Begin met die Halfjaarlikse Uitdaging!

Halfjaarlikse Uitdaging

Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

JESAJA 40:31

Neem ‘n oomblik om oor die afgelope paar maande na te dink. Wat het jy geleer? Wat het jy oorkom? Hoe het jy nader aan Christus gekom?

Dit maak nie saak hoe die afgelope paar maande daar uitgesien het nie, ons het die geleentheid om God toe te laat om ons denke en siel te vernuwe.

Een van die beste maniere om by God aan te sluit namate Hy in ons lewens beweeg, is om op nuwe uitdagings te reageer. Kom ons volg Christus hierdie maand doelbewus deur aan die Halfjaarlikse Uitdaging deel te neem.

Hoe om met die Halfjaarlikse Uitdaging te begin:

Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae, in Juliemaand, en verwerf so 2021 se Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken.

Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken

Nooi ‘n paar goeie vriende uit om dit saam met jou aan te pak en maak die beste van die uitdaging. Om seker te maak dat jy nie een dag oorslaan nie, stel daaglikse herinneringe op om jou te help onthou. Doen dit by Leesplan Instellings.

Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Waarheen neem jou gedagtes jou?

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

ROMEINE 12:2

‘n Gebed om jou denke te vernuwe

“Vader, soms as ek na die wêreld om my kyk, voel ek oorweldig deur angs en begin my gedagtes maal. Help my asseblief. Ek het u hulp nodig om die manier waarop ek dink, te verander.

U gedagtes is verhewe bo myne en u weë is beter as myne. U gee hoop aan dié sonder hoop en krag aan die wat swak is. U alleen kan my denke vernuwe en my aan my doel herinner.

Help my dus vandag om elke gedagte gevange te neem, terwyl ek al my bekommernisse vir U gee. Herinner my dat U met my is en dat U sal aanhou om my te onderrig en te lei.

Gee my raad terwyl ek u Woord oordink en help my om u waarhede in my lewe toe te pas. Gee my die krag wat ek nodig het om te doen wat reg is en help my om U altyd, bo alles te volg.”

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Dank die Vader vir godvrugtige manne

Pa en dogter

Aan die pa’s wat tydens moeilike tye omgegee het, en ons in die goeie tye geprys het …

Aan die manne wat ons gewys het wat dit beteken om hard te werk en altyd daar te wees …

Aan die vaderfigure wat ons tydige advies en praktiese ondersteuning gebied het …

Aan die manne wat ons bly ondersteun, bemoedig en inspireer …

Baie dankie dat jy ons wys hoe ‘n godvrugtige pa lyk. Ons sien jou raak. Jy is geroepe. Jy is gewaardeerd. Jy is geliefd.

Ons hoop dat hierdie spesiale versbeeld jou bemoedig:

Versbeeld vir Spreuke 20:7

Of jy nou pa of ma, mentor of student is, dink aan die vaderfigure wat jou lewe positief beïnvloed het. Wys hulle dat jy hulle waardeer deur hierdie versbeeld te deel. Dit neem net ‘n oomblik om iemand te eer en dank te betoon.

Deel hierdie Versbeeld

Wil jy lewens verander? Leef vrygewig.

Paartjie wat na selfoon kyk

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

MATTEUS 6:21

As jy sou kyk na waar jy jou tyd en geld spandeer, wat sal dit omtrent jou waardes verklap?

By YouVersion is dit ons missie om ons gemeenskap te help om elke dag intimiteit met God te ervaar. Ons wil graag sien dat mense van alle nasies en tale, elke dag nader aan God kom. Dis een van die redes hoekom ons gebede, video-leringe en versbeelde deel: sodat mense regoor die wêreld God se liefde en waarheid op ‘n nuwe en persoonlike manier kan ervaar.

Ons wil nie hê mense soos jy moet verhoed word om God persoonlik te ken nie, daarom sal YouVersion altyd gratis beskikbaar wees.

Ons begeerte is dat die ervaring van God se liefde jou sal inspireer om vrygewig te leef en jou waardes sal verander.

Wanneer jy God se geskenk aan jou met iemand deel, stel jy God se liefde vir ‘n gebroke wêreld bekend. Dit verdiep jou verhouding met God en skep ook geleenthede vir ander mense om nader aan Hom te kom.

Dink net – jou vrygewigheid kan ‘n verskil maak aan waar iemand die ewigheid deurbring.

Een manier hoe jy ‘n lewe van vrygewigheid kan kweek, is om die bediening van YouVersion finansieel te ondersteun. Wanneer jy dit doen, het jy deel aan iets wat ewigheidswaarde het: om mense regoor die wêreld te help om God se vrygewige liefde te ervaar.

Oorweeg om God vandag te vra hoe Hy wil hê jy alles wat jy van hom ontvang het moet aanwend en kyk dan hoe getrou Hy is om jou gawe te vermenigvuldig en aan ander te seën.

Gee Nou ‘n Donasie

Het jy al ‘n donasie aan YouVersion gegee?
Oorweeg om ‘n herhalende donasie te op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Ek is die lig vir die wêreld

Ek is die lig vir die wêreld

Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”


JOHANNES 8:12

Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn.


JESAJA 9:1

Die Here is my lig en my redder,
vir wie sou ek bang wees?
Die Here is my toevlug,
vir wie sou ek vrees?


PSALMS 27:1

God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.


2 KORINTIËRS 4:6

Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde. Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.


ROMEINE 8:10-11

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.


EFESIËRS 5:8

Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.


1 JOHANNES 1:7-9

“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”


MATTEUS 5:14-16

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.


JOHANNES 1:5