Verlossing in die onverwagte

Gebrandskilderde glasprent

Met Paasfees onthou ons dat Jesus se gebroke liggaam ‘n einde aan ons gebrokenheid gemaak het.

Voordat ons egter die opstanding vereer, is dit belangrik om terug te kyk na die gebeure wat gelei het tot Jesus se uiteindelike offer.

Een van die belangrikste gebeurtenisse in die ure voor Jesus se dood was die paasmaaltyd.

Die tydsberekening van die paasmaaltyd was spesiaal omdat dit tydens die pasga plaasgevind het.

Dit mag dalk na ‘n klein besonderheid lyk, maar Jesus het dit gebruik om sy dood – en opstanding – te verbind aan die Israeliete se uittog uit Egipte.

Waarom die pasga saak maak

Die pasga was ‘n uiters belangrike gebeurtenis wat die Joodse volk vir honderde jare voor die paasmaaltyd onderhou het.

Na dekades van onderdrukking in Egipte, gaan God sy volk uit slawerny verlos en hulle in die land bring wat Hy aan hulle beloof het.

Eers moes Hy egter ‘n leier, Moses, aanwys om die Israeliete te help mobiliseer.

Aangespoor deur God, het Moses die farao om hulle vryheid gevra, maar elke keer was die antwoord nee.

In reaksie hierop het God ‘n reeks plae gestuur om die Egiptenare te teister.

Maar, die farao se hart het verhard gebly.

Uiteindelik, ‘n uitkoms.

As ‘n laaste uitweg het God ‘n finale plaag gestuur: ‘n doodsengel om die eersgebore seun van elke gesin in Egipte dood te maak.

As gevolg van die farao se wrede, onderdrukkende boosheid — en onwilligheid om hom van sy sondes te bekeer — het God geregtigheid voorsien.

God het iets voorsien wat die farao nooit gedoen het nie: ‘n uitkoms.

Voor die laaste plaag is ‘n opdrag aan die Israeliete gegee om die deurkosyne van hul huise met die bloed van ‘n offerlam te verf. Wanneer die doodsengel dus kom, sou hy hulle huise oorslaan, en hulle eersgebore seuns gered word.

Dit mag dalk na ‘n vreemde teken lyk, maar deur die dood van die lam bring God die kwaad tot geregtigheid.

Na die laaste plaag – en die dood van sy eersgebore seun – het die farao uiteindelik aan die Israeliete hul vryheid gegee.

Toe hulle in die beloofde land gevestig is, het hulle die pasga elke jaar met ’n fees herdenk — wat uit brood, wyn en ’n offerlam bestaan het.

Die lam sonder liggaamsgebrek

Duisend jaar later het Jesus en sy dissipels om ’n etenstafel bymekaargekom om op dieselfde manier fees te vier.

En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.”

Toe neem Hy ‘n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.”

MATTEUS 26:26-28

Met hierdie woorde het Jesus die pasga gekoppel aan God se plan om die wêreld te verlos.

Die laaste element van die pasga is ‘n lam. Sover ons egter kan vasstel, was daar nie ‘n lam op die tafel by die paasmaaltyd nie.

Dit was nie per ongeluk nie. Dit was ‘n simboliese stelling.

Deur die lam het God die Israeliete uit die farao se slawerny gered.

Deur Jesus red God die wêreld uit slawerny aan sonde en dood.

‘n Oproep tot aksie

Minder as 24 uur na die paasmaaltyd het Jesus sy laaste asem aan die kruis uitgeblaas.

Die doel van sy offerdood was om die hele mensdom se sondes op Hom te neem. Hy het toegelaat om deur sy Vader verlaat te word sodat ons nooit van God geskei hoef te word nie.

Jesus wil nie net hê ons moet verstaan wat Hy vir ons gedoen het nie, Hy wil hê ons moet daaraan deelneem deur in verhouding met Hom te hê.

Sodoende word ons deel van die grootste verhaal wat nog ooit vertel is.

Terwyl ons Goeie Vrydag nader, kom ons onthou dat ons deel kan wees van God se plan – reeds duisende jare in wording – om ons almal te verlos.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Elke drie sekondes gebeur dit in YouVersion …

Iemand gebruik 'n foon

Moenie hierdie oomblik misloop nie.

Ons hoop wanneer jy YouVersion oopmaak, voel dit asof dit net vir jou pasgemaak is.

Dit is ook.

Wat jy dalk nie weet nie, is dat miljoene mense regoor die wêreld net so voel.

Weens die vrygewigheid van ons Bybeluitgewer-vennote, bied YouVersion Bybels in meer as 1 800 tale aan sodat mense toegang tot die Skrif kan kry in ‘n taal waarmee hulle die meeste vertroud is.

Tot dusver vanjaar lees ons

wêreldgemeenskap byna
gelykstaande aan die hele Bybel:

elke drie sekondes.

Afteltydhouer

Tog is daar nog miljoene mense wat nie weet dat die Woord van God slegs ‘n druk van ‘n knoppie van hulle af is nie …

Regoor die wêreld soek mense na hoop, vertroosting en vrede. Wanneer jy ‘n donasie vir YouVersion gee, help jy ons om hierdie mense aan die Woord van God bekend te stel.

Gee nou ‘n donasie

Die maklikste manier om tot ons-bediening by te dra,
is deur ‘n herhalende donasie op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Dit is tyd vir die Paasfees Uitdaging!

Paasfees Uitdaging

Die Paasfees Uitdaging begin vandag!

Paasfees is ‘n vreeslose viering van Jesus se oorwinning oor die dood en die herstelde verhouding wat ons met God kan hê.

Berei jou hart vir Opstandingsondag voor deur aan die Paasfees Uitdaging deel te neem.

Doen dit so …

Voltooi ‘n Paasfeesleesplan tussen nou en Paassondag om die Paasfees Uitdaging Kenteken te verdien.

Nooi jou vriende om ook aan te sluit! Saam kan ons ons harte en gedagtes op die opgestane Christus fokus.

“Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.”

ROMEINE 6:8-9

Nog Leesplanne oor Paasfees

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Bekendstelling van Vers-van-die-dag stories

Vers-van-die-dag stories ikoon voor 'n sonsondergang oor 'n berg

Jy het waarskynlik Vers-van-die-dag op YouVersion se tuisblad gesien. Miskien het jy dit gelees en gewens jy kon dit verder bestudeer.

Nou kan jy dit doen met Vers-van-die-dag stories.

Wees stil, bid en leer meer oor die daaglikse Vers-van-die-dag deur ‘n maklike, begeleide ervaring — nou op jou Tuisblad.

Dink na oor vrae wat ontwerp is om jou te help om prakties oor die Skrif te dink. Voer ‘n eerlike gesprek met God deur ‘n daaglikse gebed, met die opsie om dit in jou gebedslys te stoor. Eindig deur die Vers-van-die-dag beeld te stoor en te deel, en inspireer diegene wat die naaste aan jou is.

Probeer dit nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir die Oekraïne

Persoon wat bid

Terwyl die wêreld gebeure dophou wat in die Oekraïne afspeel, wil ons ons wêreldwye gemeenskap herinner aan die krag wat hulle het — die krag van gebed.

Gebed bring hoop.

Gebed verenig.

Gebed versterk.

Kom ons vra vir God om die mense van die Oekraïne te vertroos, beskerm en vir hulle te voorsien.


Vader,

ons het U nodig — soos nog altyd.

U is ons bron van krag en U sê vir ons om al ons bekommernisse aan U te gee.

Bring beskerming en genesing aan die mense in die Oekraïne. Wys hulle dat U by hulle is en dat U hul gebede verhoor.

Versterk asseblief enigiemand wat seergemaak, alleen of gebroke voel. Vervang enige gevoelens van angs, vrees en onsekerheid met U vrede en hoop.

Nader tot God, en Hy sal tot jou nader.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Stoor dit in jou gebedslys sodat jy kan voortgaan om te bid.

Stoor Gebed

Ons besef hierdie tyd het gevoelens van chaos en onsekerheid regoor die wêreld geskep.

Waar jy ook al is, onthou dat God belowe om nooit diegene wat tot Hom nader te verlaat of in die steek te laat nie. Sy kinders is nooit alleen nie. Jy is nie alleen nie. Hy hou jou toekoms veilig in sy hande.