Nege Maniere om op God se liefde te reageer

Prent van 'n hart

Dit is maklik om oorweldig te voel deur so baie inligting oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, met raad oor alles, van selfversorging tot hoe om ons huwelike te red.

Hierdie boodskappe is geneig om op selfdienende, voorwaardelike liefde te fokus — liefde wat tot teleurstelling of verwarring kan lei.

Ons moet onsself daaraan herinner dat die voorbeeld van ware liefde nie in kulturele definisies gevind word nie, dit is aan ons gegee deur ‘n God wat die begrip self verteenwoordig.

Daar is meer.

God se liefde is anders as enige ander soort liefde. Trouens, die Bybel sê: “God is liefde” .

God het sy enigste Seun gestuur om vir die sondes van elke mens te sterf. Daar was net een rede vir God om daardie soort hartseer te ervaar: Sy liefde vir ons.

God het ons nie nodig gehad nie, maar Hy wou ons hê. Hy het geveg om die verste hart ‘n geskenk te gee waarvoor ons nooit kon werk of verdien nie: ewige lewe. God se liefde is onvoorwaardelik, buitensporig en ewigdurend. En dit is vir almal.

Wees lief vir God.

Dit kan uitdagend wees om ander (en onsself) lief te hê as ons God nie eerste liefhet nie.

Om God gereeld op te soek is een van die beste maniere om van sy volmaakte liefde te leer, en om Hom op ons beurt toewyding en eer te betoon.

Om God lief te hê kan die volgende insluit:

  1. Leer Hom ken deur die Bybel te lees
  2. Eer God in aanbidding
  3. Praat met God deur gebed

Wees lief vir jouself.

Alhoewel daar altyd areas van die lewe sal wees waar jy sal moet groei, is dit noodsaaklik om God se liefde toe te laat om die manier waarop jy jouself sien te herskep.

God het ons gekoop en die prys is betaal en Hy noem ons kinders van God. Hy gee ons ‘n toekoms en ‘n verwagting, om ons lewe daaraan te wy om die goeie dade te doen waarvoor Hy ons bestem het.

Wanneer ons kies om onsself te respekteer en te waardeer, kies ons om God te eer.

Drie maniere om selfliefde te beoefen:

  1. Skep gewoontes wat jou denke, liggaam en gees voed.
  2. Vra God om jou te wys hoe Hy jou sien.
  3. Sit tyd opsy om in God se teenwoordigheid te rus.

Wees lief vir jou naaste.

Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy ander liefhê soos God jou liefhet.

God het bedoel dat gesonde verhoudings deernisvol, opofferend en vergewensgesind moet wees. God wil hê ons moet mekaar liefhê soos Hy ons liefhet.

Drie maniere om ander lief te hê:

  1. Bid vir die mense in jou lewe.
  2. Dien iemand met jou tyd, talent of finansies.
  3. Wees gou om te luister en om te vergewe.

Ontdek

Soek ikoon Liefde

Wil jy nog meer maniere hê om van God se liefde te leer, en hoe dit verwys na hoe om jou naaste lief te hê soos jouself?

Ontdek gee jou ‘n volledige oorsig van die inhoud wat YouVersion bied. Soek net “liefde”, en ons sal jou help om Bybelverse, leesplanne en nog meer te verken.

Vind liefde

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees