld doen deur vandag ‘n donasie te maak. Of dit R100 of R500 is, jou donasie sal ‘n verskil maak!

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Vir die ma’s wat jou inspireer …

Ma wat baba vashou

Dink aan ‘n ma wat jou inspireer. Miskien is sy jou eie ma, ‘n familielid, ‘n buurvrou of ‘n vriendin.

Ma’s bemoedig, troos, lei en daag ons uit. Hulle luister met deernis, praat met wysheid en lei in liefde.

Vandag is die ideale dag om vir ‘n ma te vertel hoeveel sy vir jou beteken.

Dank God vir hierdie vroue in jou lewe. Bemoedig hulle deur hierdie spesiale versbeeld met hulle te deel.

"Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!" — Spreuke 31:29 — versbeeld

Deel hierdie versbeeld

Hy het opgestaan!

Graftrappe

God se liefde oorwin alles — selfs die dood.

Kom ons verheug ons saam in Jesus se triomf oor die dood en die ewige lewe wat ons deur Hom het.

Vier Opstandingsondag deur hierdie spesiale Paasfees versbeeld te stoor en met ander te deel.

Hy het opgestaan — Matteus 28:6 — Versbeeld

Deel Beeld