Gee aan iets wat hoop gee

Wêreldkaart

As jy kon help om die wêreld te verander … sou jy?

Om hoop te verskaf wat in God se Woord gevind word, is een van die beste gawes wat ons aan ‘n wêreld kan gee wat wanhoop in die gesig staar.

Dit is ‘n geskenk wat alles verander.

- Luis R.

“Ek was bewus van die Bybel, maar ek het nooit die kans gekry om dit te lees nie. Ek het nie geweet waar om te begin nie. Vandat ek egter die YouVersion-toepassing begin gebruik het, was dit makliker. Deur leesplanne te lees, het ek ‘n gewoonte ontwikkel wat my elke dag die Bybel laat lees het — en dit is toe wat ek ‘n verandering in my lewe opgemerk het. Ek het uiteindelik verstaan wat Jesus aan die kruis gedoen het, en ek het Hom in my lewe ingenooi. My hele doel in die lewe het nou verander. Ek wil dankie sê aan YouVersion wat die Woord van God neem en dit met miljoene mense regoor die wêreld deel.”

– Luis R.

Daar is honderde miljoene mense soos Luis in die YouVersion-gemeenskap, en God vorm elkeen deur sy Woord.

Die Woord van God is lewendig en aktief … en dit herskep mense net soos jy.

Maar vir elke persoon in ons Gemeenskap wat nader aan God kom, is daar iemand buite ons Gemeenskap wat nog nie die lewensveranderende krag van God en sy Woord ervaar het nie. Jy kan help om dit te verander …

Maak op hierdie Donasie Dinsdag ‘n onmiddellike impak met ‘n ewige verskil.

Dink aan die hoop, vreugde en vrede wat jy gevind het om deur YouVersion nader aan God te kom. Daar is miljoene mense wat steeds nie weet dat hierdie hulpbron net ‘n klik weg is nie. Maar stel jou net voor hoe hulle lewens sal verander wanneer hulle uitvind.

Help om ‘n wêreldwye beweging te bevorder deur
te ondersteun wat God deur YouVersion doen.

Skenk Nou

Nadat jy ‘n donasie gegee het, gaan deel op sosiale media hoe God YouVersion in jou lewe gebruik het, deur die hutsmerk #DonasieDinsdag te gebruik en merk ons @YouVersion.

Share this post:

Goeie nuus van groot vreugde is op pad

Advent

Jy wil dit nie misloop nie …

Fokus hierdie Kersfees op wat die belangrikste is.

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

1 JOHANNES 4:9

Voel jy ooit dat die vakansiedae kom en gaan voordat jy eens ‘n kans gehad het om op die ware rede vir die Kerstyd te fokus?

Moenie hierdie jaar die oomblikke misloop wat Kersfees vooruitgaan nie.

Advent begin vandag, en dit is ‘n goeie manier om ons harte voor te berei om ons Verlosser se geboorte te vier, deur na te dink oor die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Jesus aan die wêreld gebring het. Begin deur ‘n Adventleesplan te voltooi:

Nog Adventleesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

YouVersion vier 500 miljoen installasies!

Dit het as ‘n vraag begin.

“Wat as mense toegang tot die Bybel kon kry waar hulle ook al gaan?”

In 2008 het die naam na YouVersion verander — een van die eerste 200 gratis toeps in die Toepwinkel.

Wat as ‘n begeerte begin het om die Skrif vir almal toeganklik te maak, het nou ‘n wêreldwye beweging geword van mense wat daartoe verbind is om God elke dag deur sy Woord op te soek.

Dit is ‘n beweging waarvan jy deel is …

… ‘n Beweging wat nou op ‘n halfmiljard toestelle geïnstalleer is.

‘n Beweging wat moontlik gemaak is, omdat …
Die Bybel LEWENDIG is.


Iets GROOTS is aan die gebeur.

God werk aktief deur YouVersion — en honderde miljoene mense is deel daarvan.

Elke keer as iemand YouVersion installeer, kry hulle onmiddellike toegang tot ‘n gemeenskap wat om die Bybel gesentreer is. ‘n Gemeenskap wat God uitnooi om hul lewens te vorm deur middel van die Skrif, Bybelleesplanne en Gebed.

T. Rushing

“Nadat ek [YouVersion] gekry het, dit bestudeer het, leesplanne begin lees en met ander ‘n verbintenis gemaak het, was ek passievol oor die krag van God wat deur die YouVersion-gemeenskap vloei.”

T. Rushing


God is nog nie klaar nie.

Ons vier vandag 500 miljoen installasies … maar ons dink nie net na oor wat God gedoen het nie, ons sien ook uit na wat Hy volgende gaan doen.

Stel jou ‘n dag in die nabye toekoms voor wanneer 1 miljard mense YouVersion geïnstalleer het.

Jy kan help om dit te laat gebeur.

Die beste manier hoe jy ons kan help om hierdie geskiedkundige oomblik te vier, is deur YouVersion met iemand in jou lewe te deel wat nog nie deur die Woord van God herskep is nie.

Daar is miljoene mense wat nog wag om deur die Bybel herskep te word, en jy is perfek geplaas om sommige te bereik. Laat God toe om aktief deur jou te werk deur ander uit te nooi om te ontdek dat Die Bybel Lewendig is.

Deel YouVersion

Wanneer jy YouVersion vanuit die toep deel, sal jy die Deel YouVersion Kenteken verwerf.

Share this post:

Dank God vir sy Woord

Die Bybel is LEWENDIG

Kom Ons Bid Saam

Elke keer wanneer jy YouVersion oopmaak, kom jy in kontak met God deur sy Woord. En wanneer jy die toep oopmaak, het jy toegang tot die Skrif in ‘n taal wat jy verstaan.

Dink net wat ‘n geskenk dit is.

Die Skrif is egter nie net in jou eie taal beskikbaar nie — te danke aan ons vrygewige vennote, bied YouVersion die Bybel in meer as 1 700 tale aan.

Deur sy Woord, boei God die harte van mense wat na Hom soek en skep so ‘n wêreldwye gemeenskap wat om die Skrif gesentreer is.

En Hy het maar pas begin.

Namate YouVersion 500 miljoen installasies nader, laat ons God dank, wat dit vir ons moontlik maak om deur sy Woord tot Hom te nader. Kom ons vra God om voort te gaan om harte regoor die wêreld deur die Skrif te herskep, en kom ons bid vir die mense in ons lewens wat nog nie vir God persoonlik ken nie.


‘n Gebed om Fees te Vier

Vader,

Dankie dat U ‘n gemeenskap van gelowiges deur u Woord bymekaar gebring het. Die Skrif het ons lewens verander, ons harte en denke herskep en ons diepe behoefte aan U geopenbaar. U Woord is die rede waarom die YouVersion gemeenskap bestaan.

Vader, ons wil hê u Woord moet voortgaan om oor die wêreld te versprei omdat dit volmaak en waar is. U Woord keer nooit leeg terug nie. U het deur die Skrif geopenbaar wat goed en wys is. U Woord is vol beloftes wat ons lewens rig en ons pad verlig. Dit leer ons, lei ons, stel ons reg en troos ons. Ons wil sien dat U woorde aanhou om die wêreld te herskep.

Gee vir ons meer geleenthede om die Skrif met ander te deel. Namate U ons hierdie geleenthede gee, maak dan asseblief meer harte en denke gereed om U intiem te leer ken.

Laat ons die mense word wat U geskep het om te wees sodat ons U te alle tye kan eer. Ons is u volk en ons gee onsself volkome aan U.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

Share this post:

Voltooi ‘n spesiale leesplan en verwerf ‘n Kenteken!

Die Bybel is Lewendig Leesplan Kenteken

Ontdek hoe die Bybel lewendig is.

Die God wat die heelal geskep het, blaas nuwe lewe in die wêreld deur die krag van sy Woord. En God se Woord is lewendig en aktief omdat ons God lewendig en aktief is.

Die Bybel vorm die YouVersion-gemeenskap, en hierdie maand nader ons ‘n groot mylpaal. Aangesien YouVersion naby 500 miljoen installasies is, besin ons wêreldgemeenskap oor wat God tot dusver gedoen het.

Sluit aan by die wêreldwye viering deur YouVersion se nuwe 7-dag Die Bybel is Lewendig leesplan te voltooi, en ontdek hoe God die Skrif gebruik om lewens regoor die wêreld te verander. Kom ons vier hoe die Bybel die geskiedenis herskep het.

Voltooi hierdie leesplan gedurende November, en verdien ook Die Bybel is Lewendig se eenmalige Kenteken.

Die Bybel is Lewendig Leesplan Kenteken

Begin Leesplan

Share this post: